Wednesday 31 October 2018

Raak betrokke by Vriende van Ons Huis!!

Gaan loer gerus by Vriende van Ons Huis se FB vir verdere inligting en om die vordering dop te hou. 

ACVV Ons Huis, 'n tehuis vir ouer persone, versorg tans 52 mense. Alhoewel die tariewe die laagste in Kimberley is, moet 70% van hierdie inwoners staatmaak op bydraes van kinders en borge om die huur te betaal. As gevolg van stygende lewenskostes, moet tariewe aangepas word wat tans nie moontlik is nie. Die tekorte moet aangevul word van buite die tehuis. Vandaar dan die inisiatief van 1000-vir-R1000-projek. Ons daag 1000 mense (of groepe) van Kimberley uit om R1000 te skenk. Ondersteun asseblief die projek om die voortbestaan van hierdie instansie wat al reeds 'n pad in die geskiedenis van Kimberley gestap het, te verseker.


Ons Huis
Capitec
Tak Kode - 470010
Flexible Savings Account Rek - 1577609156

Baie dankie vir jou ondersteuning!

Tuesday 30 October 2018

Sunday 28 October 2018

Klerksdorp se omgee-mense op twee wiele ...

Bikers van Klerksdorp het  Sondag, 21 Oktober 2018, 'n welkome besoek aan Ons Huis gebring. Hulle het 'n geestelike boodskap gebring en hope liefde aan elke inwoner uitgedeel, sommer so saam met 'n geskenkpakkie.

Nog foto's hier!




Dade spreek harder as woorde ...

In Derde Laan staan ‘n klein huisie met 'n pragtige roostuin en 'n groot populierboom. Dit is hier waar Theo en sy pa gebly het. Hulle het alleen daar gebly, want sy ma is jare gelede al oorlede.

Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder. Theo se pa het nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie. Of dit nou mooiweer of stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se pa was daar. Hy was sy seun se grootste aanhanger.

Ironies, Theo het nooit in ‘n wedstryd gespeel nie; hy was altyd die reserwe. Ná elke wedstryd was sy pa se woorde: “Miskien speel jy volgende keer.” Dan het sy pa altyd met sy arm om Theo se skouer daar weggestap.Sonder enige druk van sy pa se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening gegee. Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die skool klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad.

Maar sy pa het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat ‘n tragedie Theo tref. Sy pa is skielik dood. Dit was vir hom ‘n baie groot skok. Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon te word. Die afrigter het vir hom gesê: “Theo, neem soveel tyd as wat jy wil, want dis ‘n groot verlies wat jou getref het.”

Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd op. Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra: “Meneer, kan ek asseblief vandag speel?” Die afrigter het gevoel dat hy met so ‘n belangrike wedstryd nie kon bekostig om ‘n swak speler in te span nie, maar besluit toe tog om hom te laat speel. Hy het geredeneer: Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy pa dood. Ek sal hom ‘n kans gee.

Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie. Na die tyd stap die afrigter na Theo: “Waar het jy al die tyd hierdie talent gebêre? Jy was briljant.” Theo het met trane in sy oë gesê: “Meneer, my pa is in die hemel. Meneer weet hy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was hy blind. Wel, vandag was die eerste keer dat hy my kon sien speel. Ek wou vir hom wys … ek kán speel!”

As daar laventel in die hemel groei...


Friday 26 October 2018

Wednesday 24 October 2018

Ons Huis se klein tuinengele met groot harte ...

'n Maand terug het Laerskool Staats se Landsdiensgroep (die tuinengele met die groen vingers) Ons Huis se tuin kom verfraai en sowaar 16 Oktober 2018 doen hulle dit weer. Ons is só bly dat julle weer 'n draai hier gemaak het en dat julle nie tyd of stof ontsien het om akkers te maak nie. Dankie vir julle tuinspore wat julle hier los ... Onthou, julle is altyd welkom hier by Ons Huis!






A second chance ...


Monday 22 October 2018

Saturday 20 October 2018

Dankie, Diamantveld-gemeente!

'n Groot Ons Huis-dankie aan die omgee-gemeentelede wat 'n gewone Woensdag ingekleur het dat dit een van die uitstaandae op 2018 se kalender geword het. Ons waardeer dit!

Braaidag - 10 Oktober 2018

'n Aangename verrassing het die inwoners van Ons Huis te beurt geval toe die NG Kerk Diamantveld besluit het om op 10 Oktober 2018 'n Ons Huis-braaidag te hou.

So 'n uitstappie is in meer as een opsig heerlik. Dit gee 'n mens sommer die geleentheid om jou sintuie in die natuur 'n bietjie op te skerp. Dit was 'n heerlike sonskyndag en die gedekte tafels onder die groot ou koeltebome het sommer weer energie in die ou bene kom sit!


It's so important ...


Friday 19 October 2018

Wednesday 17 October 2018

Monday 15 October 2018

Sunday 14 October 2018

Saturday 13 October 2018

Friday 12 October 2018

Wednesday 10 October 2018

Saturday 6 October 2018

Friday 5 October 2018

Erfenisdag by Ons Huis

Ons vier so stil-stil ook erfenisdag - hier is die foto's as bewys. Gaan kyk vir nog foto's by ACVV FB



Internasionale onderwysersdag ...

Dié is 'n dankie-sê vir al die oudonderwysers in Ons Huis wat so 'n groot rol in kinders se lewens gespeel het. Dankie dat julle geslag nog waardes en norme vir kinders onderrig het.