Tuesday 31 January 2023

Bankbesonderhede



Dinsdag-denke: Maklik Versus Moeilik

Maklik is dit om ’n plekkie in iemand se adresboekie te kry.
Moeilik is om ’n plekkie in iemand se hart te kry.

Maklik is om die foute van ander te oordeel.
Moeilik is om jou eie foute te erken.

Maklik is om te praat sonder om te dink.
Moeilik is om die tong in toom te hou.

Maklik is om iemand seer te maak vir wie jy lief is.
Moeilik is om die wonde te heel.

Maklik is om ander te vergewe.
Moeilik is om vergifnis te vra.

Maklik is om reëls neer te lê.
Moeilik is om hulle te volg.

Maklik is om oorwinning te vier.
Moeilik is om nederlaag te aanvaar met waardigheid.

Maklik is om met ’n vrag te struikel.
Moeilik is om op te staan ...

Maklik is om die lewe elke dag te geniet.
Moeilik is om aan dit egte waarde te gee.

Maklik is om elke aand te bid.
Moeilik is om die hand van God te sien in die swaarkry.

Maklik is om iets aan iemand te beloof.
Moeilik is om die belofte na te kom.

Maklik is om te sê, ek het lief.
Moeilik is om dit elke dag te wys.

Maklik is om ander te kritiseer.
Moeilik is om jouself te verbeter bo kritiek.

Maklik is om foute te maak.
Moeilik is om van hulle te leer.

Maklik is om te ween oor ’n verlore liefde.
Moeilik is om daarvoor so te sorg dat dit in die eerste plek nie verlore raak nie.

Maklik is om te dink om jouself te verbeter.
Moeilik is om op te hou dink en tot aksie oor te gaan.

Maklik is om die ergste van almal te dink.
Moeilik is om aan ander die voordeel van die twyfel te gee.

Maklik is om te ontvang.
Moeilik is om te gee.

Maklik is om vriende te hou met mooi woorde.
Moeilik is om hul te hou deur dade.

Maklik om dié te lees.
Moeilik om te volg.

[Internet]

Monday 30 January 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Koos du Plessis

Laat my nooit U grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net ‘n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.

(Gebed - deur Koos du Plessis)

Saturday 28 January 2023

Saterdaglagmedisyne



Fondsinsameling: 25 Februarie 2023



Steek jou hand in jou sak vir 'n goeie doel. Kaartjies is reeds aanlyn beskikbaar en fisiese kaartjies sal van Maandag, 16 Januarie, beskikbaar wees by Barristers en MALU Pork.

Kimberley, kom ondersteun hierdie verdienstelike saak. Die fondsinsameling is vir Ons Huis Versorgingsoord

Kom ontspan en geniet 75 minute van heerlike komedie.

Enige navrae: Kontak 083 276 4878
Sien julle daar!!  

Wednesday 25 January 2023

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Lewensbrood

Vir solank as wat brood gebak word, vertel die geur van vars warm brood iets van 'n oorvloedigheid. ‘n Aroma tot oorlopens toe vol met voorspoed, versadiging, vreugde en vrede. Mens kan sekerlik amper aanvaar dat “heilig” so kan ruik. Daarmee saam bevat hierdie amperse heilige tevredenheid al die bestanddele om alle mensegoed se harte so om te tower dat ons opslag van al ons sukkel en sorge vergeet. Asof dit dan ook nie genoeg is nie, loop herinneringe en “onthou-jy-nog’s”– soos 2 inspandonkies – ook saam. Dit is nou veral daardie gisterdinge waar vars warm brood in direkte verhouding tot 'n vreugdevolle oorvloedslewe staan.

Kosbare voorwêreld vriende het voor laaste week ‘n twintigtal gesnyde warm winkelbrode kom aflaai en dadelik weer vertrek. Hulle versoek was dat hierdie vars winkelbrood vir Swartkopdam se skoolkinders gegee moes word. Nou lê hierdie sawwe winkelbrode soos kleurvolle kersgeskenke elkeen in sy eie plastiese sakkie netjies verpak en toegemaak op die werksblad in die kombuis.

