Dankie liewe, kosbare Heer, vir al U seëninge en vertroetelings in ons lewe. Daar is so baie dinge waarvoor ons vir U kan dankie sê, as ons begin skryf, sal ons nooit kan ophou nie. Daarom vra ons vir U om liewers ons hart se gordyntjies weg te trek en daarin te loer. Dankie dat ons die warmte van Ú sorgsame Vaderarms om ons kan voel en Ú hartklop in ons hart kan ervaar. Maak ons vandag Ú wonderlike voorbeeld, sodat as ander na ons kyk dat hulle vir Ú sal raaksien en verlang om U beter te leer ken. Dankie dat U ons liefhet met 'n ewige, vergewende liefde. Amen
Showing posts with label Gebed. Show all posts
Showing posts with label Gebed. Show all posts
Monday, 28 September 2026
Sunday, 27 September 2026
Oomblik van stilte: 2 Korintiërs 12:9
God sê vir die apostel Paulus sê: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”
God gee vir ons genade vir elke dag. En die genade wat Hy vir ons gee vir vandag is nie bedoel vir môre nie. Hy gee jou vandag genade vir vandag se behoeftes. Moenie bekommerd wees oor môre se behoeftes. Wanneer môre kom, sal daar verseker vars voorraad van Sy genade wees!
Gebed: Here vandag rus ons in U getrouheid, ons fokus op vandag se genade wat aan al die eise van ons behoeftes voorsien. In Jesus naam. Amen!!
Gebed: Here vandag rus ons in U getrouheid, ons fokus op vandag se genade wat aan al die eise van ons behoeftes voorsien. In Jesus naam. Amen!!
[Aangestuur]
Labels:
2 Korintiërs,
Gebed,
Genade,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Monday, 21 September 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Gebed van 'n ouma
Agter my lê die spore van my lewe,
Voor hulle strek my gebede:
"Vader in die hemel hoog,
Span U liefde soos 'n boog
Oor hulle, so klein en teer
Dat hul van kleinsaf van U kan leer.
Voor my sien ek hul laggies.
As dit U wil is, werk maar saggies.
Want hul lê baie na aan my hart.
Hul seerkry is ook my smart.
My grootste bede egter Heer:
Dat hul, hul hartjies tot U sal keer.
Neem hul handjies in U Hand,
Want ouma het hul aan U verpand."
Voor hulle strek my gebede:
"Vader in die hemel hoog,
Span U liefde soos 'n boog
Oor hulle, so klein en teer
Dat hul van kleinsaf van U kan leer.
Voor my sien ek hul laggies.
As dit U wil is, werk maar saggies.
Want hul lê baie na aan my hart.
Hul seerkry is ook my smart.
My grootste bede egter Heer:
Dat hul, hul hartjies tot U sal keer.
Neem hul handjies in U Hand,
Want ouma het hul aan U verpand."
[Internet]
Sunday, 20 September 2026
Oomblik van stilte: Psalm 145:14
Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun die wat bedruk is.
Dit is nie 'n skande om soms op 'n ashoop te sit nie! Job het ook daar gesit, en hy het alles wat hom neergedruk het oorwin. Ons almal beleef soms menslike emosies. Die goeie nuus is dat God ook depressie verstaan, dat Hy donker huil-harte ken en dat Hy ook die antwoorde op ons doellose vrae het. Lê dit net voor jou Hemelse Vader se voete neer. Wanneer jy te lank daar vertoef het is dit soms nodig om mediese hulp te kry. God wil hê dat ons almal positiewe en gelukkige mense sal wees. Maak werk daarvan, gaan sit by Sy voete en vind die rus en vrede wat Hy kan bied. God is lief vir jou, neem Sy hand en Hy sal jou deur die donkertye lei.
My grote God, wees my lig wanneer dit donker om my is. Wees my vriend wanneer ek alleen voel en hou my vas wanneer ek sukkel om regop te bly. Wees my genadig my Heer en ek wag op U seëninge. Amen
[Aangestuur]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Psalm
Monday, 14 September 2026
Vandag se internetgebed vir jou: ’n Gebed is ’n kosbare geskenk
“Here, ons dank U vir die kosbare lewens van ons bejaardes. Seën hulle met gesondheid, vreugde en rus in U. Gee dat hulle altyd U liefde sal ervaar, en dat ons as jonger geslag hulle met respek en eer sal dra. Mag hulle lig skyn en ons altyd herinner aan U getrouheid. Amen.”
