Showing posts with label Interessant. Show all posts
Showing posts with label Interessant. Show all posts

Thursday, 24 October 2024

Interessante feite: Die storie agter koffie

Daar word vertel dat koffie in die jaar 850 ontdek is toe 'n bokwagter in Ethiopië gesien het hoe sy bokke vroliker as gewoonlik rondtrippel as hulle rooi bessies van 'n plaaslike struik vreet. Die bokwagter het met die bessies begin eksperimenteer en self gelukkiger gevoel.

Die eerste koffiebome vir produksie is in ongeveer 1100 deur die Arabiere geplant wat begin het om koffie te rooster en te brou. Die Arabiere het die qahwa genoem.

Die heel eerste koffiewinkel is in 1475 in Konstantinopel geopen.

Koffie het Europa in die jare 1600 bereik via die hawe van Venesië. Die eerste koffiewinkel in Italië het in  1654 geopen.

In 1652 het koffiewinkels in Engeland begin oopmaak.

Die Engelse woord tips (fooithe) het sy ontstaan gehad in hierdie Britse koffiehuise waar daar 'n bordjie langs die blikkie geplaas is wat gelees het: To Insure Prompt Service. Almal wat goeie diens en 'n goeie sitplek wou bekom, moes 'n munt in die blikkie gooi.

James Kilbourn van Stereo Café in Westdene, Bloemfontein, vertel dat koffie word op koffieplase oor die wêreld heen gekultiveer, geoes en geprosesseer. Sodra dit verpak, verhandel en na die finale bestemming versend is, word die groen bone verhit tot 'n verkose temperatuur oor 'n sekere tyd - hoe warm en hoe lank sal die smaak en sterkte van die koffie bepaal.

Elke tipe boon reageer anders teenoor hierdie veranderlikes, gebaseer op unieke karaktereienskappe.

Koffiebraaimeesters (roast masters) soos James het elk sy eie resep om 'n unieke braaitipe te skep en elkeen kan dieselfde bone braai, maar met verskillende resultate.

Koffie kan op verskillende maniere gebrou word soos filter, espresso, 'n moka-pot, Turks of dompelaar - en op selfs meer maniere bedien word. 

[Bron: Spesiale fokus//koffie] 
 

Tuesday, 17 September 2024

Nuttelose feite vir die interessantheid daarvan

Die plastiekbottels vir gaskoeldrank is vir die eerste eer in 1973 gebruik

Die eerste valskermsprong is in 1912 deur 'n kaptein Berry van St. Louis, Missouri, VSA, gedoen.

Sedert die bekendstelling van die liedjie Memory in die musiekblyspel Cats in 1981 is dit al meer as 'n miljoen keer oor die radio gespeel. 

In jou leeftyd sal jy ongeveer 75 000 liter water drink.

Warm water vries vinniger as koue water.

Die langste woord in die Oxford-woordeboek is pneumonoultramicroscopicsilicovolcanoconiosis.

In 1653 was Adriaan van der Donck die eerste en enigste prokureur in New York.

Die wêreld se oudste roos is in Duitsland en daar word geskat dat dit selfs so oud as 'n 1000 jaar kan wees.

In 1913 was die Rusiese lugdiens die eerste wat 'n toilet aan boord van sy vliegtuie bekend gestel het.

In 1894 het Thomas Edison en WKL Dickinson die eerste filmkamera bekend gestel.

Skerpioene gloei wanneer hulle onder ultravioletlig geplaas word.

'n Rot kan langer sonder water oorleef as wat 'n kameel kan.

Gemiddeld 12 pasgebore babas word daagliks vir die verkeerde ouers gegee.

[Nuttelose feite kan tot interessante tafelgesprekke lei.]