Wednesday 22 April 2020

Wat is ‘n naam?

Laat my dink aan Alexander die Grote. Hy het die ganse destydse wêreld verower.  Vriend en vyand
het hom gerespekteer as absolute strateeg as dit kom by oorlogvoering.

Niks kon voor Alexander die Grote staan nie! Van sy soldate het hy absolute dapperheid verwag, integriteit en lojaliteit tot die bitter einde toe. Hy het geen bangbroek of lafaard in sy leermag verdra nie.

Sulke manne is sommer summier tereggestel voor al die ander soldate!

Alexander die Grote
Op ‘n dag word ‘n paar jong seuns voor Alexander gebring.  Hierdie seuns het in die geveg omgedraai en bang weggehardloop van die slagveld.

Een vir een van die jong seuns is verhoor en toe voor al die soldate doodgemaak.

Die laaste seun was ‘n mooi fris geboude seun. Nadat die aanklag aan Alexander voorgelees is, vra Alexander aan die jong seun; “Jongman, wat is jou naam?”

Die jongman antwoord verskrik-sag-bang: “A ... A ... Alexander, my Heer!”

Ongeërg vra Alexander met ‘n harde driftige stem: “Jongman, skeer jy gek met my?  Ek vra jou, WAT IS JOU NAAM?”

“A ... A ... Alexander, my Heer!” antwoord die seun.

Die volgende oomblik gryp Alexander die seun voor sy bors en lig hom van die grond op en skreeu-bulder sy dringende vraag uit: “Jongman, ek vra jou ... WAT ... IS ... JOU ... NAAM?”

Al hangende in hierdie sterk man se hande skreeu die seun so hard as wat hy ooit kan: “ALEXENDER, MY HEER!”

Alexander sit die seun weer op sy voete neer; “Jongman, verander jou NAAM of verander jou GEDRAG!”

Lees op HIERDIE bladsy verder.

No comments:

Post a Comment