Monday, 7 September 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Op U, Heer, wag ek ...
Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop.
Klaagl. 3:25
Liefdevolle Vader, stil in gebed,
wag ek op U, en
U vul my hart met alles wat U is ...
Ek wag op U,
Ek wag op U,
U stralende lewenskrag vloei in en
deur my en maak my gesond en sterk ...
Ek wag op U,
Ek wag op U,
U liefde vul my hart en vloei deur my,
'n magtige stroom van liefde
tot seën van alles en almal om my ...
Ek wag op U,
Ek wag op U,
U lig skyn helder op my lewenspad ...
Ek wag op U,
Ek wag op U,
en word geseën met idees wat voorspoed bring ...
Op U wag ek Heer,
Op U wag ek Heer,
elke oomblik van elke dag.
Rustig en kalm, sterk en geïnspireerd,
deel ek die seën van U lig,
U liefde en krag met andere.
Waar ek ookal mag gaan,
wag ek nie meer nie,
want ek weet U is met my,
en elkeen wat my pad mag kruis,
word geseën in die heerlikheid
wat ek oorvloediglik deel met my medemens ...
Amen.
Sunday, 6 September 2026
Oomblik van stilte: Johannes 16:33 - Weerstaan Mismoedigheid
“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
• Wanneer ons beheer oor ons denke verloor en mismoedig word het ons die geveg verloor teen die duiwel.
• Ons word so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor en mismoedig word.
• Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie.
• Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur.
• Geliefde Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is. Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid.
• Dit is waarom Jesus vir jou vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.
Gebed: Here, U het die wêreld reeds oorwin. U het al my smart, my lyding, my swaarkry, my probleme, my bekommernisse op U geneem en die prys daarvoor betaal. Daarom bid ek om nooit mismoedig te word nie. In Jesus naam. Amen

Johannes,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Monday, 31 August 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Seëninge
mag die Here sy aangesig oor jou laat skyn
en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef
en aan jou vrede gee.
In Jesus naam.
Amen
Sunday, 30 August 2026
Oomblik van stilte: Ps. 31:16a
My tye is in u hand;
Die Here is jou rots en jou bergvesting; en om sy Naam ontwil sal Hy jou lei en jou bestuur. (Vers 4)
Die Here het jou tye vir jou klaar voorberei en uitgelê.
Die Here hou jou weg van veglustig en geweldadige mense, sodat jy nie mismoedig word nie.
Wanneer God se tyd aanbreek en Hy jou uitstuur, het die engele klaar die klippe uit jou pad gerol, sodat jy op 'n gelykpad kan loop en nie struikel nie.
Dankie, my Grote Vader, vir U tyd. Geloofd sy die Here, want Hy het sy goedertienheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad. ln geregtigheid stuur U my uit om God se heil te bring. Lagai roi, u sien alles raak, en niks is vir u weggesteek nie. Maar ek vertrou op U, o Here! Ek sê U is my God. Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertienheid. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Psalm
Monday, 24 August 2026
Internetgebed: Die Here vee jou trane af
Hemelse Vader,
ek bid spesiaal vir die persoon wat nou hier lees ...
Die Here vee jou trane af.
Hy genees jou seer.
Hy bring kalmte in jou verwarde emosies.
Hy genees jou liggaam en
seën jou met voortdurende gesondheid.
Hy bou jou innerlike krag op met die Heilige Gees.
Hy voorsien in al jou nood en behoeftes.
Hy seën jou met blydskap, geluk en vrede.
Ontvang dit nou in Jesus Naam ...
Amen
Sunday, 23 August 2026
Oomblik van stilte: Romeine 6:11
So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Jy was dood in sonde, maar Christus het jou vrygemaak tot eer en verheerliking van die Vader.
