‘n Bekende Mediese Fonds het ‘n klompie tegnieke bekend gemaak wat jy kan toepas as jy jou breinaktiwiteite wil verbeter. Hulle gee die volgende wenke:
• Verminder jou stresvlakke
• Doen fisiese oefeninge – jou brein baat ook daarby
• Breek weg uit ʼn roetine
• Stel meer eise aan jou brein (soos blokkiesraaisels of breinknopers)
• Doen iets nuuts
• Kry genoeg slaap
• Lees boeke om jou aan nuwe idees bloot te stel
• Lag meer dikwels
• Luister na musiek
• Skryf dinge neer om dit in jou brein in te prent
Jy kan gerus maar weer hierdie wenke stadig deurlees. Dit werk!
Ook Petrus het gedink dat dit nodig is dat ons ons brein wakker moet hou. Hy het gesê:
"Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus" (1 Pet 1:13).
Showing posts with label Blokkiesraaisels. Show all posts
Showing posts with label Blokkiesraaisels. Show all posts
Tuesday, 10 July 2018
Monday, 9 July 2018
Die breinwaarde van blokkiesraaisels ...
'n Studie wat geborg is deur die VSA se National Institute of Aging verbonde aan die National Institute of Health, het ongelooflike bevindings gemaak. 70-jariges wat 10 sessies van kognitiewe opleiding ondergaan het, het dinge helderder onthou, inligting vinniger verwerken meer gedrewe geredeneer.
Daar is talle maniere om die brein te "oefen", bv. lees en skryf, ontsyfering (blokraaisels, letterspeletjies en legkaarte), ontleding en probleemoplossing is almal kragtige "vitamiene" vir jou brein.
(Uit Gesond.Gelukkig. Sonder gier. Deur Lisa Morrone ISBN 978-1-4316-0039-7)
Met al hierdie feite in gedagte, is dit belangrik vir ons hier by Ons Huis dat die inwoners gereeld blootgestel word aan blokkiesraaisels en legkaarte.

![]() |
die inwoners blokkiesraaisel in. Hulle geniet dit vreeslik baie. |
![]() |
| Daar is min dinge so lekker soos die son in die winter. So om "breinoefeninge" in die son te doen, word daar twee vlieë met een klap geslaan ... |
![]() |
| Gaan maak 'n draai by die ACVV FB vir nog foto's. |
Subscribe to:
Posts (Atom)