Showing posts with label Vriendelikheid. Show all posts
Showing posts with label Vriendelikheid. Show all posts
Friday, 17 April 2026
Wednesday, 1 October 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: As jy ...
As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.
Labels:
Eerlikheid,
Geduld,
Geloof,
Genade,
Goedheid,
Hartsake,
Hoop,
koppie tee,
Liefde,
Respek,
Teetyd,
Vergifnis,
Vriendelikheid
Friday, 2 May 2025
Gee vir jouself 'n groot geskenk en indirek ook vir ander
Maak vriende in die aftreeoord of ouetehuis.
24/7 onder dieselfde dak bied 'n unieke geleentheid aan elkeen om nuwe vriende te maak. Hoekom is dit so belangrik om vriende in die pylvak te hê?
* 'n Vriend luister na wat jy sê, maar hoor ook jou hart.
* Iemand, 'n klipgooi in die gang af, verstaan die hartseer, die verlange en die bangwees van ouer word beter as jou kinders, werkende vriende en gemeentelede - almal in die aftreeoord is mos in dieselfde bootjie.
* Help dra mekaar se laste.
* Hierdie nuutgevonde vriend sal soos 'n warm skuiling wees teen die lewe se stormdae.
* 'n Vriend so naby is meer werd as 'n duisend familielede.
* Die geheim van nuwe vriendskap is om die meeste van die beste te maak en die minste van die slegste.
* Wees vriendelik met elkeen wat jou pad kruis, want elkeen voer 'n innerlike stryd.
Om so 'n vriend in die aftreeoord te maak,
moet jy ook bereid wees om so 'n vriend vir iemand te wees.
Labels:
Geskenk,
Vriende,
Vriendelikheid,
Vriendskap
Thursday, 25 July 2024
Maak die lewe die moeite werd
'n Moeder vertel in 'n tydskrifonderhoud van haar besigheid wat verskuif het en dat die nuwe perseel se groot vertoonvensters uitkyk op 'n baie besige spoorlyn. Die treine het nooit vinnig beweeg op hierdie stuk spoorlyn nie. Haar vierjarige dogtertjie het groot vreugde geput uit die treine wat elke dag, 'n paar keer op 'n dag daar verbygery het. Sy het naderhand die tye van die treine geken, dan het sy vinnig na die groot vertoonvensters gehardloop en vir die treindrywer en die kondukteur gewaai.
Met tyd het hulle ook begin terugwaai, en later het hulle die trein se toeter geblaas as hulle verbykom. Dit het haar dogtertjie se dag gemaak en met 'n groot glimlag op die gesiggie en ogies wat skitter van lekkerkry, het sy op en af gespring en gewaai en gelag.
Dit het vir drie jaar so aangegaan. Toe het dit tyd geword dat haar dogtertjie skool toe moes gaan en na sy haar die eerste dag afgelaai het, het sy baie hartseer na haar werk teruggekeer. Sy het die trein hoor aankom en by die groot venster gaan staan en terwyl die trein verbygekom het, kon sy sien almal se oë soek na die klein figuurtjie wat altyd so vol vreugde vir hulle gewaai het. Sy het by die venster gaan staan en baie hartseer so liggies vir hulle gewaai.
Die volgende dag was dit dieselde en sy het 'n kennisgewing gemaak wat gesê het dat haar dogtertjie nou skoolgaan.
Maar die volgende dag het die trein weer verbygekom en dit was vir haar asof hulle stadiger gery het en die oë het gesoek na die klein lyfie.
Twee dae later het die trein weer verbygekom en die volgende oomblik het dit gestop en oor die spoorlyne het die kondukteur gehardloop en by die voordeur ingekom. Hy het verduidelik wie hy was en wou net weet waar die vriendelike dogtertjie was. Tranerig het die moeder verduidelik dat sy nou skoolgaan en dat sy 'n kennisgewing in die venster gesit het. Hy sê toe dat hulle die kennisgewing gesien het, maar dit nie kon lees nie, en hulle was bekommerd dat sy dalk siek was.
Toe sê hy vir die moeder dat dit die hoogtepunt van sy dag was. Hy het deur groot probleme gegaan en hy was menige dag so moedeloos en as hulle hier verbygery het en haar skitterogies en groot glimlag gesien het, dan het hy sommer vergeet van al sy laste en probleme en dan was die dag sommer mooier.
Wat beteken jou menswees vir ander ...? Voel hulle sleg en depressief as hulle naby jou was of is jy soos die dogtertjie ... 'n ligstraal vir ander wat se stryd baie swaar is. Maar ten spyte van hulle moeilike omstandighede, is jou teenwoordigheid vir hulle 'n ligstraal en om net jou glimlag te sien, is vir hulle so 'n aanmoediging dat hulle sommer beter voel.
Onthou die Woord sê dat ons blydskap in die Here ons beskutting is.
Labels:
Depressief,
Dogtertjie,
Glimlag,
Kondukteur,
Lewe,
Menswees,
Skool,
Treintye,
Vriendelikheid
Subscribe to:
Posts (Atom)