Christus het vir die sonde eens en vir altyd gesterwe, maar nou kan jy die lewe wat jy leef, leef vir God. (vergelyk vers10)
Jy is nou onder die genade en nie meer onder die wet nie. (vers 14)
En, vrygemaak van die sonde, het jy diensbaar geword aan die geregtigheid. (vers 18)
Dankie, liefdevolle Vader, U het lankal geweet dat ek dit nooit sou maak nie, dat ek net te diep in die sonde is. My oue mens is saam gekruisig, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak word en ek nie meer die sonde dien nie, (vers 6). Want as ek met U saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan u dood, sal ek dit tog ook wees deur dié aan u opstanding, (vers 5). Ek wat gesterf het, is geregverdig van die sonde, vers 7. Nou glo ek ook, dat ek saam met U sal lewe. Amen.

{Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Romeine
Monday, 17 August 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Jy is 'n Koningskind
Ek lê jou vandag voor GOD neer
Hy ken jou naam, jou lag, jou seer
Hy hou jou vas, wil vertroos
Teen Sy bors druk en liefkoos
Hy ken omstandighede, wat jou pla
Hy hou jou hand, Hy wil jou dra
Hy neem elke las, kommer, en vrees
Ek bid vandag dat jy Sy Gees ervaar
Dat jy staande sal bly, Hy is daar
Moenie kyk na die berg voor jou
Moenie dat versoekings jou onderkry
Jy is 'n Koningskind, geroep by die naam
Hy het jou lief, elke treë stap Hy saam
Jou hand in Syne, Hy sal nooit laat los
My gebed is dat Hy jou seën met als wat mooi is
Liefde, vrede, vreugde, wysheid, vriende,
Glimlagte, sonskyn en gawes van die Gees.

Sunday, 16 August 2026
Oomblik van stilte: Ps. 40:11
U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en heil spreek ek; u goedertienheid en trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
Jy wat God se geregtigheid ontvang het - verniet het jy dit ontvang, verniet moet jy dit ook aan ander vertel.
Vertel die wêreld daar buite van God se getrouheid en sy heil, omdat die Heilige Gees binne-in jou, jou leer en lei met groot bydskap.
Oral, in plaas van met spotters te deel, deel die goedertierenheid en trou van God aan die wêreld, soos die Heilige Gees jou lei en nie omdat jy besluit wat reg of verkeerd is nie.
Doen alles uit liefde vir jou naaste en nie om goed te lyk of 'n verdienste te kry nie.
Vader, ek kom sit nou by u in die Naam van Jesus Christus, gelei in die Gees met u vreugde in my hart. U naam wil ek veheerlik en groot maak. Ek kan nie ophou om u lof en goedheid te verkondig aan ander nie. Ek het U lank verwag en U het neergebuig na my en my gehelp. Groot dinge het U gedoen. Wil ek van u wonders en goedheid spreek, is dit te veel om te vertel. Ek het lus, o my God, om U welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande (verse 2; 6; 9). Amen.

Monday, 10 August 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Dankie
Liewe Jesus ...
Waar begin mens ...?
Hoe sê 'n mens ooit dankie ...?
Waar begin mens ...?
Hoe sê 'n mens ooit dankie ...?
Dankie dat U elke treë van elke dag by ons is ...
Soms wonder ons hoekom dinge moet gebeur ...?
Soms wonder ons hoekom dinge moet gebeur ...?
So baie vrae, seer harte ...?
Jesus, U weet wat U plan vir ons lewe is ...
Help ons om nie ons plan vir ons lewe uit te leef nie ...
Jesus, U weet wat U plan vir ons lewe is ...
Help ons om nie ons plan vir ons lewe uit te leef nie ...
Maar wel dit wat U vir ons beplan het ...
Ons weet dat as ons na U verlang ...
Kan ons net opkyk, op ons knieë gaan, U is altyd daar ...
Kan ons net opkyk, op ons knieë gaan, U is altyd daar ...
U weet van elke ding in ons lewe ...
Soms weet ons nie eers daarvan nie ...
U is liefde ...
Dankie vir al die liefde en omgee ...
Beskerming en vertroosting ...
Dankie vir al die liefde en omgee ...