'n Klompie vroue sit en gesels langs die tafel in ons kuierkombuis. Die eerste koffiebeker was skaars leeg toe ek versigtig een van die sawwe winkelbrode uit sy sakkie haal. Onmiddellik omvou die amperse heilige aroma van vars sawwe brood almal in die kuierkombuis. Stadigaan raak dit stil om die tafel waarna die Mooiste Mooi keel skoonmaak en hulp vra. "Want" beduie sy "hierdie winkelbrood moet tog vandag nog met bruin botter en goue stroop gesmeer word. Die plan is dat elkeen van Swartkopdam se skoolkinders môre vars winkelbrood kry om te eet.”

Die Mooiste Mooi se woorde was skaars verby haar lippe toe ‘n hengse lawaai in die kuierkombuis los breek. Almal praat en gil en lag en sê gelyktydig dankie. Dit alles net oor brood. Hemelbrood ... vars en sag. Hemelbrood omrede sawwe vars winkelbrood in onse wêreld ‘n kosbare weelderigheid en ‘n groot bederf is. Ywerig spring almal aan die werk. Elke toebroodjie word eers lekker dik met die bruin botter gepleister waarna taai goue stroop al te kwistig opgeplak word. Daarna word elke broodjie netjies en versigtig middel twee gesny en in plastieksakkies toegemaak.

Tussen die gesels en gewerskaf vertel Saartjie van ‘n woestynjaar vol swarigheid. Vytjie op haar beurt, beduie versigtig van ‘n vorige Kersfees in die diep Kalahari met ‘n leë maag. Hoopvol sluit sy haar vertel af met “Hierdie Kersfees is ek nie weer in die diep Kalahari nie. Miskien sal my kosskottel nie weer leeg wees nie." Opeens is almal stil en kyk haar so skaam-skaam onderlangs aan.

Nadat die toebroodjies gesmeer, gesny en verpak is, word die gasstoof vir oulaas aangesteek. Die vroue wil vir oulaas soet pittekoffie drink alvorens hulle groet. Daardie amperse heilige aroma van sawwe vars winkelbrood hang steeds in ons kombuis. Met my oranje koffiebeker hou ek myself maar eenkant terwyl Vytjie se vertelling in my binneste binne weergalm.

Vytjie se vertelling beskryf meer as net die dwarsduine op haar lewenspad. Haar vertelling omskryf ook die rou werklikheid van woestynbewoners se bestaan. Woorde wat die werklikheid van 'n woestynlewe beduie net soos dit is. Sonder grimering, sonder aansien en sonder aangeplakte emosies.

Ek onthou weer dat die Wonderwerker per geleentheid en sonder enige ophef en sonder seremonie duisende kos gegee het met 'n handvol broodjies en 'n paar vissies. Hy is en bly die Honger Stiller, Versadigmaker en Vermeerderaar wat altyd omgee en sorg. En om alles te kroon is Hy ook die Brood. Lewensbrood vars met ‘n heilige aroma waarvan alle mensegoed elke dag sonder enige beperkings oorlopens toe vol kan eet.

Die Groot dae met al die feestelikheid wat daarmee saamloop, het gekom en dit het gegaan. Alvorens ek en jy begin beplan en voorbereidings tref vir ons weergawe van Egipte se kreunende kostafels … kom ons onthou tog net eers die Brood. Dit is en bly die heel belangrikste - die Lewensbrood.

Die Skepper van hemelgoed en stofaarde se broodgeskenk vir my en jou toegedraai in bebloede linne want Jesus as Sy Kêrelkind ís en bly die Lewensbrood. Dit is mos waaroor dit gaan. Dit is mos eintlik al waaroor alles gaan ... Lewensbrood!

Joh 6 vers 35 (Afr 2020) = "Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die brood van die lewe. Wie na M.y toe kom, sal nooit honger word nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors word nie."

Sandkorrel baie seëninge 

Los jou 👣 as jy wil by:

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)

Selnr: 082 772 2192

WhatsApp: 081 568 7549

[Dankie, Valerie, vir jou voetspore wat jy so gereeld hier los!]

Woensdagwense: week 4


Tuesday 24 January 2023

Dinsdag-denke: Ons het mekaar nodig

'n Muis het 'n muisval in die plaashuis opgemerk.

