Showing posts with label Liefde. Show all posts
Showing posts with label Liefde. Show all posts

Wednesday, 3 June 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Hartsmoegheid

Daar is dae wat jy net eenvoudig moeg is - nie net liggaamlik nie, maar in jou hart. Dis 'n moeg wat jy nie vir iemand kan beskryf nie. Dis juis in daardie oomblikke wat God sag fluister: “Ek gee jou nuwe krag.”

Hy sien jou trane, hoor jou gebede en weet waardeur jy gaan. Hy kan sien dat die opdraandes te veel word en dat jy nie altyd vastrapplek kry voor jou volgende tree nie. Hy los jou nie waar jy is nie. Hy lei jou weer op die regte pad, stap saam met jou, en vul jou met moed waar jy moed verloor het.

Jy is nie alleen nie… God is besig om jou hart weer sterk te maak.

Gebed:
Here, dankie dat U my altyd hoor wanneer ek roep.
Dankie dat U my nuwe krag gee wanneer ek nie meer kan nie.
Lei my vandag op U pad van vrede en hoop, en herinner my dat U nooit moeg word om my te dra nie. Amen

Thursday, 15 January 2026

Ouma se wenke: Begin 2026 op 'n goeie voet met jou kleinkinders

Die eerste en grootste geskenk, na my mening, wat 'n ouma (en/of oupa) 'n kleinkind kan gee, is liefde. 
* Baie daarvan. 
* Soveel as jy kan. 
* Kinders suig dit op soos 'n spons
* Hulle baai daarin en dit gee hulle selfvertroue 'n hupstoot.

So dikwels wonder grootouers wat kan ons doen en beteken vir ons kleinkinders, sonder om die ouergrense te oortree.

Lees gerus Johan en Nina Smit se boek "Loshande die beste oupa en ouma: om die wêreld vir jou kleinkinders te beteken."

In hierdie boek word belangrike onderwerpe aangeraak. 
* Aspekte soos die voorbeeld wat grootouers stel. 
* Die kleinkind se godsdiens en hoe daaraan gebou kan word. 
* Die effek wat egskeiding op die kleinkind kan hê. 
* Hoe die kleinkind begelei kan word om dood en afskeid te kan hanteer. 
* Selfs die dood van 'n kleinkind en die verwerking van die seer deur die grootouers. 

Die outeurs probeer om sentimentele gesprekke rondom kleinkinders te vermy en om dieper te grawe in die verhoudings waarin grootouers met hulle kinders en kleinkinders staan. Die boek bevat kostelike verhaaltjies van kleinkinders se sêgoed en hulle kinderlike opregtheid teenoor hulle oupas en oumas. Een van die hoofstukke van die boek beskryf 'n hele aantal getuienisse van laerskoolkinders oor hulle oupas en oumas.

Klik HIER vir meer inligting.

Onthou, wees die beste oupa en ouma wat jy kan wees. 
Dit beteken nie materiële geskenke nie, 
maar onthou-geskenke, omgee-drukkies en 
ore wat aandagtig luister sonder kritiek. 
Geniet jou kleinkinders!

Wednesday, 14 January 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Waaroms verander in daaroms

Is daar geluk - bewaar dit.
Is daar 'n kruis - aanvaar dit.
Is daar onreg - stel dit reg.
Is daar teenslae - hou aan veg.
Is daar vreugde - deel dit.
Is daar 'n breuk - heel dit.
Skenk iemand jou liefde - beleef dit.
Doen iemand jou leed - vergeef dit.
Het jy geloof - wys dit.
Is daar moed - prys dit.
En laat die wêreld daarvan weet.
As jy glo sal al die waaroms 
eenmaal verander in daaroms!

Wednesday, 24 December 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Vergelyking tussen twee "Generasies"

'n Jong man het vir sy pa gevra: "Hoe het julle mense voorheen geleef met ...
* geen lugversorgde voertuie nie?
* geen WiFi nie?
* geen internet nie?
* geen rekenaars nie?
* geen aanlyn-inkopies nie?
* geen TV's nie?
* geen lugversorging nie?
* geen selfone nie?
* geen winkelsentrum nie?
* geen multiplekse?"

