Showing posts with label 1 Korintiërs. Show all posts
Showing posts with label 1 Korintiërs. Show all posts

Tuesday, 14 July 2026

Liewe Inwoner, wees gerus

1 Korintiërs 14:33 want God is nie n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

Kom ons kyk na 'n legkaart wat uit sy boks op die tafel gegooi word. Alles lê deurmekaar, maar die bouer, die een wat dit bymekaar sit, weet wat hy doen as hy na die prentjie op die boks kyk.

Liewe Inwoner, jy voel dalk asof jy een van die legkaartstukkies is, in die deurmekaar hoop op die tafel. Daar is wanorde tans in jou lewe.
Dit wat bekend was, is versteur, die bekende het verander ...
Dalk gaan jy deur 'n moeilike fase met jou gesondheid. Jy het dalk 'n geliefde aan die dood afgestaan en jy voel op hierdie stadium soos iemand met 'n geamputeerde been.  
Dalk is daar ander uitdagings wat onsekerheid tot gevolg het.
Wanneer die lewe aanstap, gebeur dinge.
Skielik moet 'n blyplek dalk opgegee word, en na 'n kleiner plek verhuis word, jy word van die bekende na 'n onbekende situasie gevat, waarvan jy nie hou nie, wat ervaar ons as mens wanneer sulke dinge gebeur - onsekerheid, wanorde!!!

Wat sê God se woord - God is nie 'n God van wanorde nie ... maar van vrede.
'n God van orde.
Jy mag dalk wanorde ervaar a.g.v. gebeure in jou lewe, omstandighede wat verander ... dit laat onsekerheid, maar God wil jou vandag kom gerusstel.

Hy sal in elke behoefte van jou voorsien.  

[Internet]

Tuesday, 2 June 2026

Liewe Inwoner, jy maak 'n verskil ...

1 Kor 12
V12: Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
V21: die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
V26: En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
V27: Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

* Ons staan saam in diens tot Sy Koninkryk.
* Elke legkaartstuk is van belang.
* Jy is 'n belangrike skakel in God se Koninkryk. Ander het joù nodig, en jy het ander nodig ...
* Elke legkaartstukkie is uniek, nuttig en van groot waarde.
* Sò ook elke kosbare kind van God, om uiteindelik die geheel God se volmaakte geheel te voltooi.
* Jý is dinamies, baiè kosbaar en super spesiaal in die rol wat jy vervul.
* Die pinkie is miskien klein, maar in die liggaam van Christus hoog geag.
* Jy is hooggeag en maak 'n verskil in God se Koninkrykslegkaart.
* Hoe gering jy ook al mag voel. Jý tel en is belangrik.
* Jy is dalk daardie kragtiger bidder, of die gehoorsame oor wat luister na ander, dalk 'n raadgewer vol wysheid.
* Ander wat altyd met vriendelikheid daar is om te help.
* Ander se teenwoordigheid maak 'n verskil, een wie se woorde lig bring ...
* Hoe kosbaar het God ons gemaak om te blom met dit wat Hy in elkeen van ons gedeponeer het, dit vloei natuurlik uit jou uit na ander om jou.
 Jy maak 'n verskil! 
Jy gee 'n aangename geur af!! 
Jou lig steek ander aan die brand!!
[Internet]