Showing posts with label Koos van der Merwe. Show all posts
Showing posts with label Koos van der Merwe. Show all posts

Saturday, 8 August 2026

Huisgenotjies: Nou is daar spesiale kodes vir seniors

In plaas van om alles uit te tik, gebruik die jongmense mos afkortings in hulle boodskappe. Gelukkig het ons senior burgers gou ingeval by dié gebruik en ter wille van die jongklomp, word 'n paar van die afkortings hieronder verklaar.  

BDD = By die dokter

BVSB = By vriend se begrafnis

BDR = Bring die rystoel

KWS = Kry weer sooibrand

SG = Skryf groter

MWG = Maag werk goed

IJGA = Is jou gehoortoestel aangeskakel?

MGPBL = Moet gaan, pasaangeër se battery laag

MGPBW = Moet gaan, purgasie begin werk

WIJNW = Wie is jy nou weer?  

WPEA = Wat praat ek alles?

WWW = Waar was ek nou weer?

Saturday, 1 August 2026

Saterdaglagmedisyne - Nog steeds Koos ...

Koos se vrou gaan kuier vir 'n week by haar ma.
Koos besluit hy gaan nie elke aand skottelgoed was nie. 
Met sy vrou se terugkeer, ontdek sy papierborde in die skottelgoedwasser.

oooOOooo

Nuuskierige kollega: "Liewe aarde, Koos, wanneer gaan jy tot trou kom? Hier is darem oulike meisies op die dorp."
Koos: "Ja, daar is, maar ek sien in elke mooi meisie 'n potensiële skoonma."

oooOOooo

Dis Kerstyd en Koos en sy vrou is na Stoffel se huis vir middagete genooi. Stoffel maak reg om die kalkoen op te kerf en vra: "Van watter deel van die kalkoen hou jy, Koos?"
"Die vleis."

Saturday, 6 June 2026

Saterdaggenotjies: Koos van der Merwe

Koos gaan poskantoor toe om 'n telegram vir sy ma te stuur. (Dit was in die dae voor selfone,WA's en toe die poskantoor nog bestaan het.)
Nadat al die vorms ingevul is, sê die man agter die toonbank vir Koos: "Jy moet R10 vir die aflewering betaal."
"Dis heeltemal belaglik," sê Koos vies. "Los maar die aflewering. Ek sal vir my ma 'n brief skryf en vir haar sê dat sy die telegram by die poskantoor moet gaan haal."

ooOOoo 

Gehoor van die blommeverkoper wat vir Koos op straat voorgekeer het met die voorstel om 'n bos blomme vir sy meisie te koop?
"Ek het nie 'n meisie nie," is sy reaksie.
"Maar koop dan 'n bos blomme vir jou vrou," antwoord die blommeverkoper.
"Ek het nie 'n vrou nie," is sy antwoord.
"Nou koop dan twee bosse blomme vir jou geluk."

ooOOoo 

My buurman, Koos, se hond heet Vraat.
Ek: "Hoekom gee jy vir jou hond so 'n eienaardige naam?"
Koos: "Want hy hap gedurig."

ooOOoo 

Saturday, 30 May 2026

Saterdaglagmedisyne - Van der Merwe

* 'n Ou man is elke Maandagoggend met ipekonders by die dokter. Die oggend vra die dokter: "Oom, wat is vandag die probleem?"
"Ag doktertjie," antwoord die ou man bewerig, "ek het tog so 'n vreeslike pyn in my roer." 
"Haai, oom. Waar sit oom se roer?"
"Nee, ek weet nie. maar elke keer wanneer ek roer, dan pyn dit."

* Koos en sy drinkersvriend sit rustig in die kroeg toe hy skielik na die telefoon geroep word. Hy is nog nie terug op sy stoel nie, of hy bestel 'n dubbele brandewyn en Coke.
"En nou?" vra sy maat.
"Ek het nou net gehoor ek het twee weke om te lewe."
"Was dit jou dokter wat jou gebel het?"
"Nee, my vrou. Sy gaan vir twee weke by haar suster kuier."

