Thursday 16 April 2020

Liewe Virtuele Kuiergaste

Vandag leen ek by dr. Fanie Harold 'n paar woorde. Hy sê dat 'n mens op jou lewenspad twee soorte mense ontmoet. Die "ek-wil-hê"-mense en die "ek-wil-gee"-mense.

Tydens hierdie grendeltyd het ons in die media gelees en gehoor van al die "ek-wil-gee"-mense. En dat daar so baie van hulle in ons land is. Mense wat uitreik na diegene wat dit die nodigste het.
Dit is met dankbaarheid dat ons weet dat Ons Huis se lesers deel is van die "ek-wil-gee"-groep

Die "ek-wil-hê"-mense is dié mense wat maklik verontreg voel, ontevrede is, gou foutvind en nie maklik gee nie. En as hulle hul in 'n situasie bevind waar hulle verplig voel om te gee, gee hulle met 'n baie swaar hart.

Daarom wil ons vandag uit Ons Huis-geledere dankie sê vir elkeen van die "ek-wil-gee"-mense wat ons pad gekruis het. Sonder om dit te verkondig, het julle aan die inwoners van hierdie ouetehuis gedink.

En in hierdie grendeltyd wat ook 'n gee-tyd is, vra ons dat julle nie die senior burgers wat deur baie mense op die rand van die lewe uitgeskuif is, omdat hulle nie meer aktief in die samelewing kan werk nie, sal dink. 'n Ekstra rolletjie toiletpapier, Handy Andy, seep en ander skoonmaakmiddels kan dinge soveel makliker maak. Kontak gerus die kantoor om 'n reëling te tref.

Mag elkeen van Ons Huis-lesers 'n gesonde en geseënde inperkingstyd beleef.

Groetnis

No comments:

Post a Comment