Thursday 30 November 2023

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Dink hieroor: Verantwoordelikheid verruil vir vryheid

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat gereeld Ons Huis se blog lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat ons so vry is dat wetsgehoorsame burgers hulleself moet inkerker teen die vrye beweging van misdadigers.

Klik HIER as jy wil weet hoe 'n mens verantwoordelikheid vir vryheid verruil.

Bankbesonderhede



Wednesday 29 November 2023

Ons moet net leer om om ons te kyk

(Ter illustrasie)
Vroeg vanoggend gaan ek gou stap om my kop skoon te kry. Dit gaan 'n besige dag wees. Vanoggend sien ek selfs die voëltjies raak wat ek nog nooit voorheen op my gereelde staproete opgemerk het nie, miskien is dit omdat ek vanoggend meer fokus op die natuurskoon om my as op die teerpad voor my. Ek wil mos my kop skoon kry.

Teen my gebruiklike aard om net op die teerpad in die woonbuurt te stap, besluit ek om langs 'n stuk veld verby te stap en wat 'n mooi gesig ... na die onlangse reën staan daar 'n plaat van die pragtigste geel blomme. Ek weet nie watter soort blomme, of liewer onkruid dit is nie, maar dit is die mooiste geel. Dis asof ek vandag eers besef dat daar 'n Namakwaland om die draai is, as ek net my oë vroeër oopgemaak het. Maar my vroeë oggendstappie het meer om die kilo's (afstand en gewig) gegaan as oor die natuur. 

Niemand het dit daar geplant nie. Dit groei wild en dit is daar vir almal om te geniet en te waardeer.

En skielik besef ek net weer dat ek 'n lewende God dien.

'n God wat vir elke dag se mooi sorg ... ongeag die seisoen. Al sien ons dit nie altyd raak nie. Dit is daar om in te asem en te geniet.

Ons moet net leer om om ons te kyk.

Woensdagwense: week 48



Tuesday 28 November 2023

Ek sal glo dat U hart goed is, en liefde is.

Al sou die vyeboom nie bot nie, Here, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie. Al sou die olyf-oes misluk, en die lande geen oes lewer nie ...

En al sou die verlang tot diep in my oë gaan lê, en die bang en onsekerheid bietjies-bietjies in my hart wegkruip.

Al sou die pad kilometers vol grond en gate voor my voete uitloop, en my hart se probeer moeg raak.

Al sou my oë sukkel om die son raak te sien, die son wat U elke dag op my pad kom neersit.

Al sou my kop aanhou probeer om my hart te verstaan, en my bid party dae moeg voor U kom kniel ... nogtans sal ek in U bly glo.

Sal ek glo dat U hart goed is, en liefde is.

Nogtans sal ek elke môre stil luister of ek U stem hoor. Want dit is U wat vir my die krag gee om elke oggend op te staan en my stukkie pad voluit te stap.

Dit is U wat my hart se huil stilmaak en die stukkies verlang gaan wegbêre, daar waar dit hoort.

Dit is U wat die verlede se onthou toevou in U hande, en dit eenkant neersit, daar waar dit my nie meer kan raaksien nie.

Dit is U wat langs my kniel en my optel, as die pad vir my te lank word.

Daarom sal ek glimlag oor U.

Daarom sal ek elke oggend U vrede diep in my hart gaan wegbêre.

Daarom sal ek my kop oplig en die lewe stil in die oë kyk ... want U, Here, loop saam met my. Elke dag. Altyd. En dit is vir my genoeg.

Amen

[Anoniem]

Dinsdag-denke: ’n Voorsmakie van wysheid

Die bejaarde leermeester het begin moeg word vir sy jong leerling se alewige gekla en een oggend vroeg stuur hy hom uit om sout te gaan haal.

Toe die leerling terugkom met die sout, gee die bejaarde leermeester die omgekrapte leerling opdrag om ’n hand vol sout in ’n glas water te gooi en dit dan te drink.

“Hoe smaak dit?” vra die ou leermeester.

“Bitter,” antwoord die jong leerling terwyl hy die mond vol soutwater uitspuug.

Die ou leermeester glimlag en vra vir die jong leerling om weer ’n hand vol sout te neem en dit in die meer te gooi. Nadat hy die sout in die meer gegooi het sê die ou leermeester: “Drink nou van die meer se water.”

Terwyl die water van die jong leerling se ken afdrup vra die ou leermeester hom: “Hoe smaak dit?”

“Vars en verfrissend,” antwoord die leerling.

“Kon jy die sout in die water proe?” vra die ou leermeester.

“Nee,” antwoord die jong leerling.