* Van der Merwe se vaderlike trots ken geen perke nie.
Sy seuntjie het skaars met vioollesse begin, of hy vertel sy kroegvriende die kind het so 'n natuurlike aanleg dat die bure sy huis se ruite stukkend gooi om die musiek beter te kan hoor.

[Bron: Finansies & Tegniek, 3 November 1995]

Saturday, 4 April 2026

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt

Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.

* Koos kom by die huis en sien dat hulle ingebreek het en sy huis leeg gesteel het. Hy skakel die polise, maar hulle het nie iemand om dadelik uit te stuur nie. Hy begin net goed ontsteld raak toe die voordeurklokkie lui. Hy maak die deur oop en daar staan 'n polisieman met 'n sonbril op en sy polisiehond aan 'n leiband.
"Nee krisis, man," sê Koos ontsteld. "Eers steel hulle my huis leeg en nou stuur hulle vir my 'n blinde polisieman."

* Koos spog een aand in die kroeg dat hy 253 lewens in die oorlog gered het.
Niemand glo hom nie, want Koos het al lekker gekuier. Tog is daar een nuuskierige man wat wou weet hoe Koos so 'n heldedaad verrig het.
Koos: "Ek het die kok geskiet."

* Koos wil sy kar verkoop. Dis nie so 'n ou kar nie, as wat dit geweldig baie myle op die klok het.
Hy adverteer nie kar, maar niemand wil die kar koop nie. Hy gaan kla sy lot by Mike. 
Mike: "Dis eintlik baie maklik. Draai net die myle so 'n bietjie terug en jou probleem is opgelos."
Drie maande later sien Mike dat Koos nog steeds met die kar ry wat hy wou verkoop het.
Mike: "Haai, Koos, sukkel jy nog steeds om die kar te verkoop?"
Koos: "Weet jy, die kar het nou so min myle op dat ek besluit het om dit nie te verkoop nie."

Saturday, 28 March 2026

Huisgenotjies: Dis mos gek!

Op 1 April is daar net twee soorte mense: dié wat gek is na Aprilgrappe en dié wat dink Aprilgrappe is gek.

* Die linkerhandbielie
In 1988 het Burger King 'n volbladadvertensie in USA Today laat plaas om die linkerhandbielie, wat spesiaal vir die 32 miljoen linkshandige Amerikaners gemaak word, aan die publik bekend te stel. Die linkerhandbielie bevat dieselfde bestanddele as die bekende oorspronklike Whopper (blaarslaai, tamaties, hamburgerfrikkadel), maar al die geurmiddels word vir die gerief van die linkshandige eters 180 grade gedraai, is gesê. Duisende linkshandiges het dié Aprilgrap geglo en sulke hamburgers bestel.

* Tieners met getatoeëerde ore
Op 1 April 1994 word op die radioprogram, All things considered, aangekondig dat maatskappye soos Pepsi die tatoeëering van tieners se ore met die logo van deelnemende maatskappye gaan begin borg, mits dit twee sentimeter groot is. Tieners wat getatoeëerde logo's op hul ore vertoon, sou lewenslank 'n afslag van tien persent op die produkte van die betrokke maatskappy ontvang. Honderde tieners het met groot entoesiasme op die aanbod gereageer.  

* Rekord-spaghetti-oes
Op Maandag, 1 April 1957, is daar oor die BBC-nuusprogram Panorama berig dat die landbougemeenskap van Switserland danksy 'n matige winter en die sukses wat met die bestryding van die gevreesde spaghetti-kalander behaal is, 'n rekord-spaghetti-oes in dié oesjaar verwag.  

Beeldmateriaal van plaaswerkers wat stringe spaghetti uit bome ryg, is aan die kykers vertoon. baie mense het dit onwrikbaar geglo en ingeskakel om navraag te doen oor die kweek van spaghettibome, waarop hulle die volgende antwoord van die BBC ontvang het: "Plaas 'n spaghetti-takkie in 'n blik tamatiesous en hoop vir die beste." Vir een jaar sou spaghetti volop wees!!!