Ontsteld het hy na sy vriende gehardloop en hulle vertel. 
Die hoender het gesê, 'Jammer maat, nie my probleem nie.' 
Die vark het gesê, 'Ek bid vir jou.' 
Die bees was besig en het gesê hy moet later terugkom. 

Die arme muis moes maar alleen die probleem aanpak. Daardie nag het 'n giftige slang in die huis gekom en die boervrou gepik. Sy het 'n hewige koors ontwikkel. Soos almal weet, is hoendersop goed vir koors. Die boer het dus die hoender geslag. Sy vrou se toestand het bly versleg en die boer moes ook die vark slag om die bure, wat op die plaas byeengekom het, te voed. Oplaas is sy vrou oorlede en die boer moes noodgedwonge ook die bees slag om aan die begrafnisgangers kos te verskaf. 

Almal het dus op die ou einde verloor! 

[Oorgeneem]

Monday 23 January 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Ierse Gebed

Mag die pad vriendelik wees onder jou voet
Mag die wind jou altyd stu
Mag die son warm streel op jou gesig
En die reën saggies op jou lande val
En - tot ons weer ontmoet
Mag God jou bewaar in die Palm van Sy Hand…

(Ierse Gebed - vrye vertaling)

Saturday 21 January 2023

Dave Pepler se brief aan Amoré by RSG

"Na al die jare ken julle my mos as een van die aarde se mees deurweekte bitterbekke, en ook as uitgesproke sinikus. Ek beskou die meeste mense as reddeloos verlore, oninteressant en gewetenloos, en dit geld veral vir die inwoners van onse kontinent.

Bykans elke stad in Afrika is 'n nagmerrie van besoedeling, onvoltooide projekte, opdrifsels van vuilgoed en lugbesoedeling. 

Chaotiese verkeer, onpadwaardige voertuie en varkagtige gedrag van bestuurders bevestig elke keer dat hier geen beplanning is nie, dat elke mens eenvoudig net vir homself sorg, en dat omgee vir jou medemens nie meer bestaan nie.

En toe, 'n paar dae gelede, land ek vir die eerste keer in my lewe met 'n groepie eko-toeriste van Live the Journey in Kigali, die hoofstad van Rwanda. 

Toe ons by die lughawe uitry, het dit dadelik doodstil in ons bus geword, en almal het sprakeloos na buite gestaar en eers minute later tot hul sinne gekom.

Dis nou drie dae later, en steeds kan my gaste nie uitgepraat raak nie - in die stede, langs die nasionale paaie is daar nie 'n stukkie papier of rommel te bespeur nie. Net waar jy kyk is daar groot plakkate wat uitroep: Keep our Country Clean! Reg deur die land tel mense rommel op, vee stof en blare op hopies en sny heinings netjies.

Maar dit hou nie by netheid op nie, Amore, dis net die begin van een van die mees verrassende en verfrissende sosiale rewolusies wat ek al ooit gesien het. Mens kan jou beswaarlik indink dat, so onlangs soos 1994, Rwanda betrokke was in een van die mees skrikwekkende volksmoorde in die
geskiedenis van die mensdom. Die slagting was op 'n byna ondenkbare skaal en het mens laat dink aan die gruwels van die Middeleeue. 

Uit die puin van vernietiging en ondenkbare lyding het die leiers van die land besluit om die herstel tot vrede en welvarendheid opnuut aan te pak.

Die eerste teiken was korrupsie, en binne twee jaar het hulle dit wortel en tak uitgeroei deur eenvoudig lokvalle vir korrupte amptenary te stel en hul brutaal uit die sisteem te boender.

Die boodskap was klokhelder - indien ons land wil groei met vertroue, moet ons saamstaan teen misbruik en diefstal. 

Alle motorfiets-bestuurders wat 'n taxidiens bedryf, dra 'n veiligheidshelm met 'n spaarhelm vir die passasier.

By taxi-staanplekke staan almal netjies in 'n ry en wag hul beurt geduldig af.

Ek is stomgeslaan oor die orde in hierdie land. Sodra jy die stad verlaat, sien jy verder tekens van innoverende denke om landbouproduksie op te stoot, mense te laat saamwerk in kooperasies en om die produkte teen regverdige pryse te bemark.

