Showing posts with label Woorde. Show all posts
Showing posts with label Woorde. Show all posts

Friday, 8 November 2024

Woorde tussen vriende

As God ‘n yskas gehad het,
was jou foto daarteen.
As Hy ‘n beursie gehad het,
was jou foto daarin.
As Hy ‘n selfoon gehad het,
was jy sy “wallpaper”.
Hy gee elke somer vir jou blomme.
Hy gee elke oggend vir jou ‘n pragtige sonsopkoms.
Hy gee elke aand vir jou ‘n pragtige sonsondergang.
Glo dit!
Hy is mal oor jou!
God beloof nie dae sonder pyn,
lag sonder seer en son sonder reën nie.
Hy belowe wel sterkte vir elke dag,
uitkomste vir trane en
lig aan die einde van elke donker tonnel.
As God vir jou ‘n klip op jou pad plaas,
sal Hy dit ook vir jou wegrol.
Glo dit!
Hy is mal oor jou.
Jy is die appel van Sy Oog!!

[Geleen]

Sunday, 21 January 2024

Ons woorde

Ons spoeg mekaar met hol klanke. Ons eet mekaar se woorde om ons onversadigbare siel se maag te vul.

'n Tweespraak is 'n ontmoeting gelei oor 'n brug van woorde - 'n intieme brug tussen twee, sonder slaggate of versperrings. So behoort dit te wees. Laat ons nie figurante of toneelspelers wees nie. Waarom moet ons woorde ons onverstaanbaar maak? Het ons dan vertalers nodig om deesdae met mekaar te praat? Jy praat altyd Grieks en ek Latyn, terwyl ons instemmend knik en glimlag asof ons dieselfde taal praat. Ons woorde is so vals soos ons harte.

So baie roggel waansinnig. So baie skreeu. Stiltes baar opstande en woorde brand geboue af. Ons woorde is ons skerms waaragter ons skuil. Hulle vorm die beeld wat ons wil voorgee ons is. Hulle is ons wapens. Hulle verkrag die skoonheid en verander ons moderne "fyn" samelewing in 'n spastiese dans. Die politieke leiers verskeur mekaar met woorde. Digters bring al die gal tot hulle beskikking aan ons oor. Intellektuele liberaliste, siek kunstenaars, ateïste en rigtinglose menigtes bring aan ons die boodskap van 'n dooie god. In hul woorde vind ons gemoed 'n sinnelose waarheid wat ons verder vereensaam en verwar.

Woorde wil alles tot simbole vereenvoudig. Selfs liefde staan vir iets.  

Deur ons woorde ontmoet ons mekaar en verloor ons mekaar. Deur ons woorde vermoor ons mekaar. Woorde is nie materie nie en tog is dit onvernietigbaar. Dit kronkel deur die nou strate van herinnering en sit aan by die tafels van verbeelding. Ons kan dit nie uitwis nie. Die pyn of geluk wat dit agterlaat, toon dikwels die voetspore van die woord. Nogtans speel ons met ons woorde soos roekelose kinders. Ons het geleer dat die wêreld rond is, die son kokend en die lewe 'n gedagte, maar ons het nog nie geleer om stil te bly nie. Woorde is vir mense bedoel wat weet wat om daarmee te maak en hoe en wanneer om dit te gebruik. kindertjies hoef nie te praat nie. Hulle kan lag of huil. Ons moet praat; ons met ons verlore onskuld; ons met ons maniere uit boeke. Wat het anders oorgebly vir ons?

Al die kringe wat ons geloop het, al die paaie wat ons gebou het, bring ons terug by ons onafwendbare afskeid. Ons is albei twee leë woorde. 'n Mens kan nie van woorde alleen lewe nie.

(Uit: Poort)

[Dankie vir die persoon wat hierdie naamlose skryfwerk in my poshokkie gesit het. Indien iemand hierdie skryfwerk herken, laat weet asb. sodat daar erkenning gegee kan word.]

Friday, 24 November 2023

PASOP VIR WOORDE!


Pasop vir woorde, woorde is kragtig en dra meer krag às wat jy besef. 

Om die volgende te spreek is om iemand ÓF jouself 'n vloek op te lê. 

Let op op jou woordeskat as dit soos volg daaruit sien. 
1 . Ek is altyd moeg
2 . Hy of sy sal nooit regkom nie.
3. My huwelik is net 'n gemors.
4 . Ek is so sieklik
5. Ek bly swaar kry.
6. Die onheil tref hulle of my altyd.
7. Ek is bestem om swaar te kry.
8. Ag, die Here hoor my nie (soek jy Hom 'n bietjie?)
9 . Die kinders maak my moeg.
10. Ek is maar altyd die swartskaap

Soos jy spreek só sal dit wees. Ons woorde is ons eie ondergang.
Wéés dus stadig om te praat en vinnig om te dink.
Die Woord sê dit wat in die mens se hart omgaan, so sal hy wees.
GOD het jou lief ... beoefen eerder "The Power of Positive Thinking!"

[Dankie, Babsie, dat jy hierdie met ons deel.] 

Thursday, 4 May 2023

Asembenewend ...