Sy pa het geantwoord:
"Net soos hoe jou generasie vandag leef met ...
* geen gebede nie.
* geen deernis nie.
* geen eer nie.
* geen respek nie.
* geen karakter nie.
* geen skaamte.
* geen beskeidenheid nie.
* geen tydsbeplanning nie.
* geen sport nie.
* geen lees nie."

"Ons, die mense wat tussen 1940-1980 gebore is, is die geseëndes. Ons lewe is 'n lewende bewys:
👉 Terwyl ons speel en fietsry, het ons nooit helms gedra nie.
👉 Na skool het ons tot skemer gespeel. Ons het nooit TV gekyk nie.
👉 Ons het met regte vriende gespeel, nie internetvriende nie.
👉 As ons ooit dors gevoel het, het ons kraanwater gedrink en nie gebottelde water nie.
👉 Ons het nooit siek geword nie, alhoewel ons dieselfde glas sap met vier vriende gedeel het.
👉 Ons het nooit gewig opgetel nie, alhoewel ons elke dag baie rys geëet het.
👉 Niks het met ons voete gebeur nie ten spyte van kaalvoet rondswerf.
👉 Ons ma en pa het nooit enige aanvullings gebruik om ons gesond te hou nie.
👉 Ons het vroeër ons eie speelgoed geskep en daarmee gespeel.
👉 Ons ouers was nie ryk nie. Hulle het ons liefde gegee, nie wêreldse materiaal nie.
👉 Ons het nooit selfone, DVD's, speelstasies, XBox, videospeletjies, persoonlike rekenaars, internetklets gehad nie - maar ons het regte vriende gehad.
👉 Ons het ons vriende se huise ongenooid besoek en saam met hulle kos geniet.
👉 Anders as jou wêreld, het ons familie gehad wat naby gebly het, so familietyd en bande is saam geniet.
👉 Ons was dalk in swart en wit foto's maar jy sal kleurvolle herinneringe in daardie foto's kry.
👉 Ons is 'n unieke en, die mees begripvolle generasie, want ons is die laaste generasie wat na hul ouers geluister het. Ook die eerstes wat na hul kinders moes luister.
👉Ons is dié wat nog slimmer is en jou nou help om die tegnologie te gebruik wat nooit bestaan ​​het toe ons jou ouderdom was nie!!!

Ons is 'n BEPERKTE uitgawe!

Geniet ons.
Leer by ons.
Koester ons.
Voordat ons van die aarde en jou lewens verdwyn."

[Dankie, Chrisna, vir die aanstuur van hierdie ongelooflike vergelyking.]

Wednesday, 3 December 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Vir elke dag ...

Praat die kleinmoediges moed in.
Help die swakkes en
wees geduldig met elkeen wat jou pad kruis. 

Wednesday, 5 November 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Lewensles

* Voordat jy kla oor die ou lewe en jou pyne - dink aan 'n kind wat op 'n sterfbed lê. 
* Voordat jy vandag oor jou kinders kla - dink aan dié wat begeer om Mamma of Pappa te hoor - maar nooit die voorreg sal hê nie. 
* Voordat jy vandag baklei oor jou vuil deurmekaar huis wat niemand uitgevee het of waar 'n bed nie opgemaak is nie - dink aan die mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek. 
* Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry - dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop. 
* Voordat jy vandag kla oor te veel werk - dink aan hulle wat glad nie werk het nie.
* Voordat jy vandag kla omdat jy onderbetaal word - dink aan hulle wat enige iets sal doen om net 'n werk te kry - ongeag die salaris.  
* Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel - onthou dat nie een van ons sonder tekortkominge is nie. 
👉Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper. 
👉Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel - glimlag en dank God dat jy leef. 
👉Die lewe is 'n geskenk - leef voluit - geniet elke oomblik daarvan - gee baie liefde - want God het hierdie lewe aan jou geskenk!

Wednesday, 29 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Lewensles

* Voordat jy vandag iets negatief en afbrekends vir jou medemens te sê het - dink aan iemand wat stom is.
* Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos - dink aan diegene wat niks het om te eet nie.
* Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos wat jy van hulle verwag nie - dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat.
* Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel - onthou dat nie een van ons sonder tekortkominge is nie. 
👉Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper. 
👉Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel - glimlag en dank God dat jy leef. 
👉Die lewe is 'n geskenk - leef voluit - geniet elke oomblik daarvan - gee baie liefde - want God het hierdie lewe aan jou geskenk!

