Showing posts with label Eksamen. Show all posts
Showing posts with label Eksamen. Show all posts

Thursday, 17 October 2024

Oupas en oumas se eksamenwense vir 2024

Ons oupas en oumas hier by Ons Huis se spesiale wense vir ons kleinkinders en ook vir elke matrikulant in dié land is sterkte vir julle belangrikste eksamen, baie voorspoed en seën vir julle toekoms. Ons dink aan julle, bid vir julle en glo dat julle net jul beste sal doen.

Aan ons kinders wat saam met ons kleinkinders eksamen skryf, sterkte, kalmeer maar die knagende senuwees en wees maar die steunpilaar. Dis die laaste skoolhekkie voordat die wêreld daarbuite aangedurf word.

[Klik op die gebed om 'n duideliker beeld te kry.]

Saturday, 29 June 2024

Saterdaglagmedisyne

Die vyfjarige John-Henry kuier by sy oupa en ouma. Hierdie is sy laaste jaar voordat hy skool toe gaan en ouma kon sy pa se arm draai dat hy vir 3 weke by hulle kan gaan kuier, al is dit nie skoolvakansie nie. Sy twee boeties is besig met eksamen, so hierdie is 'n dubbelvakansie. Hy hoef nie saggies te praat, saggies te loop en saggies TV te kyk nie, want by ouma-hulle is daar niemand wat stilte nodig het om te studeer nie.

Na 'n lang en besige dag saam met oupa in die vrugteboord, kom John-Henry by die kombuis ingehardloop en kla dat hy pyn op sy maag het.

Sy ouma lag: "Dit is omdat daar niks binne-in is nie. Kom eet gou jou middagete dat jy beter kan voel."

'n Paar minute later kom oupa die kombuis ingestap en terwyl hy sy hoed afhaal, kla hy dat hy 'n hoofpyn het.

John-Henry lag, want hy ken die antwoord: "Oupa, dit is omdat daar niks binne-in is nie!"