Showing posts with label Hosea. Show all posts
Showing posts with label Hosea. Show all posts

Sunday, 27 April 2025

Oomblik van stilte: Hos. 12:7

En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.

Op wie sal jy hoop plaas vanoggend? 
God wil jou wys Hy gee om vir jou en wil jou hoop vervul, sodat sy grote Naam verheerlik kan word.
Hos. 13:14a Uit die mag van die doderyk sal ek julle loskoop......
God sal vandag aan jou sy liefde toon want Hy het Homself reeds tot jou gekeer.

Dankie my liefdevolle Vader, dat U reeds 2000 jaar terug tot my gekeer het en my gereinig het, om in u teenwoordigheid te mag staan vanoggend. Ek sien kans vir hierdie dag wat U gemaak het. U my God, is steeds in beheer en u barmhartigheid omvou my en beskerm my. Jesus is my Verlosser en Voorsiener, en ek loof en prys u grote Naam. Ek keer terug na U en sal liefde en reg betoon. Op U hoop ek. Amen. 

Sunday, 15 September 2024

Oomblik van stilte: Hos. 12:7

En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg; en hoop gedurigdeur op jou God.

Laat die wêreld los al is dit baie moeilik en fokus op God en wees lief vir mense. Daar is vir jou net een God. Die God wat alles gemaak het vir Hom alleen moet jy lewe. Christus het vir jou die ware lewe gegee (1 Kor. 8:6)
Die een wat sy lewe ter wille van Jesus verloor sal dit vind maar hy wat sy lewe wil behou sal dit verloor (Matt. 10:39)

Dankie Here, vir die goeie gawe van die ewige lewe. Ek is so dankbaar dat U vir my die ewige lewe gegee het toe ek nog dood in my sondes was. Ek het deur die doop as teken, saam met U gesterf en weer in 'n nuwe lewe opgestaan. Leer my ook die skepping wat U so lief het, ook lief te hê. U is my Redder, my Geneesheer en my Vredevors. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]