Showing posts with label Uniek. Show all posts
Showing posts with label Uniek. Show all posts

Tuesday, 30 June 2026

Liewe Inwoner, jy is belangrik ...

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

* Jy is Sy handewerk geskape na die beeld van Jesus Christus.
* Hy ken en weet alles, alles is in Sy hand.
* Loop op die pad wat Hy vir jou ingedagte het ...
* Jý is uniek, kosbaar en baie spesiaal in Sy liggaam.
* 'n Kragtige instrument in Sy hand, in Sy Koninkrykslegkaart en Sý liggaam.

[Internet]

Tuesday, 16 June 2026

Liewe Inwoner, jy maak 'n verskil ...

Fil 4:19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

* God weet wat Hy doen.
* Hy is ten volle in beheer van jou lewe - plaas jou vertroue op en in Hom.
* Hy weet waar elke deeltjie inpas.
* Hy weet waar jy in Sy Groot Meesterplan inpas en in Sy Koninkrykslegkaart.

Kom ons gaan verder ...
Jy sê dalk: "Maar waar pas ek in op hierdie stadium van lewe? Ek is in die winter van my lewe en my winterseisoen is nie meer lank nie."
* My liefste kosbare geliefde, jy pas in presies daar waar jy 'n verskil kan maak! Selfs in jou gevorderde ouderdom, maak jy nog 'n verskil. Glo dit en leef dit.

[Internet]

Tuesday, 2 June 2026

Liewe Inwoner, jy maak 'n verskil ...

1 Kor 12
V12: Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
V21: die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
V26: En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
V27: Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

* Ons staan saam in diens tot Sy Koninkryk.
* Elke legkaartstuk is van belang.
* Jy is 'n belangrike skakel in God se Koninkryk. Ander het joù nodig, en jy het ander nodig ...
* Elke legkaartstukkie is uniek, nuttig en van groot waarde.
* Sò ook elke kosbare kind van God, om uiteindelik die geheel God se volmaakte geheel te voltooi.
* Jý is dinamies, baiè kosbaar en super spesiaal in die rol wat jy vervul.
* Die pinkie is miskien klein, maar in die liggaam van Christus hoog geag.
* Jy is hooggeag en maak 'n verskil in God se Koninkrykslegkaart.
* Hoe gering jy ook al mag voel. Jý tel en is belangrik.
* Jy is dalk daardie kragtiger bidder, of die gehoorsame oor wat luister na ander, dalk 'n raadgewer vol wysheid.
* Ander wat altyd met vriendelikheid daar is om te help.
* Ander se teenwoordigheid maak 'n verskil, een wie se woorde lig bring ...
* Hoe kosbaar het God ons gemaak om te blom met dit wat Hy in elkeen van ons gedeponeer het, dit vloei natuurlik uit jou uit na ander om jou.
 Jy maak 'n verskil! 
Jy gee 'n aangename geur af!! 
Jou lig steek ander aan die brand!!
[Internet]

Friday, 9 August 2024

Vrouedag: Watter tipe lekkergoed-mens is jy?


('n Heerlike leesstukkie vir al die vroue op Vrouedag - besluit self watter lekkergoed by jou persoonlikheid pas.)  

Mense vergelyk ander mense soms met diere. Of met vrugte. So kry jy jou “buffels” of “trapsuutjies”. Jou “harde koejawels” of “suur pruime”. Persoonlik voel ek dat die mensdom met lekkergoed vergelyk kan word. Daar is ‘n oneidigheid in kleur, smaak, tekstuur en verpakking.

So kry jy jou malvalekker-mense. Sag van binne en buite. Jou jellie-lekkergoed-mense en paaseier-mense val ook in hierdie kategorie. Hulle is egter die tipe lekker wat jy met ekstra versigtigheid hanteer. Los jy hulle in die Noord-Kaap son, raak hulle hard van buite, maar dalk nog effens sag van binne. Stel jy hulle te lank aan negatiewe elemente bloot, raak hulle binnekante uiteindelik ook hard. Amper oneetbaar.

Dan kry jy jou nikkerbal- en gekookte lekkers-mense. So hard van binne soos van buite. Onwrikbaar. Jy hou van hulle. Of jy hou nie van hulle nie. En visa versa. Hulle verrig die onmoontlike in moeilike tye. Hulle is wie hulle is en maak gewoonlik geen geheim daarvan nie. Mens wonder soms hoe hulle voorbereidingsproses moes wees om so hard aan die ander kant uit te kom.

Ons kry ook die wit-eier-mense. Jy het amper ‘n mes nodig om die buitenste dop te breek, maar dit is waar die hardheid ophou. Binne wag ‘n soet sjokoladelaag wat smelt in jou mond. Die geheim is om nie op te gee op hierdie mense nie. Al lyk dit op die oog af nie so nie, smag hulle daarna dat jy deur die klipharde dop breek en uitvind wat werklik in hulle binneste aangaan. Jy kry ook die teenoorgestelde – die sagte sjokoladelaag buite en ‘n harde neut aan die binnekant. Op die oog af sag, maar jy vind baie vinnig uit dat dit is waar die sagtheid ophou.

