Tuesday 10 January 2023

'n Geseënde nuwe skooljaar


Baie sterkte aan ons kleinkinders en agterkleinkinders wat môre met skool begin. 'n Vol en besige jaar lê vir julle en wag en daarmee wil ons vir julle sterkte toewens. Onthou altyd dat die skool se primêre doel is om vir julle geleenthede te skep om julle Godgegewe talente op elke terrein ten volle te kan ontwikkel. Ons weet dis nie altyd lekker nie, maar die beloning vir harde werk, is oor en oor die moeite werd. Ons kan darem onthou hoe dit was, al was dit donkiejare terug. 

Die skool bou aan al sy leerders sodat hulle ná skool as selfstandige mense die grootmenswêreld  kan aandurf ... 'n Volwassene met selfvertroue wat sy taak suksesvol kan verrig.

Ons weet dat die wêreld en veral die skoolwêreld nie meer lyk soos toe ons julle ouderdom gehad het nie, maar ons het intussen nie net gryser geraak nie, maar ook wyser geword. Ons verstaan ...

Geniet julle skooljaar en as julle 'n tydjie in julle besige program kan afknyp, kom drink 'n koppie koffie en kom eet 'n heerlike stukkie tuisgebakte beskuit.

No comments:

Post a Comment