Showing posts with label Brief. Show all posts
Showing posts with label Brief. Show all posts

Sunday, 9 November 2025

Van 'n ouer aan 'n kind!

Ek het jou die lewe gegee, 
maar ek kan dit nie vir jou lewe nie.

Ek kan jou dinge leer, 
maar ek kan jou dit nie maak leer nie.

Ek kan jou probeer rigting gee, 
maar ek is nie daar om jou te lei nie.

Ek kan jou vryheid toelaat, 
maar ek kan nie daarvoor verantwoording doen nie.

Ek kan jou kerk toe neem, 
maar ek kan jou nie maak glo nie.

Ek kan jou leer onderskei tussen reg en verkeerd, 
maar ek kan nie vir jou besluit nie.

Ek kan vir jou mooi klere koop, 
maar ek kan jou nie van binne mooi maak nie.

Ek kan jou raad gee, 
maar ek kan dit nie namens jou aanvaar nie.

Ek kan jou liefde gee, 
maar ek kan dit nie op jou afdwing nie.

Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees, 
maar ek kan jou nie onselfsugtig maak nie.

Ek kan jou leer om respek te hê, 
maar ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie.

Ek kan jou raad gee oor vriende, 
maar ek kan hulle nie vir jou kies nie.

Ek kan jou leer omtrent seks, 
maar ek kan jou nie rein hou nie.

Ek kan vir jou die feite van die lewe vertel, 
maar ek kan nie jou reputasie behou nie.

Ek kan jou vertel van drank, 
maar ek kan nie namens jou NEE sê nie.

Ek kan jou waarsku teen dwelms, 
maar ek kan nie verhoed dat jy hulle gebruik nie.

Ek kan jou vertel van hoë prestasies, maar ek kan hulle nie vir jou
bereik nie.

Ek kan jou vertel van goedheid, 
maar ek kan jou nie forseer om genadig te wees nie.

Ek kan jou waarsku omtrent sonde, 
maar ek kan nie jou standaarde stel nie.

Ek het jou lief as my kind, 
maar ek kan jou nie God se kind maak nie.

Ek kan vir jou bid, 
maar ek kan nie maak dat jy met God wandel nie.

Ek kan jou leer van Jesus, 
maar ek kan nie Jesus jou Koning maak nie.

Ek kan jou leer van die lewe, 
maar ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie.

[Onbekend]

Wednesday, 22 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Kosbare ketting

Vriendskap is 'n kosbare ketting
met skakels van suiwer goud -
dit word met die jare net mooier,
want vriendskap word nie oud!
Spr 17:9 
Wie ‘n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ‘n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
Skryf vandag vir iemand 'n brief:
'n briefie om dag te sê, 
iemand geluk te wens, 
op te beur of 
jou waardering uit te spreek.
[Helen Steiner Rice]

Tuesday, 15 August 2023

Liewe, liewe Jesus

Ek hoop nie ek is te laat met my brief nie, want oupa is baie siek. Nou wil ek net vir Liewe Jesus gou-gou vertel wat oupa van hou en nie van hou nie, sodat as hy in die hemel kom als reg sal wees. 

Liewe Jesus, sê vir ouma sy moet die afval en doekpoeding reghou, want ek dink oupa sal baie honger wees as hy daar kom. Jy weet self hoe ver die hemel van die aarde af is en as mens so lank gery het, is mens baie honger. Sorg tog asseblief dat daar baie boeke is, want oupa het graag gelees toe hy gesond was. Hy hou nie van katte nie, want die kathare laat sy bors toetrek. Hy is mal oor honde, so dit sal goed wees as Liewe Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kan hê.
O ja, Liewe Jesus, oupa snuif ... hy snuif net Singleton, dit sal nie help om ander snuif te koop nie, jy gaan net jou geld mors.

Dan net 'n laaste gunsie, my oupa het nooit van blink goeters gehou nie. Nou lees ek in die Bybel,  in die hemel is die strate van goud. Ag, Jesus, dis nie dat oupa ondankbaar is nie, maar hy sal meer daarvan hou om in die veld tussen die diertjies en voëltjies te bly. So, asseblief, as ouma daar by die blink strate bly, laat sy asseblief dadelik bos toe trek, want as oupa daar kom, moet sy by hom wees. Ek dink ek het nou als gesê wat ek moet.

Stuur hierdie drie xxx vir ouma.

Ek lief jou duisend Liewe Jesus.  

[Klik HIER vir inspirasiestories]

Thursday, 16 April 2020

Liewe Virtuele Kuiergaste

Vandag leen ek by dr. Fanie Harold 'n paar woorde. Hy sê dat 'n mens op jou lewenspad twee soorte mense ontmoet. Die "ek-wil-hê"-mense en die "ek-wil-gee"-mense.

Tydens hierdie grendeltyd het ons in die media gelees en gehoor van al die "ek-wil-gee"-mense. En dat daar so baie van hulle in ons land is. Mense wat uitreik na diegene wat dit die nodigste het.
Dit is met dankbaarheid dat ons weet dat Ons Huis se lesers deel is van die "ek-wil-gee"-groep

Die "ek-wil-hê"-mense is dié mense wat maklik verontreg voel, ontevrede is, gou foutvind en nie maklik gee nie. En as hulle hul in 'n situasie bevind waar hulle verplig voel om te gee, gee hulle met 'n baie swaar hart.

Daarom wil ons vandag uit Ons Huis-geledere dankie sê vir elkeen van die "ek-wil-gee"-mense wat ons pad gekruis het. Sonder om dit te verkondig, het julle aan die inwoners van hierdie ouetehuis gedink.

En in hierdie grendeltyd wat ook 'n gee-tyd is, vra ons dat julle nie die senior burgers wat deur baie mense op die rand van die lewe uitgeskuif is, omdat hulle nie meer aktief in die samelewing kan werk nie, sal dink. 'n Ekstra rolletjie toiletpapier, Handy Andy, seep en ander skoonmaakmiddels kan dinge soveel makliker maak. Kontak gerus die kantoor om 'n reëling te tref.

Mag elkeen van Ons Huis-lesers 'n gesonde en geseënde inperkingstyd beleef.

Groetnis