Die ou leermeester gaan sit langs die jong leerling en neem die jongman se hande in syne en sê: “Kom dat ek jou vandag leer oor die sout”

“Die pyn in die lewe is suiwer sout; niks meer en niks minder nie. Die hoeveelheid pyn in die lewe bly presies dieselfde. Maar, die hoeveelheid bitterheid wat ons proe, hang af van die houer waarin ons dit plaas. Dus, wanneer jy in pyn verkeer, is die enigste uitweg om verder heen om jou te kyk, vergroot jou gevoel van alles om jou ... Hou op om ’n glas te wees. Word ’n meer.”

Soms raak ons so vasgevang in ons eie pyn dat ons dink dit is al wat bestaan, maar wanneer ons die pyn rondom ons sien dan besef ons dat die soutwater wat ons nou drink glad nie so bitter is nie.

Monday 27 November 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Dankbaarheid

Dankie, Here, duisend keer dankie
dat ek so wonderlik, onverdiend
begenadig word om u liefde te ervaar.
Laat my iets daarvan aan ander probeer bewys, want ek kan dit nie verwoord nie.

Sunday 26 November 2023

Don't mess with the old dogs

An old Doberman starts chasing rabbits and before long, discovers that he is lost. Wandering about, he notices a lion heading rapidly in his direction with the intention of having lunch.

The old Doberman thinks, "Oh, oh! I'm in deep trouble!"
Noticing some bones on the ground close by, he immediately settles down to chew on the bones with his back to the approaching cat. Just as the lion is about to leap, the old Doberman exclaims loudly, "Boy, that was one delicious lion! I wonder, if there are any more around here?"

Hearing this, the young lion halts his attack in mid-stride, a look of terror comes over him and he slinks away into the trees. "Whew!," says the lion, "That was close! That old Doberman nearly had me!"

Meanwhile, a squirrel who had been watching the whole scene from a nearby tree, figures he can put this knowledge to good use and trade it for protection from the lion. So, off he goes.

The squirrel soon catches up with the lion, spills the beans and strikes adeal for himself with the lion.
The young lion is furious at being made a fool of and says, "Here, squirrel, hop on my back and see what's going to happen to that conniving canine!"

Now, the old Doberman sees the lion coming with the squirrel on his back and thinks, "What am I going to do now?," but instead of running, the dog sits down with his back to his attackers, pretending he hasn't seen them yet, and just when they get close enough to hear, the old Doberman says "Where's that squirrel? I sent him off an hour ago to bring me another lion!"
 
Moral of this story:
Don't mess with the old dogs ... Age, experience and skill will always overcome youth and treachery. 
Always listen to your wise grandparents - they can always make a plan when a situation seems impossible.

[Thanks, Rosetta]

Saturday 25 November 2023

92 000+ e-besoeke

Saterdag het Ons Huis 3 497 e-besoeke gehad. Baie dankie vir julle kuiers. Dit wil voorkom asof die rugbykyktyd nou uitgebrei het na onder andere Ons Huis se blog.

Saterdaglagmedisyne

Hoe weet jy dat jy begin oud word?
Jy loop nie meer jou pêlle in 'n kroeg raak nie, maar in Dis-Chem.

Friday 24 November 2023

PASOP VIR WOORDE!


Pasop vir woorde, woorde is kragtig en dra meer krag às wat jy besef. 

Om die volgende te spreek is om iemand ÓF jouself 'n vloek op te lê. 

Let op op jou woordeskat as dit soos volg daaruit sien. 
1 . Ek is altyd moeg
2 . Hy of sy sal nooit regkom nie.
3. My huwelik is net 'n gemors.
4 . Ek is so sieklik
5. Ek bly swaar kry.
6. Die onheil tref hulle of my altyd.
7. Ek is bestem om swaar te kry.
8. Ag, die Here hoor my nie (soek jy Hom 'n bietjie?)
9 . Die kinders maak my moeg.
10. Ek is maar altyd die swartskaap

Soos jy spreek só sal dit wees. Ons woorde is ons eie ondergang.
Wéés dus stadig om te praat en vinnig om te dink.
Die Woord sê dit wat in die mens se hart omgaan, so sal hy wees.
GOD het jou lief ... beoefen eerder "The Power of Positive Thinking!"

[Dankie, Babsie, dat jy hierdie met ons deel.] 

Thursday 23 November 2023

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Dink hieroor: Om te ween is goed

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat party goete in die lewe praat 'n man nie; jy leef dit net.

Klik HIER as jy wil weet hoekom dit goed is om te ween.

