Showing posts with label Hemel. Show all posts
Showing posts with label Hemel. Show all posts

Friday, 19 June 2026

Gedig: Waterpas

Alles wat eers vas
en argumentloos regop in my was,
dit wat ek in ekwilibrium
skynbaar waterpas kon hou,
alles waaraan mens getrou
drome, gebede en gebeure meet,
het jy so ongeërg skuins kom stoot en nou
struikel planete en mane kosmies deurmekaar,
kompasse swaai versteur
sonder koers of rigting rond
en meer -
tyd maak nie meer sin nie,
daar is geen ouderdom aan ewigheid.

Ek dryf in die klein presisie van 'n lugborrel
heen en weer in 'n waterpas rond
en saans in drome wonder ek:
waar is hemel
waar is grond?

[Ilse van Staden: Watervlerk 2003]

Monday, 29 December 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Wanneer ons bid

ELKE keer wanneer ons BID, is daar ‘n BEROERING in die HEMELE ... en op AARDE. Elke GEBED wat ons BID, sneller ‘n Goddelike REAKSIE in die GEES-DIMENSIE. Die ALLERHOOGSTE GOD mis nie een gebed nie. Elke gebed wat ons BID, het bonatuurlike MOMENTUM en KRAG. Gebed verander nie net OMSTANDIGHEDE vir ons nie. Dit verander ook ONS vir die omstandighede. Soms bid ons vir die BERG om te skuif ... maar dikwels skuif die HERE ons. Soms gee die HERE nie vir ons wat ons gevra het nie, want Hy het iets BETERS in gedagte. Solank ons net glo en verstaan: HY weet altyd die BESTE vir ons. Daarom het HY die LAASTE SÊ! GEBED is altyd ‘n teken van ons KINDERLIKE geloof in die Lewende GOD. Dankie VADER dat U altyd na ons GEBEDE LUISTER! Amen.

Sunday, 9 June 2024

In die Hemel ...

Ek weet jy wonder soms
Hoekom dinge moet gebeur
En ek weet jy't baie vrae
En jou hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jou
Ek sal altyd by jou wees
As jy na my verlang
Onthou
Ek is by jou in die gees

My tyd op aarde is verby
My lewe was afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou
Nooit vergeet

Ek is nou in die Hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie

Ek is nou in die Hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel
Wat sy vlerke om jou hou

Ek sien jou trane elke dag
Ek wens
Ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jy moet huil nie, kyk
Ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jou
Hier in ons Hemelhuis
Ek hoop jy volg die regte pad
Tot hier by die kruis

My tyd op aarde is verby
My lewe was afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou

Nooit vergeet
Ek is nou in die Hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die Hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel
Wat sy vlerke om jou hou

Nou is ek die engel
Wat sy vlerke om jou hou

[Klik HIER om na die lied te luister]

Sunday, 23 May 2021

Om op water te loop (1)


Die dissipels was een nag besig om vis te vang toe 'n storm opsteek. Teen drie-uur het hulle 'n figuur op die water na hulle sien aankom. '...Jesus het dadelik...gesê: "Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek." Petrus sê toe..."Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom." "Kom dan," het Jesus gesê." Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop.' (verse 27-29). Hierdie verhaal leer ons eerstens dat as die opdrag nie van God kom nie, ons dit nie moet doen nie.

Daar is 'n verhaaltjie van 'n man by die poorte van die hemel. Petrus sê: 'Noem een groot daad van jou.' Die man antwoord, 'Wel, ek het 'n vrou gehelp wat deur 'n groep skobbejakke aangeval is.' Hoogs beïndruk vra Petrus: 'Wanneer het dit gebeur?' Die man antwoord: 'Ongeveer 30 sekondes gelede!' Ten einde op die water te kan loop, moet jy onderskei tussen God se stem en jou eie impulse.

Tweedens, dit leer dat om wonderwerke te belewe, dit nodig is om uit ons gemaksone te beweeg. Verbeel jou jy is Petrus. Die storm woed en jy is bang. Die skuit is veilig en gemaklik. Jy sou ook net daar wou bly. Jy mag egter nie, want God het jou geskape om meer te bereik; Hy roep jou om in vertroue te waag en wonders te laat gebeur. Wat is jou skuit?' Enigiets waarop jy vertrou wanneer die storm woed, enigiets wat jou in jou gemaksone hou. Die vreesaanjaendste, maar mees lonende stap wat jy ooit sal neem, is om uit te klim.

Monday, 6 July 2020

Saturday, 8 December 2018

Thursday, 8 November 2018