Beskerming en vertroosting ...
As ons te moeg is ...
Te hartseer is om weer op te staan ...
Gee U vir ons rede om weer voluit te leef ...
Want U het net die beste vir ons beplan ...
U het aan die kruis gesterf ...
Dit sal vir altyd meer as genoeg wees ...
Ek bid dat U elkeen wat hierdie lees styf
sal vashou in U hande ...
Dit sal vir altyd meer as genoeg wees ...
Ek bid dat U elkeen wat hierdie lees styf
sal vashou in U hande ...
Want hulle verdien net die beste!
Amen.
Amen.
Sunday, 9 August 2026
Oomblik van stilte: Jes. 60:2
Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
Die wêreld om jou kan gou mismoedigheid oor jou bring.
Daar is egter 'n woord van die Here vir jou; moenie bekommerd wees nie, want Hy gaan om vir jou 'n plek te berei, en as dit nie so was nie sou Hy vir jou gesê het. (Joh. 14:1-2)
Hy het Sy Vader se geskenk vir jou gegee, die Heilige Gees, die Vertrooster wat in jou woon, omdat jy 'n tempel van God is.
God se heerlikheid sal oor jou gesien word; die son, maan en sterre sal nie meer jou lig wees nie, God Almagtig sal oor jou skyn.
Onse Vader, u glorie en heerlikheid skyn oor my. Jesus, die duisternis kan U nie uitwis nie. U is die Lig van die wêreld. U lig skyn oor u volk en u kinders. U lig skyn oor ons, om u grote Naam te verheerlik en die pad vir ander te verlig. Dankie, Here, die lig wat oor die wêreld gekom het, is U, in al U glorie en heerlikheid. Vanaf die eerste dag van die skepping het U die die en nag aangekondig. U is die Alpha en die Omega. Amen.

Jesaja,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Monday, 3 August 2026
Vandag se internetgebed vir jou: U woord is 'n lamp vir ons pad
Vader God, dankie dat ons elke oggend wanneer ons wakker word die dag met gebed kan begin. Dankie Vader, dat ons ons hele hart in gebed voor U kan uitstort en dat ons na U kan roep om hulp. Dankie Vader, vir die wonderlike voorreg om die Bybel in ons eie taal te kan lees. Help ons Vader om die waarhede van die Bybelse boodskap te aanvaar en in ons lewe so toe te pas dat mense Jesus meer en meer in ons lewe sal sien. Vader, baie dankie vir u Woord wat ’n lig vir ons voet is, ‘n lamp vir ons pad is en ‘n kompas vir ons lewe is. MATTEUS 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Vader ons weet ons kan niks doen sonder U krag en genade nie en neem asseblief ons hande en lei ons op die regte weë, dat alles wat ons sal doen en beplan van U sal wees. Seën ons asseblief met wysheid en insig om so te lewe dat alles wat ons doen tot eer en verheerliking van u Naam sal wees, en ons dank U daarvoor, Amen
Sunday, 2 August 2026
Oomblik van stilte: Judas 5
Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna dié wat ongelowig was, omgebring het.
Dit bring ons ook by die gedagte dat nie almal wat vir My sê Here, Here, die koninkryk van God sal ingaan nie.
Om jou te help, onthou die volgende:
1. Jesus het 'n ewige verbond deur sy bloed met jou gesluit.
2. Sy liggaam is stukkend geslaan ter wille van jou; Hy het nie meer soos 'n mens gelyk nie.
3. Hy het al jou sonde, wat jou in kettings gebind het, gebreek en van jou afgeruk.
4. Hy het al jou siekte en kwale deur sy wonde genees.
5. Hy het die bose oorwin en die hekke van die hel uitgeruk.
6. Hy het jou uit Egipteland (slawerny van sonde) vrygelaat en in belofte aan Abraham, alle volke nasies en tale kom seën en red, deur sy seun Isak.
Vader, ek kom sê dankie vir U genade, wat my sondeskuld kom betaal het. Ek is genees deur Jesus Christus, wat die satan oorwin het en hom van alle kragte gestroop het. Die slae en ewige dood, wat vir my bestem was, het op u hoof neergekom. Vader, U het al my sondes uitgewis. Jesus berei 'n plek vir my voor, waarna Hy my kom haal, sodat ek by Hom kan wees. Amen.