Wednesday, 22 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Kosbare ketting

Vriendskap is 'n kosbare ketting
met skakels van suiwer goud -
dit word met die jare net mooier,
want vriendskap word nie oud!
Spr 17:9 
Wie ‘n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ‘n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
Skryf vandag vir iemand 'n brief:
'n briefie om dag te sê, 
iemand geluk te wens, 
op te beur of 
jou waardering uit te spreek.
[Helen Steiner Rice]

Friday, 10 October 2025

Vrydag-flits: 4 dinge om te onthou wanneer mense sleg van jou praat

1. Hul woorde sê meer van hulle as van jou!
Mense praat dikwels uit hul eie seer, jaloesie of onsekerheid. Wat hulle sê, weerspieël hul hart, nie jou waarde nie. 
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” - Matteus 12:34

2. God ken die waarheid!
Jy hoef nie elke valse woord te probeer regverdig nie. God sien jou hart en Hy sal jou karakter beskerm. Laat Hom jou verdediger wees.
Geen wapen wat teen jou gevorm word, sal voorspoedig wees nie, en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy veroordeel.” - Jesaja 54:17

3. Stilte is soms krag! 
Jy hoef nie op elke kritiek te reageer nie. Stilbly beteken nie jy is swak nie, dit wys dikwels wysheid en dat jy seker is van wie jy is.
Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” - Eksodus 14:14

4. Hou aan loop in liefde!
Moenie toelaat dat bitterheid jou hart besmet nie. Vergewe, wees ’n seën en gaan aan met jou lewe. Jou reaksie is jou getuienis.
Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” - Romeine 12:21

Laat jou lewe harder praat as hul woorde. 

[Geleen]

Wednesday, 1 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: As jy ...

As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.

Wednesday, 24 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Die engel van die Here trek 'n laer rondom dié wat Hom vrees: Psalm 34:8

Wanneer jy ...
* vertroosting soek, bel Joh. 14 
* gesondig het, bel Psalm 51
* bekommerd is, bel Mat 6: 19 – 34
* in gevaar is, bel Psalm 91
* ons geloofs oë bietjie blind is, bel Heb. 11
* alleen en beangs is, bel Psalm 23
* verbitterd en sinies is, bel 1 Kor. 13
* voel dat almal teen jou is bel Rom 8: 31
* rus en vrede soek, bel Mat 11: 25 - 30
* voel dat die vlees oor jou heers, bel Rom 8: 1 - 30
* die huis verlaat om te gaan werk of te reis, bel Psalm 121
* voel dat jou gebede beperk en selfsugtig is, bel Psalm 6
* bemoediging soek vir ’n taak, bel Josh 1
* dink aan beleggings en opbrengs, bel Mark 10
* depressief is, bel Psalm 27
* vind dat die wêreld klein word en jy groot, bel Psalm 19
Alle lyne is oop: 24 uur, 7 dae van die week 

Wednesday, 17 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: As jy fout soek, sal jy fout vind ...

... maar as jy kyk om die mooi te sien, sal die detail van God skepping en die noukeurigheid waarmee Hy werk, jou meer en meer verras in die mees gewone ontmoetings, 
plekke en prentjies langs jou pad ...
Al wat ons moet doen, is om die mooi in die lewe raak te sien.
Dit sal ons lewenskwaliteit verbeter!