[Vrouekeur, 1 April 2005] 

Saturday, 7 March 2026

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt

Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.

* Klein Kosie: "Meneer?"
"Ja, Kosie?"
"Wat het ek vandag by die skool geleer?"
"Hoekom vra jy só 'n dom vraag?"
"Wel, Meneer, dit is wat my pa my gaan vra as hy vanaand by die huis kom."

* Koos se vrou is moeg vir sy gedrinkery. Hulle het 'n hewige gesprek daaroor gehad en Koos het ter wille van die vrede in die huis tot 'n vergelyk gekom.
Stoffel sit reeds van vyfuur af en kuier in die kroeg. Hy merk dat Koos op sy hande by die deur inloop. Nie seker van sy eie toestand nie, sê-vra Stoffel vir Koos: "Bedrieg my oë my of is ek reg as ek sê dat jy op jou hande by die deur ingeloop het?"
"Nee, jy is reg. My vrou het my gisteraand belet om weer my voete in die kroeg te sit."

* 'n Motoris ry oor Koos se voet en Koos stel 'n yslike groot eis teen die man in.
Die man kom met Koos praat om te hoor of hulle nie buite die hof kan skik nie. "Dink jy ek is 'n miljoenêr?"
Koos nie op sy mond geval nie: "Dink jy ek is 'n duisendpoot?"

Saturday, 3 January 2026

Saterdaggenotjies: Koos van der Merwe

Een van die inwoners gaan vir sy kinders in Australië kuier. Op Sydney moet hy op 'n kleiner redery oorklim. Dis etenstyd op die klein lugredery se vliegtuig en die lugwaardin vra die spesifieke passasier of hy iets wil eet.  

"Wat is my keuses?" vra hy.

"Ja of nee." 

ooOOoo

Koos gaan apteek toe om sjampoo te koop.
"Vir droë of vetterige hare?" vra die apteker.
"Vir vuil hare," sê Koos.

ooOOoo

Koos van der Merwe gaan na 'n winkel wat spesialiseer in boumateriaal en vra vir 3 500 000 bakstene.
"Sjoe! Wat bou jy?" vra die winkelassistent.
''n Braai," sê ou Van.
"Drie en 'n halfmiljoen bakstene vir 'n braai? Is jy doodseker jy het nie 'n berekeningsfout gemaak nie?"
"Ja, Boet ... my woonstel is op die 14de vloer."

ooOOoo

Saturday, 6 December 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.

* Koos sukkel met sy oë. Party dae brand hulle só en ander dae jeuk sy oë. Hy gaan die oogarts sien.
Die oogarts sê dat Koos allergies is vir die stof in die lug en gee vir hom oogdruppels om drie keer 'n dag te gebruik.
Koos: "Dankie, dokter. Moet ek vóór of ná ete gebruik?"

* Koos en Piet sit op die bankie voor die ouetehuis en gesels oor hoe dinge so vinnig in 'n mens se lewe verander.
Koos: "Weet jy, Piet, my oë is deesdae so sleg, ek moet olifante tel in plaas van skape om aan die slaap te raak."

* Klein Kosie: "Pa, Meneer sê dat ons voorouers almal ape was."
"Jóú voorouers mag dalk ape gewees het, maar myne was beslis nie," sê Koos baie verontwaardig. 

Saturday, 22 November 2025

Saterdaglagmedisyne


There was once an old man whose family couldn’t take care of him any longer.

Because of that, the family had decided that a nursing home would be the best solution for the grumpy old man. Of course he directly rejected the idea, but his family stood firm and persuaded him it was the best solution for him.

The first day at the nursing home, the grumpy old man spent most of the time laying in his bed reflecting on his life so far and started feeling very lonely. After a while, an orderly stopped by to see how the grumpy old man was doing on his first day in the home.

“How are you doing today sir?” she asked the grumpy old man, “I see this is your first day with us.” The grumpy old man replied with a nod.