Nuwe damme word gebou vir visplase met hoender- en haashokke bo die water.

Die mis val in die water, die water word verryk en so word die visse vinniger groter as gevolg van die alge wat in die vrugbare water groei.

Daar is byeplase, landerye vol piritieen vir die produksie van organiese en eko-vriendelike insekdoder, en mielielande wat die Vrystaat sal laat bloos.

Hiermee wil ek net dit sê, Amore, waar daar 'n gesonde politieke wil is, is daar 'n menslike en beskaafde weg. Dit maak my triestig om te sien dat die politieke bestel in Suid Afrika uitsluitlik gefokus is op selfverryking terwyl ons hierdie lieflike voorbeeld aan eie deur het. 

Ek voorspel dat die geskiedenis ons gaan verdoem en Rwanda gaan verheerlik.

Dave Pepler skryf: 

Hulle president in Rwanda, sê die mense met trots, wil hê hulle moet gesond wees deur baie groente te eet. Geen oorgewig probleme nie en baie min diabetes. Geen outomatiese besproeiing, slegs leivore waaruit die kinders ritmies per plastiekemmer die lande natmaak. Reuse sakke aartappels word deur kinders van ongeveer 12-14 jaar per fiets mark toe aangery... Jy kan jou oë nie glo nie.

Ons het gemerk dat almal lig oranje Crocs dra. Hulle verduidelik hulle president voel as jy skoene aan het, het jy waardigheid. Elke Rwandees wat nie skoene het nie, kry by die regering crocs. Die skoene word dan by plaaslike markte vervang met nuwes teen 'n lae prys. 

Ons was die laaste Saterdag van die maand daar. Alle winkels, banke, kafees en net mooi alles is toe . Dit is 'we clean our country' - dag. 

Vanaf die president tot elke kind wat kan, maak skoon, verf huise, vee strate, en ons het mense gesien
wat op lang brandweer-tipe lere die lamppale skrop, en mense wat padtekens
was.

Ons laat ons vertel dat President Kagame en sy seuns saam skoonmaak op straat. Nie een kind het ooit by ons gebedel nie. Hulle kom nuuskierig nader en vra: 'Where are you from? 

Welcome to Rwanda'. Vra nooit vir iets nie.

Interessant . . . hulle praat sag met mekaar, nooit 'n skreeuery nie. In winkels is gedempte geluide hoorbaar, nooit luid nie. 

As die politieke wil daar is, en korrupsie is uitgeroei, is enige iets moontlik. 'n Merkwaardige
ondervinding.

Laat die wat oë het om te sien en ore het om te hoor, nou kennis neem van die suksesse van Rwanda.

Met groetnis.
Dave 

[Dankie, Valerie Kilian, dat jy altyd aan ons dink.] 

Saterdaglagmedisyne

Kariena kan eenvoudig nie die versoeking weerstaan om haar kuif te sny as sy 'n skêr in die hande kry nie. Na die soveelste keer wat sy haar kuif vol happe sny, is haar ma regtig baie vies. Terwyl Kariena se ma haar hare vasmaak sê sy: "Kyk hoe lyk jy?" Jy het alweer jou hare vol happe staan en sny." Kariena antwoord so ewe: "Is nie, Mamma, ek het gesit."
[ Klik HIER vir nog lagmedisyne}

Wednesday 18 January 2023

Broodnodige breibenodigdhede vir uitreikaksie


Dis miskien nou warm ... baie warm, maar 'n ysige winter lê vir ons en loer ... daarom wil ons nie onkant gevang word nie.

Mussies, kouse en serpe is hoog op die breiers se prioriteitslys om die winter vir die straatkinders meer draaglik te maak. Ons kort egter dringend wol om hierdie uitreik suksesvol te maak.

