Showing posts with label Gesprek. Show all posts
Showing posts with label Gesprek. Show all posts

Wednesday, 26 November 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Geleende kind

"Ek sal aan jou vir 'n kort tydjies een van my kinders leen," het Hy gesê.

"Om hom lief te hê, solank hy lewe en te rou wanneer hy dood is.
Miskien is dit vir 6 of 7 jaar of 22 of 23,
maar sal jy, totdat Ek hom terugroep, hom mooi oppas vir my?
Hy sal vir jou geluk bring en as sy bly by jou van korte duur is,
sal daar vir jou mooi herinneringe wees as troos in jou hartseer.
Ek kan nie belowe dat hy lank sal bly nie,
want almal moet van die aarde terugkeer.
Maar daar is waarhede op die aarde wat hierdie kind van my moet leer
Die wêreld deur het Ek gesoek na ware opregte leermeester 
en uit die menigte wat in die lewensry was - het ek julle uitverkies.
Sal jy asseblief vir hom al jou liefde gee?
En moenie my haat as Ek hom kom haal om terug te kom na my toe nie.
Ek verbeel my Ek hoor julle sê: 'Liewe Heer, u wil geskied.
Vir al die liefde en vreugde wat u kind ons sal bied,
sal ons die risiko loop van hartseer wat kan kom.
Ons sal hom met teerheid bewaar.
Ons sal hom liefhê solank ons mag.
En vir die geluk wat ons saam ken,
sal ons vir ewig dankbaar bly.
Maar as die engele hom kom haal,
gouer as wat ons beplan het,
sal ons moedig die droefheid dra en probeer verstaan.'"

Friday, 14 February 2025

Vandag het ek die Here gevra om ...

... al my trane weg te vat, want trane bring net seer.

Toe sê Hy: "Nee, my kind, wens liewers Ek gee jou meer"

* Ek sal vir jou trane gee as jy gelukkig is, jy sal trane hê as jy jou geliefdes mis ...

* Ek sal vir jou trane gee as Ek jou baba vir die eerste keer in jou arms lê, en Ek sal jou trane gee as jy 'n gebed van dankbaarheid opsê ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy vir jou kind se oulike sêgoed lag, en hy jou 'n drukkie gee met sy lyfie so sag ...
 
* Ek sal vir jou trane gee as jy by 'n siekbed staan, en die dokter vir jou sê dat alles weer beter sal gaan ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy jou verlore hondjie terugkry, nadat jy gedink het hy is dalk êrens omgery ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy voel jou lewe is verby, en jy skielik weer van êrens nuwe hoop vir die lewe kry ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy van iets hartseer hoor, of as jy jou hart op jou eerste liefde verloor ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy lees van ander se hartseer en smart, want dan, My kind, weet ek jy het nog 'n hart ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy hartseer is, want, my liewe kind, ek sal die storms weer blus ...

* Ek sal 'n kruis op jou pad sit al is dit nie jy wat daarvoor vra, want, my liewe Kind, ek sal nooit dat jy hom alleen dra!!! 

[Dankie, vir die aanstuur, Rosetta]

Sunday, 3 November 2024

Vrae wat die geselskap om die etenstafel 'n hupstootjie kan gee


Vra gerus hierdie vrae aan jou tafelgenote en kyk hoe die gesigte eers op 'n dinkplooi getrek word, daarna breek die lig deur en dan praat die vier of ses tafelgenote gelyktydig. Geniet dit en stuur gerus nog interessante tafelgespreksvrae in.  

Sunday, 16 June 2024

Dankie vir jou, pa ...


Ek wil vandag vir jou vertel, Pa
waarom jy vir my so spesiaal is.
Jy het 'n warm hart, Pa.
Jy is 'n omgee-mens.
Jy maak tyd om te luister. Jy praat reguit.
Jy leef wyd en oop en eerlik.
Jy sien die goeie in ander raak.
Hoe kan ons anders as om jou lief te hê!
Ons kan lekker lag en gesels, ek en Pa.
Ons weet hoe om saam te werk,
en alte dikwels saam te sukkel.
Dan hoor ek Pa sê: "Aanhou, moedhou, kophou!"
en ek weet: ons twee sal uiteindelik bo uitkom.
Jy, Pa, is 'n wyse man. Jy lê reëls neer
wat my veilig op koers hou.
Maar jy gun my ook die ruimte om te leef,
te droom, my gawes en talente te ontdek, te ontwikkel.
Ek waardeer jou oneindige geduld
met my planne en projekte.
Ek sien jou vreugde en trots
wanneer ek sukses behaal.
En loop sake skeef, kan ek op jou reken:
om my op te help, reg te help en my styf vas te hou.
Daarom sê ek dankie vir jou, Pa.
Jy het my lief. Jy loop voor my uit.
Jy is dáár vir my. Jy is vir my 'n voorbeeld.
Jy is ... mý pa!

[Judy Venter]

Sunday, 12 May 2024

Vir Moedersdag

My kind, weet jy dat Mammas ook soms huil.
maar dat ons trane agter ons glimlagte skuil.
Weet jy dat Mammas se harte ook soms wil breek,
maar dat ons dit so ver wegsteek.
Weet jy dat ons soms sit met so min hoop,
en dat ons so hard moet keer dat ons trane loop.
My kind, as jou hart soms so seer is,
en daar niks aan te keer is,
is Mammas die een wat by jul staan,
en dis Mammas wat jul harte so goed verstaan.
Mammas moet sterk wees vir haar kind,
en soms is dit so moeilik om die regte woorde te vind,
want as ons jul moet troos en vashou,
huil ons net so hard in ons mou.
My kind, soms is dit so hartseer om jou te sien huil,
en soms dink mammas terug aan jou kinderdae met jou gesiggie so vuil,
soms verlang ons ook na iemand om ons by te staan,
en soms wil ons arms hê wat om ons gaan.
My kind maar ter wille van jou staan ons sterk,
al maak jou hartseer in ons harte ook 'n merk.
Weet jy dat ons net die beste vir jul soek,
en ons liefde soos 'n storieboek,
want elke bladsy vertel sy eie verhaal,
van 'n mamma wat haar kind nooit sal faal,
en wanneer jul trane in jul ogies skyn,
my kind, weet jy dat Mammas dan ook wil huil?
Ek glo elke mamma voel so.

[Dankie, Anoniem, wat dit met ons deel.]