Tuesday 21 November 2023

Dinsdag-denke: Gelowige versus ongelowige

Lank gelede was daar ’n man wat graag die verskil wou weet tussen die gelowiges en die ongelowiges, want dit wat hy in die alledaagse lewe kon sien, het vir hom geen aanduiding gegee van die verskil nie.
Albei groepe het baie seëninge ontvang soos gereelde reën, suksesvolle oeste, geen groot teëspoed nie.

Hy het ernstig gebid dat hy die verskil tussen die twee groepe kon verstaan.

Eendag terwyl hy in die veld wandel, kom daar ’n engel na hom en deel hom mee dat hy gestuur is om aan hom te toon die verskil tussen die gelowiges en die ongelowiges.

Die engel het hom weggevoer en aan hom gesê dat hy hom eers gaan wys hoe dit met die ongelowiges gesteld is.

Hulle het in ’n groot vertrek gekom waar daar baie mense rondom ’n groot pot met bredie gesit het. Elkeen was uitgehonger en desperaat om van die bredie te eet.

Elkeen het ’n lepel gehad wat tot in die pot kon bykom, maar die lepel se steel was langer as hul eie arm gewees en hulle kon die kos skep, maar hulle kon nie die kos in hul mond kry nie..

Die lyding was verskriklik.

Die engel neem die man en sê: “Kom, nou sal ek jou die gelowiges gaan wys.”

Hulle het ’n ander vertrek binnegegaan, soortgelyk aan die eerste vertrek, die mense om die pot bredie, die langsteellepels. Maar almal was gelukkig en goed gevoed.

“Ek verstaan dit nie,” sê die man. “Hoekom is die klomp hier so gelukkig en opgeruimd, terwyl die ander in die eerste vertrek verhongerd en misrabel is terwyl alles dieselfde is?”

Die engel glimlag. “Ah, dis baie maklik,” sê hy. “Hier het hulle geleer om mekaar te voed met die langsteellepels.”

Monday 20 November 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Oggendgebed

HERE, wat 'n pragtige dag,
na n wonderlike nag.
Skenk my die krag om alles te kan vermag
wat hierdie dag van my verwag.
Skenk my geduld as ek vir iemand wag.
En as ek kwaad word, hou my stemtoon sag.
Leer my om vir myself te lag,
en 'n glimlag te deel eerder as om vir een te wag.
Maak my elke sekonde bewus van U skepping se prag
En laat my nooit twyfel aan U mag.
Amen.

[Geleen]

Sunday 19 November 2023

Wil jy 'n welwillendheidsbydrae maak?


Dikwels het 'n mens 'n behoefte om uit te reik, veral oor die kersseisoen, maar jy weet nie waar, hoe en wat nie.

Jy kan nooit verkeerd gaan om 'n pakkie by enige ouetehuis af te gee nie. Daar is soveel gaatjies om toe te stop en soveel benodigdhede, dat niks wat daar afgelaai word, verlore sal gaan nie.

By die siekeboeg is daar altyd 'n behoefte aan Savlon, tandepaste, tandeborsels, babapoeier, seep, sjampoo, doeke, toiletpapier en waslappe.

In die algemeen is skoonmaakmiddels 'n welkome bydrae. Van skottelgoedwasseep tot seeppoeier vir wasgoed.

Gaan maak gerus 'n draai by ons wenslysie op die tuisblad en kyk waar lê ons groot behoeftes.

Hou asseblief ons seniors en die personeel gereeld in julle gebede. 

Thursday 16 November 2023

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Dink hieroor: Kyk my vas ...

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag vertel oom Klaas hoe jy weet dat 'n man wat jy pas ontmoet het, nie op kronkelpaadjies sluip nie en dat hy sy pad reguit met vaste tred stap. 

Klik HIER as jy van die klong met die reguit kyk en die groet met die oë wil weet.

Wednesday 15 November 2023

God se genade

Daar was eens 'n man met die naam George Thomas. Hy was 'n pastoor in 'n klein dorpie in New England. Een Paassondagoggend het hy ingekom met 'n ou geroeste voëlhok en dit op die kansel gesit.  Wenkbroue het gelig en in reaksie daarop het die pastoor begin praat ...

"Ek het gister deur die dorp gestap en gesien hoe 'n seuntjie hierdie voëlhok na my toe swaai. Onder in die hok was daar drie wilde voëltjies wat van vrees en koue gebewe het. 

Ek het hom gestop en gevra: "Wat het jy daar, my seun?"

“Net ’n paar ou voëltjies,” kom die antwoord.

“Wat gaan jy met hulle maak?” het ek gevra.

“Ek gaan hulle huis toe vat en 'n bietjie pret saam met hulle hê,” het hy geantwoord. "Ek sal hulle 'n bietjie terg, hulle vere pluk en hulle laat baklei. Ek gaan baie lekker speel."

