Showing posts with label Dokter. Show all posts
Showing posts with label Dokter. Show all posts

Saturday, 25 January 2025

Saterdaglagmedisyne - dokter


Die dokter het 'n loodgieter dringend twee-uur in die oggendure nodig. Hy bel die loodgieter en sê hy vermoed die probleem lê by die spoelbak.
Loodgieter: "Dokter, dit is twee-uur in die oggend."
Dokter: "Ek is terdeë bewus daarvan. Jy het my ook al hierdie tyd van die nag uitgeroep."
Loodgieter: "Goed, ek is nou daar."
Toe hy by die dokter se huis kom, lig hy die spoelbak se deksel op, haal twee disprins uit sy sak en gooi dit in die bak en sê: "As dinge môre nie beter lyk nie, bel my weer." 

ooOOoo   

Piet gaan die dokter sien. Hy slaap nie meer in die aand soos hy moet nie. 
Piet: "Dokter, elke nag, sodra ek aan die slaap raak, hoor ek hierdie snaakse geluide in my kop."
"Daar is iewers 'n skroef los!" 

Saturday, 9 November 2024

Saterdaglagmedisyne - dokter


Die tante gaan saam met haar man dokter toe. Sy sit in die wagkamer. Kort daarna kom die dokter uit en sê vir sy ontvangsdame: "Bring asseblief my hamer vir my."
Die dokter verdwyn weer in die spreekkamer in.
Die tante wonder wat haar man dan kan makeer.
Kort daarna kom die dokter weer uit.: "Suster, ek het 'n beitel ook nodig."
Die tante spring op. "Dokter," sê sy, "nou kan ek dit nie meer hou nie. Wat makeer my man?"
"Dit weet ek nog nie, Mevrou," sê die dokter. "Ek sukkel nog om my tas oop te kry."

--000--

"Dokter, dokter, elke nag wanneer ek slaap, is daar snaakse geluide in my kop."
"Daar is iewers 'n skroef los!"