Showing posts with label Geld. Show all posts
Showing posts with label Geld. Show all posts

Thursday, 23 April 2026

Ouma se wenke: Aftreebeplanning

Ek wil my nie uitgee as 'n finansiële kenner nie, maar die lewe het my 'n paar dinge geleer. Ek deel graag 'n paar wenke oor aftreebeplanning. 

Aftreebeplanning kan in drie (3) stadiums verdeel word: 

* Beplanning voor aftrede
* Beplanning met aftrede
* Beplanning na aftrede 

1. Voor aftrede moet seker gemaak word dat genoeg geld opsy gesit word en die regte beleggingsprodukte gekies word (risiko en opbrengs). 
 
2. Met aftrede moet weer verseker word dat die regte keuses vir die beleggingsproses gemaak word om belasting tot die minimum te beperk en aftrede so gladweg as moontlik te laat verloop. 

3. Na aftrede moet weer besin word oor die manier waarop geld belê moet word, asook hoeveel onttrek kan word. 

‘n Finansiële raadgewer kan jou help om seker te maak dat jy goed beplan vir ’n gemaklike aftrede. Begin vroegtydig bou aan dié belangrike verhouding.

[Idioom: Op 'n mens se oudag wil jy graag geld soos bossies hê.]

Friday, 28 February 2025

Wat is liefde?

Liefde is nie wat jy kan kry nie, maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie, maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee, nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye, nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe nog voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee vir die wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk al het jy niks om iemand te bied nie.
Maar jy het die liefde wat geld nie kan koop nie, dan het jy alles.

[Dankie, Rosetta, vir die deel!]