"En as die pret verby is, wat gaan jy dan doen?"

"O, ek het 'n paar katte," sê die seuntjie. "Hulle hou van voëls. Ek gaan hulle vir my katte gee."

Die dominee raak vir 'n oomblik stil. 

"Hoeveel wil jy vir hierdie voëls hê, my seun?"

"Huh??!!! Hoekom? Jy wil nie hierdie voëls hê nie. Hulle is gewone ou veldvoëls. Hulle sing nie en is nie eers mooi nie."

“Hoeveel?” vra die dominee weer.

Die seun het die pastoor gekyk asof hy mal is en gesê: "$10"

Die pastoor steek sy hand in sy sak en haal 'n tiendollar-noot uit.  Hy het dit in die seun se hand gesit.  Binne 'n oogwink was die seuntjie weg.

Die dominee het die hok opgetel en dit versigtig na die buitewyke gedra, waar daar 'n boom en 'n veld was. Hy het die hok neergesit, die hokdeur oopgemaak en deur liggies aan die tralies te klop, het hy die voëls na buite gejaag en hulle vrygelaat. Wel, dit verklaar die leë voëlhok op die kansel. 

Toe begin die pastoor die volgende storie vertel:

Eendag het Satan en Jesus 'n gesprek gehad. Satan het pas uit die tuin van Eden gekom en het vrolik daaroor gespog. "Ja, Meneer. Ek het nou net 'n hele wêreld vol mense daar vasgekeer. Ek het strikke gestel, hulle gelok en hulle kon nie weerstaan ​​nie. Ek het almal!"

“Wat gaan jy met hulle doen?” het Jesus gevra.

Satan antwoord, "O, ek gaan pret met hulle hê! Ek gaan hulle leer hoe om te trou en te skei. Hoe om mekaar te haat en voordeel te trek. Hoe om te drink, te rook en te vloek. Ek sal hulle wys hoe om gewere en bomme uit te vind en mekaar dood te maak. Ek gaan regtig baie pret hê!"

“En wat sal jy doen as jy klaar met hulle is?” vra Jesus.

“O, ek sal hulle doodmaak,” straal Satan van trots.

“Hoeveel wil jy vir hulle hê?” vra Jesus.

"O, jy wil nie hierdie mense hê nie. Hulle is nie goed nie. Hoekom? Jy sal hulle vat en hulle sal jou haat. Hulle sal op jou spoeg, jou vervloek en jou doodmaak. Jy wil nie hierdie mense hê nie!!"

“Hoeveel?” vra Hy weer.

Satan het na Jesus gekyk en gespot: "Al jou bloed, jou trane en jou lewe."

Jesus het gesê: "GEKOOP!"  En toe betaal Hy die prys.

Die pastoor het die hok gevat en die kansel verlaat.

[Johannes 10:10] 

Gaan dink gou mooi ...

Nie een van ons is dieselfde nie.
Nie eers naby nie. 
Binne-in jou het God ietsie ekstra gesit. 
Jy ken daardie vriendin wat net maklik lag.
Nou God het in haar 'n lepeltjie ekstra joy bygeroer.  
Dan ken jy daardie vriendin wat altyd so kalm kan bly, no matter what. 
God het in haar twee teelepels ekstra kalmte bygesit. 
So het ons elkeen iets ekstra gekry. 
Jou opdrag is eenvoudig, gaan deel jou ekstra vandag en elke dag verder vorentoe. 

As iemand ooit weer vir jou sê jy is te veel of te ekstra, dan sê jy: "My ekstra is nie God se hand wat geglip het nie, dit is 'n opdrag van God om dit met die wêreld te deel." 

[Dankie, Rosetta! Klik HIER om kennis te maak met die skrywer en motiveringspreker en lees gerus haar blog.]

Woensdagwense: week 46


Tuesday 14 November 2023

Dinsdag-denke: Jack Russel se blydskap

Diegene van julle wat honde het, veral klein honde soos 'n Jack Russel of so, wat buite slaap sal vanoggend presies weet waarvan ek praat.

In die oggende is daar ’n hele ritueel wat gevolg word (hmmm, baie duidelik hou ek van ’n vaste roetine) - staan op, gee die kat kos, want hy kerm al van vroeg af dat sy bak leeg is, gaan skeer en borsel tande, trek aan en sluit die deure oop.

Wanneer ek die deur oopsluit wat naby die honde se hok is, dan is hulle soos blits daar, maak nie saak hoe warm, hoe koud, hoe donker of hoe lig dit is nie - hulle is altyd bly om jou te sien. Hulle blydskap om jou te sien is eintlik ongelooflik, mens sou dink hulle het jou weke laas gesien.