Hierdie boodskap is aanvanklik as in 'n WA-boodskap na hierdie groep/FB gestuur. Wonderbaarlik het dit ook sy weg na hierdie blog gevind. Baie dankie, Anoniem.

FB-boodskap: Ek weet nie wie Martie Esterhuizen is nie, maar dit wat hieronder staan, is 'n boodskap en les vir ons almal.

Lees dit asseblief!!

... die nag lê nog donker en diep rondom my.
... die wind waai al vir meer as 12-ure stormsterkte en ruk en pluk aan alles wat nie geanker is nie.
... die reuk van rook van die vernietigende vuur net buite Jeffreysbaai hang swaar in die lug selfs in die huis.
... vir baie ure nou al verteer die vuur se vlamme en hitte alles wat in sy pad kom - aangedryf deur die wind.
... die straatligte is dood ... die donkerte verdiep.
... die see bruis en die branders slaan uitgeput neer op die windverwaaide strand..
... die rooi gloed van die vuur helder die horison op en die vlamme loop soos lawa teen die hange af ...
... die nag is koud.
... die vuur is gloeiend.
... die wind is woedend
... die see is ontstuimig
... daar waar die natuur lowergroen en vol lewe was nog 24-uur gelede, lê die die dood en verwoesting nou pikswart ...
... die dag sukkel om deur te breek deur die digte rook wat soos donderwolke in die lug hang en alles smag na asem ...
... asem ... sonder asem is die lewe wèg ... ( asem het vir die afgelope twee jaar nuwe betekenis vir my)
... soos die dag stadig breek - lê baie harte en lewens flenters in die roet ...

"Wie se SKULD IS DIT NÓÚ WEER?"

Woorde en woede vlieg soos gloeiende vuurkole deur die lug !
Vingers word rondgeswaai en aannames word luidkeels uitgespoeg!

Want ...

ALLE VURE IN ONS LEWE IS MOS ÁLTYD IEMAND ÁNDERS SE SKULD! ... of is dit?

Liefdevolle Hemelvader ...

... stil sit ek op my bed - grootoog en my ore ingestel op al die geluide rondom my ... èn op U stem ...

VADER VERGEWE MÝ VIR ELKE KEER WAT EK MÝ KOSBARE ASEM MORS OP WOEDE EN WOORDE!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK VURE AANGESTEEK HET IN IEMAND SE LEWE EN SELFS MY ÈIE LEWE!!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK SELFVOLDAAN WEGGESTAP HET VAN 'N STUK AFGEBRANDE LEWE WAT SOOS ROET DEUR 'N STORMWIND WEGGEWAAI WORD!!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK SELFGEREGVERDIG MY EIE OPINIE OOR ALLES EN ALMAL AS "GOSPEL" VERKONDIG HET!!
  • Die tong is n vuur wat uit die HEL uit aangesteek word.
  • Hierdie dag breek aan na 'n nag van verwoesting ... maar ek beséf dat niks, maar niks kan die dagbreek STOP nie.
  • Geen vuur
  • Geen verwoesting
  • Geen verlies
  • Geen pyn
  • Geen storm
  • Geen Woorde
  • Geen Woede
  • Geen Verwyte
  • NIKS
Ek hoor die Haddidas vlieg see se kant toe
... hulle roep
... hulle is gefokus
... hulle vlieg met verwagting en hoop (selfs deur die rookwolke)
... hulle is op pad iewers heen
... hulle kén hulle Skepper

HemelVader ...

Kortstondig verskuif my fokus na hoop wat soos roepende Haddidas deur die rook vlieg

Hier waar ek sit, BESÉF ek dat ELKE DAG is GENADE uit U Hart.

Die BESEF dat LEWE in U HANDE lê.

GENADE vind ons net by U.

HOOP is IN U ALLEEN ...
 NIKS op hierdie aarde is vir ewig nie.
 NIKS wat DOOD spreek is dit waardig om MY ASEM OP TE MORS NIE
 NIKS wat ek NIE kan saamneem Hemel toe - is die moeite werd om my tyd, aandag, krag, liefde , my siel, my vrede en mý woorde voor te gee nie
 NIKS gaan ek kan saamneem BEHALWE mý LIEFDESVERHOUDING met U nie.
 NIKS het meer waarde BO my kosbare SIEL waarvoor Jesus aan daardie KRUIS gesterf het nie
 NIKS het groter KRAG as
  • SY OORWINNING
  • SY BLOED
  • SY OPSTANDING
  • SY PLEK aan die regterhand van U Hemelse Vader!
 is ek (èn jy) ... 'n BRANDSTIGTER?
 brand ons EIE lewens en ons land oor DIE KRAG VAN ONS EIE WOORDE?
 spreek ons VUUR in plaas van VREDE?
 Hemel Vader ... VERGEWE ONS ... ASSEBLIEF ... en laat MY ASEM IN GEBED TOT U DEUR DIE HEMEL WEERKLINK!!

[Marthie Esterhuizen]

Thursday, 13 May 2021

Woorde

Jy mag my skiet met jou woorde
Jy mag my seermaak met jou sê
Jy mag my vermoor met jou haat,
maar ek sal steeds soos lig deurbreek
Neem my woord as die wapen
van jou lewe
(Onbekend)