In no time the two began talking up a storm. And as the conversation continued, the orderly saw that the room was filled with fresh flowers, cards and balloons from friends and family. She also noticed a bowl full of shelled peanuts standing on top of the table that was next to the bed, and she helped herself to a handful of them.

As the two continued talking with each other, the orderly kept eating more and more of the peanuts. After a while, she looked at her watch and noticed that nearly two hours had passed since she started talking with the grumpy old man. “Oh my goodness,” she said, “Time has gone by, we’ve been talking for 2 hours. I really have to tend to other people at home, too.”

“Of course, it’s okay,” said the grumpy old man, “I feel way better now, now I have been able to talk to someone else besides myself.” After having a look at the bowl of peanuts the orderly said, “Now I really feel awful! I almost finished the whole bowl of peanuts!”

"Awww, that’s okay young lady,” rasped the grumpy old man. “I really don’t even like peanuts,” he said.

“I just like to suck the chocolate off ’em."

Edit: gender of the orderly corrected near the end of the joke.

Saturday, 1 November 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.  

* Koos val maar goed rond tussen verskillende werke. Koos het 'n werk as toergids gekry. Sy eerste groep is onervare bergklimmers en hulle is nie die dapperste groep bymekaar nie.
Bergklimmer: "Val mense gereeld van hierdie hoë kranse af?"
Koos: "Nee, net een keer."

* Koos se baas roep hom kantoor toe.
"Jy is afgedank," sê hy.
"Maar ek het niks gedoen nie," protesteer Koos.'
"Dis presies die probleem!" bulder die baas.

* Koos spog met sy seun: "My seun het onder in die wêreld begin, en nou is hy heel bo."
"Ek is baie bly vir jou part," sê sy vriend. "Wat doen hy deesdae vir 'n lewe?"
Koos: "Wel, hy was eers 'n skoenmaker en nou is hy 'n haarkapper."

Saturday, 4 October 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.  

* Koos sukkel om 'n werk te hou. Hy doen vir die soveelste keer aansoek. Hy gaan gee sy aansoek persoonlik by die personeelbeampte in.
Personeelbeampte vir Koos: "Ek sien jy het by jou vorige werk bedank. Wat was jou rede?"
"Siekte, Meneer," antwoord Koos.
"Wat het jy makeer?"
"Niks nie. Almal by die werk het net gesê hulle is siek vir my."

* Koos besluit om 'n plaas te koop. Op hierdie manier is hy sy eie baas. Sy vriend kom maak 'n draai op die plaas net terwyl Koos twee van sy drie windpompe afbreek.
Vriend: "Koos, hoekom breek jy twee van die windpompe af? Hulle is mos nie stukkend nie."
Koos  antwoord: "Ons het net genoeg wind vir een windpomp." 

* Koos loop 'n ou vriend raak.
Vriend belangstellend: "Wat doen jy deesdae?"
"Ek is nou in besigheid," sê Koos. "Ek koop en verkoop hamers. Ek koop 'n hamer vir R75 en dan verkoop ek dit vir R50 aan die boere."
"Ek verstaan nie hoe jy 'n besigheid op hierdie manier kan bedryf nie. Jy verloor R25 op elke hamer wat jy verkoop."
"Dis heeltemal reg, maar dit is nog baie meer winsgewend as om te boer."

Saturday, 6 September 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord. 

* Koos kry werk as 'n lewensredder in Durban.
Na sy eerste dag as lewensredder, kom Koos heel tevrede by die huis aan.
Koos aan sy vrou: "Weet jy, die mense wat hier in die see swem, is baie vriendelik. Nie minder as sewe mense het entoesiasties vir my gewaai nie."

* Koos het jare terug as bevelvoerder vir die weermag gewerk. Hy is met 'n groep manne vir 'n oorlewingskursus die woestyn in. Eendag roep hy die manne bymekaar.
Koos: "Ek het goeie én slegte nuus. Die slegte nuus is dat ons kos op is en dat ons van nou af op sand sal moet oorleef. Die goeie nuus is dat daar genoeg sand vir ons almal is."