Monday, 27 July 2026
Vandag se internetgebed vir jou:
Here, U ken my,
U sien dwarsdeur my,
of ek sit en of ek opstaan,
U weet dit,
U ken my gedagtes
U ken my gedagtes
nog voordat hulle by my opkom.
Of ek reis en
Of ek reis en
of ek oorbly,
U bepaal dit,
U is met al my paaie goed bekend.
Daar is nog nie 'n woord op my tong nie
Daar is nog nie 'n woord op my tong nie
of U, Here, weet wat dit gaan wees.
U omsluit my van alle kante,
U omsluit my van alle kante,
U neem my in besit.
Dankie daarvoor.
Amen
Sunday, 26 July 2026
Oomblik van stilte: Rom. 9:25 & 26
Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! Daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Moenie vrees dat jy in Suid-Afrika nie 'n kind van God is nie. Ons weet almal dat daar kinders van die Allerhoogste God is, wat God dien en nie sal terugstaan vir hulle God nie; wat weet dat hulle deur hulle geloof in Christus die Seun van God gered is en nie uit hulle werke nie.
God wil jou vandag gerusstel dat jy sy kind is; dat jy genade ontvang het en deur Christus se bloed gereinig en geheilig is.
In al die etniese groepe van Suid-Afrika, is daar opregtes van God Almagtig, wat deur die krag van God, geregtigheid ontvang het op grond van hulle geloof en nie deur werke nie.
Dankie, Here, vir U gerusstellende woord, wat my vrygemaak het van die straf vir my sonde. U krag en genade het my vrygemaak van sonde en U beskerm my van die bose. U is my daaglikse brood. U bloed reinig my. Ek is nou maar eenmaal die geseënde van die Here. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! Daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
God wil jou vandag gerusstel dat jy sy kind is; dat jy genade ontvang het en deur Christus se bloed gereinig en geheilig is.
In al die etniese groepe van Suid-Afrika, is daar opregtes van God Almagtig, wat deur die krag van God, geregtigheid ontvang het op grond van hulle geloof en nie deur werke nie.
Dankie, Here, vir U gerusstellende woord, wat my vrygemaak het van die straf vir my sonde. U krag en genade het my vrygemaak van sonde en U beskerm my van die bose. U is my daaglikse brood. U bloed reinig my. Ek is nou maar eenmaal die geseënde van die Here. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Romeine
Monday, 20 July 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Ek kan vandag jubel
Ons Vader wat in die hemel is, opnuut besef ek vandag hoeveel U vir ons gegee het toe Jesus Christus aan die kruis gesterf het. Om te dink, Hy het met bloed en trane, asook sy sterwe en opstanding vir my verlossing teweeg gebring. Ek jubel vandag in daardie wete en ek dank U daarvoor.
Gee dat by al die eise van elke dagtaak, ons steeds U handewerk sal raaksien. Elke klein blommetjie, elke klein goggatjie, asook die grootsheid van die maan en sterre, ja, alles is bewyse van U majesteit en heerlikheid. Die stilte van die nag en die vrolike gewoel in die oggend, dit alles spreek van U grootheid.
Met blydskap wil ek weer hierdie dag tegemoetgaan. Ek weet, al is my krag min, al is ek nie opgewasse teen die aanslae nie, wil ek tog met moed en vertroue voortgaan. U het beloof om die ootmoedige genade te skenk en om die eenvoudige te lei, daarom is my hoop en vertroue op U, die Almagtige, gevestig.
Bewaar ons van die versoekings van die wêreld. Reinig ons gemoedere, dan sal ook ons uiterlike handelinge rein wees. Maak ons oog, ons tong, ons hand, ja ons alles, werktuie vir U koninkryk en laat dit tot U geregtigheid en tot U verheerliking strek. Amen.
[Mariet Hobbs]
Labels:
Bid,
Gebed,
Grootheid,
Mariet Hobbs,
Vergifnis
Subscribe to:
Posts (Atom)