Wednesday 29 June 2016

Ons inspirasiestories!

Op dae wanneer ons revolusies baie laag is, is dit nodig dat ons 'n bietjie brandstof inneem uit die inspirasiestories van ander. 

Besoek gerus hierdie nuwe bladsy.  

Die enigste tyd...


John 15:7


Monday 27 June 2016

Friday 24 June 2016

Ons Huis word raakgelees!!

Hier is reeds 287 bladsybesoeke!
Hierdie blog is 'n week op die lug en sonder enige 
advertensie 
(wat wel op 'n later stadium sal volg), het hierdie blog 'n 
lewe van sy eie gekry. 
'n Groot dankie vir bydraes wat ons van lesers ontvang het. 
Julle betrokkenheid maak dié verskil.

Dit wil voorkom of iemand in Amerika HUIS toe verlang...
ONS HUIS... dalk???
  
Kliek op die foto's self om beter te kan lees.

As die lewe my platslaan...


Thursday 23 June 2016

Wednesday 22 June 2016

Tuesday 21 June 2016

Aangename kennis, matrone Joey Serfontein!!

Johanna Serfontein in haar
jong dae in Kimberley!
Mense is lief om te sê dat die wêreld klein is. Daar steek egter baie waarheid in daardie uitdrukking.

André H van Dyk, 'n man wat van geskiedenis hou en skrywer van: "Die Serfontein-familie van Brandrivier tot Kliprivier", deel hierdie foto's met ons. Hy het baie interessante inligting oor hierdie matrone-familie van hom gegee. Hulle is albei familie van die bekende skryfster, Dot Serfontein van Kroonstad. Dot het ook 'n boek oor die Serfonteins uitgegee, "Die Serfontein-atlas". Albei hierdie boeke is tans uit druk.

As enkelouer het Joey Serfontein haar twee seuns alleen grootgemaak. Die twee seuns was eers in Gladstone Primêre skool en later is hulle na Diamantveld Laerskool toe. Hier het Chris Serfontein, die oudste
Chris Serfontein, die oudste seun, en 'n 
onlangse foto van die boom wat hy meer 
as 75 jaar terug by Diamantveld Laerskool
geplant het. 
seun, 'n boom tydens boomplantdag geplant. Op die foto wat einde verlede jaar geneem is, kan die boom baie duidelik gesien word. Dié is knap oor die 75 jaar oud!

Matrone Joey Serfontein is van Kimberley na Johannesburg en nog later het sy 'n matronepos in Pietermaritzburg gehad.

Nog foto's van die merkwaardige vrou!

Monday 20 June 2016

'n Maandagoggend-verrassing!


Matrone Joey Serfontein in die kombuis van "Ons Huis"
se eerste gebou. Hier is sy saam met van die ander
personeellede. Die datum agterop die kosbare foto's
is 1947.

Matrone Johanna, in die wandel bekend as Joey, se
handtekening!
Partykeer word die spreekwoordelike blou Maandag op sy kop gekeer... hierdie keer was dit met 'n foto of drie.

In hierdie geval het mnr. André H van Dyk op "Ons Huis" se blog afgekom, wat maar enkele dae oud is en 7 wonderlike juweelfoto's vir my gestuur van sy oupa se ma wat in die 1940's 'n matrone van hierdie ouetehuis was. Hy het die foto's in sy besit, met byskrifte agter op die foto's in haar handskrif.

Wat 'n heerlike Maandagmôre-vonds!! 'n Groot dankie vir hierdie stukkie geskiedenis wat jy met ons deel.

As daar nog enige van die lesers is wat foto's, staaltjies of  stories met ons wil deel, kontak my gerus. 

'n Stukkie agtergrondgeskiedenis van hierdie matrone en nog foto's volg later. Hou die blad dop!!!  

Saturday 18 June 2016

Wednesday 15 June 2016

Ons eerste treë...

Ons Huis - Tehuis vir bejaardes 1952
Volgens 'n NG Kerk-ringverslag van Hopetown (1904 - 1905) is daar goedkeuring verleen deur die NG Kerk aan die gedagte wat toe reeds ontstaan het, naamlik dat daar 'n Afrikaanse Christelike Vrouevereniging gestig mag word.

Die doelstelling van so 'n vereniging sou spesifiek wees om nood te lenig en lyding te versag - toestande wat ná die Eerste Wêreldoorlog hoogty gevier het.

Met hierdie edele doel voor oë is die ACVV-tak in Beaconsfield gestig met mev. N Powell as presidente. Die tak alhier het in der waarheid deur die jare veel gedoen om in die nood van behoeftiges te voorsien. Besoeke aan siekes tuis waarheen ook voedsel geneem en barmhartigheidsdienste verrig is, sowel as besoeke aan siekes in die hospitaal, het 'n gereelde instelling geword.

Dienste wat op 'n stadium deur die Departemente Volkswelsyn en Pensioene, Kindersorg en so meer verrig word, was in die vroeë jare die selfopgelegde taak van die ACVV. Finansiële steun soos liefdadigheidsinstansies dit deesdae ondervind, was daar glad nie. Slegs die ywer en liefde vir die saak was vir die klein getal lede waarmee die vereniging gestig was, genoeg aansporing om groot struikelblokke uit die weg te ruim.

Namate die werkkring wyer geword het, het ook die nood van eensame en siek bejaardes na vore gekom - soveel so dat die lede die behoefte aan 'n tehuis vir bejaardes sterk aangevoel het.

(Lees verder...)