* Koos het na 'n onsuksesvolle en uiters kort loopbaan as lewensredder by die polisie aangesluit. Die polisie versprei vier foto's van 'n gevaarlike misdadiger. Een foto van voor, een van agter, een van links en een van regs. Die stasiebevelvoerder gee vir Koos die 4 foto's van die misdadiger en reken by homself dat hierdie 'n feitlik onuitvoerbare opdrag vir 'n nuweling is. Maar dit is 'n goeie opdrag om te sien of Koos wel geskik is vir hierdie pos.
'n Paar uur later kry die hoof van die moord-en-roofafdeling die volgende faks: Het die foto's ontvang. Al vier is in hegtenis geneem - sersant Koos van der Merwe.

Saturday, 2 August 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.  

* Koos verkoop elke maand horlosies op die vlooimark. Dis egter Made in China-horlosies en die mense is nie baie gretig om sake met Koos te doen nie.
Klant: "Is hier horlosie waterdig?"
Koos: "Maar natuurlik. Eenhonderd present. As die water eers in is, kom dit nooit weer uit nie."

* Koos voel dat hy na al die jare se vlooimarkstalletjies genoeg besigheidsvernuf opgedoen het om sy eie besigheid te begin.
Koos: "Ek gaan volgende week my eie besigheid begin."
Koos se vrou: "Wonderlik. Ek is só bly. Ek sal jou eerste kliënt wees."
Koos bekommerd: "Ek hoop regtig nie so nie."
Koos se vrou: "En hoekom nie?"
Koos: "Dis 'n begrafnisonderneming."

Koos se vrou besluit om vir Koos by sy nuwe onderneming te gaan help. Sy bied aan om die telefoon te antwoord, terwyl hy die mense te woord staan.
Die foon lui en sy vrou praat 'n rukkie, luister en skryf iets neer.
Koos: "Is dit 'n bestelling vir 'n nuwe grafsteen?" vra Koos.
"Ja," antwoord sy vrou.
Koos: "Wat moet daarop staan?"
"Hier rus ons broer, vader en eggenoot."
"Genuttig." brom Koos. "Dis nou wat ek suinig noem. Drie mense in een graf!"

Saturday, 24 May 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord. Koos en al sy werksoekery het tot kostelike grappe aanleiding gegee. Soms, net soms, het Koos nie aan die kortste ent getrek nie. 

* Koos loop 'n baie ou skoolvriend van hom raak.
Koos vra belangstellend: "Watter soort werk doen jy deesdae?"
"Ek werk op 'n bouperseel. Ek stoot 'n kruiwa."
"'n Kruiwa? En ek dag jy weet niks van masjinerie af nie."

* Koos doen weer aansoek om by die weermag te werk. Tot sy vreugde word hy aanvaar.
"Hoe is die kos, Manne?" vra Koos.
"Ons baklei elke dag daaroor."
"Is dit so lekker?"
"Nee, so sleg. Die een wat verloor, moet dit eet."

* Koos het werk as 'n verwer by die spoorweë gekry. Hy het 'n hele lys spoorweghuise wat hy moet verf. Koos werk met 'n ongelooflike spoed - ongekend aan sy geaardheid.
Stoffel het die saak van alle kante beskou, maar kon geen rede vir die spoed vind nie: "Genugtig, Koos, wat is jou haas?"
Koos: "Ek moet klaarkry voordat die verf opraak." 

Sunday, 4 October 2020

Optelwoorde - Koos van der Merwe

tussen dwaaldistels en doringspore
in die soekloop op die verwegpad
soos genadelig lê daar optelwoorde
wat ‘n wegloopsiel weer huis toe kan vat
optelwoorde
vir ‘n valkind
optelwoorde
wat verloormense vind
in die skaduweelaagtes
diep gaan haal
en huis toe bring
na die optelkraal

[Bron: opmymanier]