Kontak gerus vir Rina Groenewald vir enige navrae of skenkings by 082 447 3332

Woensdagwense: week 3

Tuesday 17 January 2023

Dinsdag-denke: God se genade

As ons maar elke dag kan besef
ons swem in die seën van God,
swem in voorspoed,
swem in geluk en blydskap
en swem in die liefde van ons almagtige Vader!
Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!
Somtyds is dit selfs nodig dat ons so ‘n tydjie afknyp
om God te bedank daarvoor.
Wees jy nou die klein vissie
en gaan vertel jou vriende waarmee God jou VANDAG geseën het!

Monday 16 January 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Om te bid bring die Hemele in beweging.
Om God se Woord te lees bring vir jou wysheid, perspektief
en verskaf die regte keuses.
Dit help met die vorming van jou persoonlikheid.
Dit bring vir jou nuwe moed of berusting.
Jy hoor God se stem.
En dan die belangrikste, dit vertel jou hoe lief is God vir jou.
Vader, dankie! Amen
Johann de Jager (ministriesworldwide.net)
[Oorgeneem] 

Sunday 15 January 2023

Gedagte vir die week: Nuwejaarswense

Ons is so halfpad deur die eerste maand van 2023. Sommige mense handhaaf nog dieselfde tempo as in 2022, party het 'n blaaskans gevat en ander het besluit om rustiger te wees. Van hulle wat die pas markeer het, het oor al die wense vir die nuwe jaar gedink.

Dankie vir A Esterhuyse vir hierdie waarneming ...  

Baie nuwejaarswense verwag van ons Job se geduld, Salomo se wysheid en Paulus se ywer. Kom ons vermy en skram weg van Eva se ongehoorsaamheid, Kain se jaloesie en bloedlus, Noag se dronkenskap, Jakob se skelmstreke, Aäron se afgodsverleiding, Jona se opdragontduiking, Simson se brandstigting, Saul se haatdraendheid, Dawid se wellustigheid en beplande moord, Herodus se kindermishandeling, Judas se geldgierigheid, Petrus se waarheidsontkenning en Pilatus se korrupte wetstoepassing.

Wat 'n wonderlike en aangename jaar sal 2023 nie wees nie?

Saturday 14 January 2023

Fondsinsameling: Ons verantwoordelikheid


Ons is verantwoordelik vir ons eie emosionele welstand in 'n wêreld propvol misdaad, korrupsie en ekonomiese uitdagings. KOM ONTSPAN!! Steek jou hand in jou sak vir 'n goeie doel. Kaartjies is reeds aanlyn beskikbaar en fisiese kaartjies sal van Maandag, 16 Januarie, beskikbaar wees by Barristers en MALU Pork.

Kimberley, kom ondersteun hierdie verdienstelike saak. Die fondsinsameling is vir Ons Huis Versorgingsoord.

Kom vergeet vir 75 minute van jou probleme en geniet 'n heerlike komedie.

Enige navrae: Kontak 083 276 4878

Sien julle daar!!

Saterdaggenotjies


Let's laugh away our stress with ants.
1. 5 ants + 5 ants = Tenants.
2. To bring ant from another country into your country = Important.
3. Ant that goes to school = Brilliant.
4. Ant that's looking for a job = Applicant.
5. A spy ant = Informant.
6. A very little ant = Infant.
7. Ant that has a gun = Militant
8. Ant that is fat = Abundant.                                                 
9. A proud ant = Arrogant 🤔
10. Ant that is cruel and oppressive = Tyrant
11. Ant that is friendly and lovely = Coolant
12. Ant that changed from evil to good deeds = Repentant
13. Ant that accumulated so much food in winter for summer = Abundant
14. Ant that doesn't need a change: Reluctant
15. An ant that keeps financial account = Accountant
16. Ant that occupies a flat = Occupant.
17. Very big ant = Giant
18. The best ant = Excellant 😉
19. Big ant = Elephant
20. Ant that is important = Significant
21. A sarcastic Ant = Mordant
22. An extremely fast ant = Instant
23. Shouting Ant = Rant
24. A dirty Ant = Pollutant
25. Ant you don't like = Irritant
26. Ant that is a specialist  = Consultant 😂

[Thank you, Valerie!!!]

Friday 13 January 2023

A Stunning Senior Moment


A self-important college freshman walking along the beach took it upon himself to explain to a senior citizen sitting on the steps why it was impossible for the older generation to understand his generation.

