Monday, 17 November 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Berusting

Here, ek bid vandag dat U elkeen berusting sal gee wat deur ‘n moeilike tyd gaan ‬‬en dalk 'n klomp onbeantwoorde vrae in hulle gemoed het - vrae oor hulle omstandighede of dalk die afsterwe van iemand na aan hulle. Here, ons ken net ten dele, maar ons vertroue is in U en ons weet dat ons eendag alles sal verstaan. Dankie dat U altyd daar is in maklike, maar veral in moeilike dae. In Jesus naam. Amen.

No comments:

Post a Comment