Dis nie ’n kwessie dat hulle sterte waai nie, ek dink eerder hul sterte swaai hul lyf rond.

So is dit oggend vir oggend, maak nie saak of jy bietjie vroeër of bietjie later oopmaak nie, die blydskap is oorweldigend.

En al wat hulle soek is ’n hallo’tjie en ’n klein vryfie op die rug en hulle is weer heel tevrede om terug te gaan hok toe en bietjie verder te lê.

Vanoggend toe hulle twee weer so vinnig uitkom om my te groet met die oorvloedige blydskap, kon ek nie help om te wonder nie ...

Ek is die hondjies se meester en hulle blydskap is elke oggend asof hulle my weer vir die eerste keer sien en hulle verlang net daarna dat ek ’n ou ietsie vir hulle sê en hulle net so bietjie aanraak - dit maak hulle dag.

Ons Meester wag ook elke oggend vir ons om so na Hom te kom, om net ’n bemoedigende woordjie aan ons mee te deel en om ons aan te raak vir die dag - maar hoe kom ons by Hom aan?
Kom ons ooit by Hom aan?

Ook so vol entoesiasme soos die twee klein Jack Russels of is ons te moeg om eers uit die hok te kom wanneer ons Sy voetstappe of Sy stem hoor?

Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Monday 13 November 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Dankie

Dankie vir die gawe van lewe.
Dankie vir U troue sorg en liefde.
Dankie Here vir U eindelose genade
wat nooit ophou nie.
Aan U ons lof en dank.
Amen.

Thursday 9 November 2023

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Dink hieroor: Swem of sink

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Oom Klaas weet dat mense mekaar nodig het, maar gee mense altyd hulp of is kritiek makliker?

Klik HIER as jy wil weet hoekom swem in die lewe belangrik is.

Tuesday 7 November 2023

Dinsdag-denke: Geniet jou lewe elke oomblik

Eendag lank gelede was daar ’n visserman wat rustig ’n middagslapie onder die boom langs die strand geniet het. Skielik is daar ’n ryk sakeman wat daar verby gaan en hy stap na die visserman en vra aan hom hoekom werk hy nie. Die arm visserman antwoord dat hy genoeg vis vir die dag gevang het om te voorsien in sy gesin se behoeftes.

By die aanhoor van die argument raak die ryk sakeman briesend en vra: “Hoekom vang jy nie meer visse nie in plaas daarvan om hier in die skaduwee te lê en jou tyd te mors?”

Die visserman vra: “Wat sal ek doen as ek meer visse vang?”

Sakeman: “Die ekstra visse wat jy vang, kan jy verkoop en meer geld verdien. Die geld kan jy gebruik om ’n groter boot te koop.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan dan in dieper waters gaan visvang, nog meer visse vang en sodoende nog baie meer geld verdien.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan meer bote koop en ’n klomp mense in diens neem wat vir jou werk en nog meer geld verdien?”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan ’n ryk sakeman word soos ek.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan dan jou lewe in rus en vrede geniet.”

Visserman: “Wat dink jy is ek besig om nou te doen?”

Jy hoef nie vir môre te wag om gelukkig te wees en jou lewe te geniet nie. Jy hoef inteendeel nie ryker of mooier of slimmer te wees om jou lewe te geniet nie.

’n Vername man het eens gesê: “My rykdom bestaan nie uit die omvang van my besittings nie maar uit die geringheid van my behoeftes.”

Monday 6 November 2023

Vandag se internetgebed vir jou: nogtans sal ek glo ...

AL SOU DIE VYEBOOM NIE BOT NIE, O VADER ...
Nogtans sal ek elke môre stil luister of ek U stem hoor ...
AL SOU MY OË SUKKEL OM DIE SON RAAK TE SIEN, O VADER ...
Die son wat U elke dag op my pad kom neersit ...
AL SOU DIE PAD KILOMETERS VOL GROND EN GATE
VOOR MY VOETE UITLOOP ...
NOGTANS SAL EK IN U BLY GLO!!!
Want dis U wat langs my kniel en my optel ...
En ek sal glimlag ...
En elke oggend U vrede diep in my hart gaan wegbêre
daar waar dit hoort ...
NOGTANS SAL EK IN U BLY GLO!!!

Thursday 2 November 2023

Liz' thoughts

Dink hieroor: 'n Skurwejantjie is nie 'n krokodil nie

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn.

Klik HIER as jy wil weet wat die verskil tussen 'n skurwejantjie en 'n krokodil is.