Wednesday, 10 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Lewe een dag op ‘n slag

God het Sy hand op die rat
en Sy oog op die verste draai in die pad.
Daar is twee dae in elke week 
waaroor ons ons nie behoort te bekommer nie. 
Die een is gister, met al sy foute en kwellings, 
sy versuim en kwale, sy flaters en seerkry. 
Gister is verewig verby. 
Dit is buite ons beheer. 
Al die geld in die wêreld kan gister 
nie na ons terugbring nie. 
Ons kan niks wat ons gister gedoen het, 
ongedaan maak nie. 
Ons kan nie ‘n enkele woord wat ons gister kwytgeraak het, 
nou weer terugtrek nie. 
Gister is verby. 
Vir ewig verby.
Die ander dag waaroor ons ons nie hoef te bekommer nie, 
is môre met al sy moontlikhede, 
al sy laste en groot belofte 
en swak prestasies. 
Môre is buite ons onmiddellike beheer. 
Môre sal die son stralend 
of agter ‘n bank wolke opkom. 
Bekommer jou nie oor môre nie, 
want môre bring sy eie bekommernis of vreugde. 
Dan bly daar nog ‘n dag oor - 
Vandag ... 
Dis wanneer ons die laste en seer van gister afgooi, 
en die vrese en bekommernis van môre afgooi, 
na God uitreik en sê: " Here, hier is ek, sondaarmens. Heel my,"
dan het ons genoeg krag vir vandag. 
Dan sien ons kans om vandag voluit te leef. 
Dis nie die doen en late van vandag 
wat ‘n mens oor die afgrond dryf nie,
dis die bitterheid, onvergewengesindheid, seer
en laste van gister, wat ons alweer oordra na môre.
Lewe een dag op ‘n slag, 
dan lewe jy vandag. 

[Geleen]

Wednesday, 3 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Onthou die ses geheime van geluk

1. Maak jou hart skoon van haat.
2. Werp al jou bekommernis op Hom, want Hy sorg vir jou.
3. Leef eenvoudig.
4. Gee meer.
5. Verwag minder
6. Geniet elke dag ten volle - in Jesus-liefde.

Gebed: O Here, U is so getrou. Van die dag van my geboorte af, kyk U na my.  Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar! Ek sien, hoor, kan dink en redeneer, gesels en lag. En as daar 'n traan is, is U daar om te troos. U is groot en magtig. Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader, elke dag is vol van U genade; en dit is alles onverdiend. Bly by my, o Heer - nou en altyd. Amen.

Friday, 29 August 2025

Gedig: Jy kan ...

Jy kan trane uitstort dat sy weg is,
of jy kan glimlag omdat sy geleef het.
Jy kan jou oë toemaak en bid dat sy terug sal kom,
of jy kan jou oë oopmaak en sien wat sy oor is.
Jou hart kan leeg wees omdat jy haar nie kan sien nie,
of jy kan vol wees van die liefde wat jy gedeel het.
Jy kan môre jou rug draai en leef gister,
of jy kan gister môre gelukkig wees.
Jy kan haar net onthou dat sy weg is,
of jy kan haar geheue koester en laat lewe.
Jy kan huil en dink,
wees leeg en draai jou rug.
Of jy kan doen wat sy wil hê:
glimlag, maak jou oë oop, hou lief en gaan voort.

[David Harkins , Britse kunstenaar, 1958-]

Wednesday, 27 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Skud dit af en trap daarop!

'n Boer se ou donkie het eendag in die put ingeval. Die ou dier het ure lank gebalk, terwyl die boer probeer het om 'n plan te maak. Uiteindelik besluit hy toe dat die ou dier reeds te oud is, en die put het in elk geval nie meer water in nie en moet dus maar toegegooi word. Toe nooi hy al sy bure om hom te help om die put op te vul. Elkeen het 'n graaf gebring en begin om grond in te gooi. Die ou dier besef wat aangaan, en protesteer luidkeels. 

Maar, tot almal se verbasing, word dit skielik stil. 'n Rukkie later loer die boer oor die kant van die put en sien wat gebeur. Die donkie skud elke graafvol grond wat op sy rug val, af en trap dit vas. Terwyl die span manne die grond ingooi om die put op te vul, skud hy die grond af en klim elke keer 'n tree hoër.

Uiteindelik tree die donkie oor die kant van die put en draf weg! As die lewe jou probeer onderkry deur alles wat op jou val, moenie moedeloos word nie. Skud dit af en gebruik dit vir 'n trappie boontoe. Moet net nie opgee nie. Skud dit af en trap daarop!