"You grew up in a different world, actually almost an almost primitive one" the student said loud enough for others to hear. "The young people of today grew up with television, jet planes, space travel, man walking on the moon. We have nuclear energy and cell phones, computers with light speed ... and many more."

After a brief silence, the senior citizen responds as follows:

"You're right son. We didn't have those things when we were young ... so we invented them. Now, you arrogant little freshman, what are you going to do for the next generation?"

The applause was amazing!!!

Thursday 12 January 2023

Wat is 'n ouma?


Oumas is tannies wat nie kinners het nie
en daarom het sy anner mense se kinners lief.
'n Ouma hoef niks te doen nie,
sy moet net daar wees.
As 'n mens saam met 'n ouma stap,
staan sy by mooi goed soos parastoele en goggas stil
sodat jy kan kyk.
Oumas sê nooit jy moet gou maak nie.
Oumas is gewoonlik vet,
maar nie te vet om 'n kind se skoene vas te maak nie.
Oumas dra 'n bril en snaakse onderklere 
en kan hul tanne en tandvlyse uithaal.
Oumas hoef nie slim te wees nie,
hulle moet net weet hoekom bakly katte en honne
en hoekom het hoenners vere en kan nie vlieg nie
en ouma moet ook weet wat is husse met lang ore.
Almal moet tog probeer om 'n ouma te hê,
want hulle is grootmense wat altyt tyt het om met kinners te speel.

Tuesday 10 January 2023

'n Geseënde nuwe skooljaar


Baie sterkte aan ons kleinkinders en agterkleinkinders wat môre met skool begin. 'n Vol en besige jaar lê vir julle en wag en daarmee wil ons vir julle sterkte toewens. Onthou altyd dat die skool se primêre doel is om vir julle geleenthede te skep om julle Godgegewe talente op elke terrein ten volle te kan ontwikkel. Ons weet dis nie altyd lekker nie, maar die beloning vir harde werk, is oor en oor die moeite werd. Ons kan darem onthou hoe dit was, al was dit donkiejare terug. 

Die skool bou aan al sy leerders sodat hulle ná skool as selfstandige mense die grootmenswêreld  kan aandurf ... 'n Volwassene met selfvertroue wat sy taak suksesvol kan verrig.

Ons weet dat die wêreld en veral die skoolwêreld nie meer lyk soos toe ons julle ouderdom gehad het nie, maar ons het intussen nie net gryser geraak nie, maar ook wyser geword. Ons verstaan ...

Geniet julle skooljaar en as julle 'n tydjie in julle besige program kan afknyp, kom drink 'n koppie koffie en kom eet 'n heerlike stukkie tuisgebakte beskuit.

Dinsdag-denke: Vitamiene

Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, party is belangriker as ander.

Vitamiene A:
vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.

Vitamiene B:
vir Blydskap - smile so nou en dan vir iemand! 
Jy maak dalk net iemand se dag.

Vitamiene D:
vir Dankbaarheid. Wees dankbaar vir alles wat jy het waarmee God jou geseen het.

Vitamiene E:
wees Eg en Eerlik met jouself en almal om jou.
Eerlikheid is die pad na enige iemand se respek.

Maar: Vitamiene C is die belangrikste.

Vitamiene C:
Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee.

Monday 9 January 2023

Kontak ons gerus


Vandag se internetgebed vir jou

Hemelse Vader,
hoe kan ek U ooit genoeg loof vir u liefde
wat U vir my in Jesus bewys het.
Dit bly vir my onbegryplik,
maar ek weet met my hele hart dat dit waar is. Dankie, dankie, dankie daarvoor!
Amen

Sunday 8 January 2023

Die Bron van Lewe

In Christus het God nog verder gegaan - Hy het Homself in ons plek gestel. Deur ‘n doringkroon en ‘n houtkruis het Jesus God as Redder en Verlosser bekend gemaak. Hy wil ons elke dag, heeldag verlos en ons uit ons menslike onvermoë verlos. God wil ons uit vandag se ellende verlos. Hy wil vandag se ellende omdraai in môre se troos, want sy Woorde oor jou is gevul met liefde. Ontvang dit. Hy het ‘n verwagting vir jou lewe. Lig jou oë op, want Hy wil hê dat jy ver en wyd moet kyk. Hy wil vir jou wys wat Hy sien. Laat God toe om die Bron van lewe vir jou te wees

Ons dien ‘n kragtige God, almagtig, liefdevol en met meegevoel wat ons vertroue waardig is. God maak nooit ‘n belofte wat Hy nie nakom nie en Hy vergeet nooit Sy beloftes aan ons nie.l my behoeftes te voorsien.