Natuurlik is daar jou sjokolade-mense. Mense wie jy opsoek wanneer jy troos nodig het. Dit is gewoonlik iemand na aan jou. Wanneer jy hulle in die Noord-Kaap son los, verloor hulle hulle vorm, maar nie hulle smaak nie. Gee jy hulle ‘n tydjie om af te koel, is hulle weer eetbaar.

Dan is daar die legio ander lekkergoed-mense. Die toffies en die suigstokkies. Die kougom en die sherbet. Die suurwurms en die sout-drop. Soos alles in die lewe moet ons versigtig wees om nie ‘n lekkergoed bloot op sy verpakking te beoordeel nie. Soms is dit die aangenaamste lekker wat uit die onopvallendste verpakking te voorskyn kom. Soms is daar die teleurstelling van ‘n ongelooflike verpakking met ‘n nie so smaaklike lekker daar binne nie.

Volgens my, wat al in vier provinsies gewoon het, is die mense van sentraal Suid-Afrika, maar veral die Noord-Kaap, my gunsteling lekkergoed-mense. Hulle gasvryheid en omgee in swaar tye oortref enige ander provinsie se lekkergoed-mense.

Almal van ons is uniek. Ons verskille maak die lewe interessant en ons vul mekaar aan, al voel dit nie altyd so nie.

Watter tipe lekkergoed-mens is jy?

[Karin Muller: Noordkaap 2014-04-22. Besoek gerus Netwerk24 (Noordkaap Bulletin) se gereelde rubrieke - daar is baie pitkos in hierdie rubrieke.]

Friday, 5 July 2024

Vrydag-terugflits: Elkeen is uniek ...

Min of meer alle begrippe in ons taal wat tyd of hoeveelheid aandui of beskrywend is, is relatief van aard.

Wat die modebewustes as elegant bestempel, mag jy as skreeulelik ervaar.

Terwyl een persoon mag dink die werk is onmoontlik baie, mag dit dalk vir iemand anders haalbaar wees.

As jy min geslaap het, mag iemand anders dit as heeltemal voldoende beskou. Wat vir die een persoon baie is, is vir die volgende persoon min. Wat vir die een persoon lank is, mag vir 'n ander persoon kort wees.

Alles hang van jou verwysingsraamwerk af. As jy met die minimum moet klaarkom, kan jy nie verstaan waarom sekere artikels as winskope bemark word nie. Die hoeveelheid kos of slaap of werk of ontspanning waaraan jy gewoond is, is nie noodwendig waaraan ander mense gewoond is nie.

Wonder jy waarom mense wat jy dink 'n groot inkomste verdien steeds skuld het, sal daar iemand anders wees wat dieselfde oor jou wonder aangesien hulle minder as jy verdien.

Inwoners van Hartswater of Hopetown mag Kimberley as 'n stad beskou. As jy in Kimberley woon, voel jy waarskynlik dat Bloemfontein 'n stad is. As Bloemfonteiner sal jy heel moontlik Pretoria, Kaapstad of Durban as 'n stad bestempel. Daar sal altyd iemand wees wat meer of minder het en daar sal altyd iemand wees wat meer of minder doen.

Ons verwysingsraamwerk is so uniek soos ons menswees. Soos 'n vingerafdruk of DNS waarvan geen mens s'n dieselfde is nie. Al veroorsaak dit soms konflik is dit ook wat interessantheid en verskeidenheid aan die lewe verleen.

[Bron: Noordkaap - Potpurri - Karin Muller] 

Thursday, 5 January 2023

Tyd is 'n deposito in God se bank


Moenie dink jy beteken niks & God gee nie om nie.Onthou in Sy Woord sê Hy: jou naam is in My handpalms ingegraveer
en My oog sal op jou wees.
Jy is uniek en God het jou lief!
Hy neem jou gisters, Hy hou jou môres,
Hy gee jou vandag en Hy belowe jou 'n ewige lewe.
Tyd is deposito wat elkeen van ons in die bank van
God het en ons weet nie wat die balans is nie.
Maak dus elke oomblik die moeite werd.
Mag die Vader jou vandag seën bo al jou verwagtinge!
Mag jy 'n uitsonderlike dag geniet!!

Tuesday, 7 April 2020

Blou rose: Uniek en anders ...

Daar is party mense wat soos blou rose is - uniek ... anders. Ons moet net leer om hulle raak te sien. Gaan lees gerus die verhaal van so 'n blou roos-kind. Dit is onder die afdeling inspirasiestories.

Thursday, 28 July 2016