Wednesday, 20 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Sinlose lewe

Vir baie lyk dit asof die lewe geen sin en betekenis het nie.
Oor die verlede voel hulle net selfverwyt.
In die hede bind hulle geen lewensblyheid nie,
en oor die toekoms is hulle onseker en angstig.
Dag na dag,
maand na maand,
jaar na jaar
is die lewe vir hulle 'n eentonige trapmeul
van opstaan, gaan werk en slaap.
Selfs 'n rustige tydjie
verbreek nie hierdie kleurlose roetine nie,
want wanneer hulle nie slaap of werk nie,
het hulle niks positiefs of opwindends om die tyd mee te vul nie.
Die waarheid is dat hierdie tragiese toestand
absolute onnodig en afbrekend is.
Nogtans laat mense hulle lewe ten prooi val
deur hierdie onverskillige en nutelose benadering tot hulle bestaan.
Hulle weier om 'n koersaanpassing te maak
wat aanleiding sal gee tot 'n konstruktiewe lewenstyl.
Wie jy ook al is en wat jy ook al doen,
as jy wil lewe en nie net bestaan nie,
is dit noodsaaklik dat jy geloof sal hê in Jesus Christus.
Dit is nodig dat jy 'n intieme en persoonlike verhouding met Hom sal ontwikkel.
Hy is immers die bron van alle lewens.
In alles wat jy doen of onderneem,
moet jy seker maak dat jy binne die wil van God handel.
Gee jou lewe onvoorwaardelik oor aan Hom.
Laat Sy Heilige Gees toe om jou te inspireer
tot 'n nuwe, produktiewe lewe.
Deel met Hom jou vreugde en jou droefheid,
jou ideale en frustrasies.
Praat gereeld met Jesus
en vra Hom om jou Leidsman
en Begeleier te wees deur elke dag.
Hemelse Vader, dankie dat Ek U belofte het dat U met my sal wees, dat ek in U kan leef met alles en elke oomblik wat U my gun. Vader, dat ek dan sal weet dat my lewe nie meet 'n doodloopstraat sal wees nie, maar 'n triomftog tot eer van U wat aan my die lewe in oorvloed gee. Amen.

Wednesday, 13 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Dit maak alles die moeite werd

Dis die DIEP WATERS
wat ons leer SWEM.
Dis die OPDRAENDES
wat ons FIKS maak!
Dis die VASKLOU
wat ons STERK maak!
Dis die UITHOU
wat ons WENNERS maak!
Dis ons GELOOF
in die Almagtige Wonderlik GOD
wat ALLES die moeite werd maak!!

Wednesday, 6 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Goddelike Rykdom

• Jesus het aan die kruis vir ons arm geword, sodat ons deur sy armoede ryk kan word. Hy is verneder, op Hom is gespoeg, die Romeinse soldate het selfs gedobbel vir sy klere.
• Jesus, die Een wat meer as 5000 mense gevoed het, vissers se nette amper laat skeur het van die groot vrag vis.
• Die Een wat goud, diamante en robyne in die aarde geskep het, het jou plek van armoede aan die kruis geneem, sodat jy Sy plek van oorvloed kan neem.
• 'n Goddelike ruil het plaasgevind op Golgota - jou sonde vir Sy geregtigheid en jou armoede vir Sy voorsiening.

Gebed: Ek is geseën met die volheid van die seëninge van die evangelie van Christus. Ek is geseënd in die stad en in die veld; geseënd in my uitgaan en binnekom. Op my pad is lewe en vrede; heerlikheid, oorvloed en ewigdurende vreugde; nou en vir altyd, in Jesus se Naam. Amen.

Wednesday, 30 July 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Oordeel

Mense sê soms hulle is bly die Here oordeel nie die uiterlike nie, maar wat in die hart aangaan.
Dit is die meeste van die tyd 'n erger maatstaf.
Hy sien wat niemand anders sien nie en toets wat in jou gedagtes en emosies aangaan.
Daardie rou, rowwe jy wat nêrens kan wegkruip nie. 
Die mens wat tantrums gooi; 
wat in sy hart moord pleeg, 
wat oordeel, 
wat haat, 
wat vloek 
en skree
wanneer geen mens in die omtrek is nie.
Soms is die uiterlike mooier
en meer aanneemlik
met al sy valsheid
as die waarheid
wat in jou hart heers.