Here dankie vir ‘n splinternuwe jaar waaroor ons in geloof en hoop en in liefde optimisties oor kan wees. Dankie dat U vandag hier is, maar dankie dat U ook môre hier sal wees, en tot in ewigheid, en dat U ons begelei op ons pad. Dankie dat U ons brond van vreugde is.
Amen.

[Anoniem Welkom]

Kerkdiens: Dowe Familie Kerk

Gaan kuier gerus HIER by die Dowe Familie Kerk.
Kom MEER te wete van ons HIER.

Thursday 5 January 2023

'n Huis vol liefde

Tyd is 'n deposito in God se bank


Moenie dink jy beteken niks & God gee nie om nie.Onthou in Sy Woord sê Hy: jou naam is in My handpalms ingegraveer
en My oog sal op jou wees.
Jy is uniek en God het jou lief!
Hy neem jou gisters, Hy hou jou môres,
Hy gee jou vandag en Hy belowe jou 'n ewige lewe.
Tyd is deposito wat elkeen van ons in die bank van
God het en ons weet nie wat die balans is nie.
Maak dus elke oomblik die moeite werd.
Mag die Vader jou vandag seën bo al jou verwagtinge!
Mag jy 'n uitsonderlike dag geniet!!

Wednesday 4 January 2023

Woensdagwense: week 1



[Klik HIER vir nog Woensdagwense] 

Dankie!

'n Hartlike Ons Huis-dankie vir al die goeie wense, besoekies, eetgoedjies en geskenkies wat ongevraagd hulle weg tot voor ons deur gevind het. Dit word opreg waardeer en nie een drukkie of goeie wense het ongesiens verby gegaan nie. Mag 2023 vir elkeen goed behandel. Mag Sy seën oor elkeen uitgestort word en mag elkeen tree vir tree die jaar onder Sy beskerming aanpak. Vreugde en vrede.

Ons Huis-personeel en -inwoners

Tuesday 3 January 2023

Dinsdag-denke: Kom buite en raak gesond!

Somer is hier en die natuur roep. Daar is ʼn lang lys van redes waarom ʼn bietjie (of sommer baie) tyd buite die huis of kantoor fisies en geestelik voordelig is.

Sonlig op jou vel bring prosesse in jou liggaam in werking wat tot die produksie en aktivering van vitamine D lei. Hierdie vitamine beveg toestande soos osteoporose, kanker, depressie, en harttoestande.

Jy sal gelukkiger wees. Volgens ʼn studie aan die Universiteit van Michigan in Amerika, word natuurwandelings in groepe gekoppel aan verbeterde geestesgesondheid en positiwiteit, asook verlaagde vlakke van depressie en stres.

Jou konsentrasie sal verbeter. Kinders met ADHD kan beter fokus nadat hulle tyd buite spandeer het.

Jy kan dalk vinniger gesond word. Pasiënte wat bome of lug buite hulle hospitaalvensters kan sien, sterk beter aan as wanneer hulle heeldag teen ʼn muur vaskyk.

Mense wat buite oefen, het ʼn laer risiko vir swak geestesgesondheid as diegene wat binne oefen.

Interaksie met die natuur gee jou brein ʼn breuk van daaglikse oorstimulasie, wat dan ʼn herstellende uitwerking op jou vermoë om te fokus het.

Volgens navorsing gedoen deur Tokio se Nippon Mediese Skool vermeerder virus- en gewasvegtende witbloedselle na twee dae in die veld.

Deur tyd in die natuur te spandeer verbeter jy jou korttermyngeheue.

Dit verlaag ook stres. Kortisol is die hormoon wat vrygestel word wanneer jy stres. Mense wat twee dae buitemuurs spandeer het (byvoorbeeld gaan kamp het), toon laer vlakke van kortisol daarna.

Tyd in die buitelug verlaag inflammasie.

Buitemuurse aktiwiteite het ʼn beskermende effek op jou oë, en kan dus die kans dat jy miopie (bysiendheid) gaan ontwikkel, verminder.

Jy sal flinker en meer kreatief kan dink.

Indien jy egter nie die tyd het om buite rond te loop nie, kan jy so ʼn bietjie kroek. Mense wat na prentjies of foto’s van landskappe kyk, toon verhoogde aktiwiteit in areas van die brein wat met die oproep van gelukkige herinneringe gepaard gaan.

[Kom buite en raak gesond: Vrydag - 20 Januarie 2017]

Monday 2 January 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Onse Vader wat in die hemel is,
ek bid tot U want U is die Skepper van hemel en aarde. 
Aan U behoort alle eer en lof.

In hierdie aandure wat die dief as sy werksure beskou, 
sy tyd om te moor, te roof, te steel en te verwoes, 
tree ek in gebed tot U my God
en ek vra U met geloof en vertroue dat U legioene en legioene Engele sal stuur 
om elke liewe mens te beskerm,  
Maak hulle onsigbaar vir die vyand, die dief, die moordenaars.
Tree U in Vader sodat elke satanskind op vlug sal slaan, 
dat hulle sal besef U is in beheer.

So ook elke burger wat rustig slaap in hierdie oggendure 
omdat daar 'n lang dag voorlê, 
beskerm elke liewe kind van U Vader, 
hoor my gebed Here, hoor my gebed!

Ek pleit by U om weer beheer oor Suid-Afrika te neem, 
ek vra U om hierdie land te regeer, 
ek pleit by U Here om hierdie land terug te gee aan U kinders.

Ek vra U om Suid-Afrika weer voorspoedig te maak. 
Ek smeek U my God gee vir ons leiers en 'n regering wat U raadpleeg, 
wat U heel eerste stel, 
wat U Naam weer sal verheerlik!

Gee dat U weer in ons skole en werke en besighede en gesinne sal heers! 
Hierdie land is besig om te vergaan en net U 
en U alleen het die mag en die krag, 
die outoriteit om beheer te neem en ons van die vyand te red!
Met U loop ons 'n bende storm, my God, 
maar sonder U in beheer gaan ons ten gronde! 
Ek smeek U Here, my God, 
moet ons asseblief nie begewe of verlaat nie, 
moet ons nie alleen laat nie, 
keer dat ons nie langer in die hand van die vyand sal wees nie!
God, ek tree vandag in vir die land, 
waar U in beheer moet wees.

Ek loof U Vader, 
ek eer U, 
ek aanbid U, 
daar is geen ander God behalwe U nie, 
ek sal eers weer vrede in my hart en siel kan hê 
as ek weet dat Suid-Afrika na U toe teruggekeer het, 
daarom my God draai ek na U toe 
en vra ek met 'n hart vol geloof en hoop en liefde 
dat U ons sondaar-kinders asseblief genadig sal wees, 
dat U my hartsgebed sal hoor.

Dankie Vader, dankie dankie en nogmaals dankie daarvoor. 
Alle eer aan U in die Hoogste Hemele 
en op Aarde 'n welbehae! 
Dit is my gebed in U Heilige Almagtige Naam; Jesus.
Amen

Sunday 1 January 2023

2023: Begin nuut

Dit is ‘n nuwe jaar! Al weet jy nie wat môre inhou nie, ken jy die Een wat môre in Sy hande hou. En dan weet jy dat jy nie alleen is nie. Hoe kan jy 2023 jou eie maak?

Rig jou oë op Jesus, en maak tyd saam met Hom ‘n daaglikse gewoonte. Lees die Bybel en gesels met ander inwoners oor dele in die Bybel wat jou opnuut getref het. Julle tafelgenote kan saam Bybelstudie doen en sodoende julle kennis vebreed.

Volg sy aanwysings vir jou lewe en met verloop van tyd sal jou lewe Sy karakter weerspieël.

Mag voorspoed en goeie gesondheid hierdie jaar deel van jou lewe wees.