Tuesday 31 October 2023

Dinsdag-denke: Wat beheer my optrede?

Wat maak my swak? My vrese.

Wat maak my heel? My God.

Wat hou my staande? My geloof.

Wat maak my goedhartig? My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie.

Wat maak my eerlik? My integriteit.

Wat hou my gedagtes skoon? My soektog na ware kennis.

Waaruit leer ek die beste lewenslesse? My foute.

Wat hou my kop omhoog? My trots, nie my arrogansie nie.

Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie? Dit is nooit 'n opsie nie.

Wat maak my suksesvol? My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.

Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen? My selfvertroue.

Wat maak my mooi? My hart!

Wat maak my ’n kind van die Almagtige? My geloof.

Wie is ek? Ek is ’n Koningskind!

"Vir mooi oë, kyk altyd na ander se goeie eienskappe;
vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde;
vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie."

Bankbesonderhede



Monday 30 October 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Skenk my asseblief wysheid

Hemel Vader, skenk my asseblief die wysheid
om te weet wanneer om van ander te verskil,
en wanneer om eerder stil te bly.
Maak my U geloofwaardige volgeling,
juis wanneer my swakhede so oop en bloot voor U lê.
Amen.

[Anoniem]

Saturday 28 October 2023

Wil jy 'n welwillendheidsbydrae maak?


Dikwels het 'n mens 'n behoefte om uit te reik, veral oor die kersseisoen, maar jy weet nie waar, hoe en wat nie.

Jy kan nooit verkeerd gaan om 'n pakkie by enige ouetehuis af te gee nie. Daar is soveel gaatjies om toe te stop en soveel benodigdhede, dat niks wat daar afgelaai word, verlore sal gaan nie.

By die siekeboeg is daar altyd 'n behoefte aan Savlon, tandepaste, tandeborsels, babapoeier, seep, sjampoo, doeke, toiletpapier en waslappe.

In die algemeen is skoonmaakmiddels 'n welkome bydrae. Van skottelgoedwasseep tot seeppoeier vir wasgoed.

Gaan maak gerus 'n draai by ons wenslysie op die tuisblad en kyk waar lê ons groot behoeftes.

Hou asseblief ons seniors en die personeel gereeld in julle gebede. 

Saterdaglagmedisyne

Thursday 26 October 2023

Liz' thoughts

Dink hieroor: Hoe duideliker die kiekie

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. 

Klik HIER om te lees van die duideliker kiekie. 

Tuesday 24 October 2023

Dinsdag-denke: Deeglike slfondersoek

'n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir 'n plaaslike oproep kan gebruik.

Die apteker moes vir hom die nommer skakel want die knaap kon nie lees of skryf nie. Die apteker doen dit en oorhandig die spreekbuis aan die ongeskoolde jongman om te praat.

"Hello," sê die jongman, "Hello, dr. Anderson?"

"Dr. Anderson, u soek nie dalk iemand om te huur om u gras vir u te sny, u motor te was en u aflewerings en al die ander los werkies vir u te doen nie?"

"O, u het alreeds 'n knaap wat dit vir u doen, maar dr. Anderson, is u doodseker u is 100% heeltemal tevrede met die werk wat die knaap vir u doen?"

"Goed dan, dr. Anderson." Toe die jongman die gehoorstuk terugplaas en die apteker bedank vir die oproep, sê die apteker vir hom: "Wag so 'n bietjie ... Soek jy werk, want ek kan doen met 'n handlanger soos jy?"

"Dankie. Oom," sê die jongman, "maar ek het 'n werk."

Verbaas vra die apteker; "Het jy dan nie nou net probeer om by dr. Anderson werk te kry nie?"

"Nee, Oom," sê hy, "u sien ek is die knaap wat vir dr. Anderson werk. Ek het myself maar net 'n bietjie 'opgecheck'."

Weet jy, dit is wat Paulus sê ons moet doen.
In 2 Kor. 13:5 sê hy: "Ondersoek julleself en stel julleself op die proef of julle in die geloof lewe."
Paulus sê ons moet 'n slag "opcheck" of ons verhouding met die Here nog is wat dit moet wees.

Die Here leer vir ons hoe belangrik dit is om 'n slag deeglik selfondersoek te doen - nie net oor ons geestelike lewe nie, maar ook oor ons lewe tuis, teenoor ons gesin, by die werk, teenoor ons kollegas en ook teenoor die werk self wat u vir ons gegee het om te doen. 

Jy is God se oogappel !!!! Sag 2:8

Monday 23 October 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Lei my deur U Woord

Hemelse Vader, lei my deur U heilige Woord verby die sterre tot by die vleesgeworde Woord, Jesus Christus.
Gees van God, bewaar my daarvan dat ek só deur die sterre van die lewe betower word dat ek die regte adres nie vind en by die Woord uitkom nie.
Vergesel my op my daaglikse reis,
wees die lig voor my,
die skadu agter myen die vaste grond onder my sodat ek veilig by my eindbestemming uitkom.
Wees in U groot genade met hulle wat nog soekend is om die regte adres te vind,
die adres van die Koningskind van Betlehem,
ons Verlosser, Jesus Christus, ons Here.
Hef hulle oë omhoog sodat hulle kan sien:
Die Woord het mens geword.
Amen.

[Anoniem]

Sunday 22 October 2023

Vroeë oggendversekering

EK is by jou wanneer die klaviernote van jou lewe vals mag klink en die riviere oor jou wange stroom ... 

Ek staan langs jou by die kruispad en neem saam met jou moeilike besluite: 
  • as jy voel of jy met jou rug teen die muur staan, is dit My hand wat jou sagkens weglei en jou die oop deure laat sien.
  • as die strome binne woed, is dit My stem wat die waters se dreuning stop ... jy's uit My hand gevorm, en Ek ken jou gedagtes. 
  • Ek sien die seer in jou oë en Ek sien die laataand koffiebeker wat alleen staan ... Ek sien My kosbare kind voor My ... moenie bang wees vir die onbekende nie. 
Ek's jou Vader en Ek sal jou nooit alleen laat loop nie.

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie versekering met ons deel.]

Thursday 19 October 2023

Liz' thoughts


 Click HERE for more. 

Dink hieroor: Maak 'n knoop van 'n las

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. 

Klik HIER om meer uit te vind hoe maak jy van 'n knoop 'n las.

Tuesday 17 October 2023

Dinsdag-denke: Ware Talent

Nadat die jongman verskeie boogskutkompetisies gewen het, was hy baie vol van homself en besluit om die bejaarde man in die dorp, wat bekend was vir sy vaardigheid as ’n boogskutter, uit te daag.
Die jongman het sy tegniese vaardigheid bewys toe hy die teiken met die eerste pyl sekuur in die middel tref en met die daaropvolgende pyl sy eerste pyl raakskiet.

“Hoe is daardie vir skiet?” vra hy vir die ou man, “Kyk of jy dieselfde kan doen!” 

Onverstoord, sonder om sy boog te span, beduie die ou man vir die jonge om hom te volg, die berg op.
Nuuskierig oor die ou man se bedoelings, het die jong kampioen die ou man die berg op gevolg tot hulle by ’n baie diep kloof kom wat oorspan is met ’n baie swak en wankelrige boomstomp.

Baie kalm loop die ou man tot in die middel van die wankelrige en erg verswakte boombrug. Die ou man kies ’n verafgeleë boom as ’n teiken, span sy boog en skiet ’n perfekte kolhou.

“Nou is dit jou beurt,” sê hy terwyl hy versigtig terugtree tot hy veilig op Moeder Aarde staan.

Terwyl hy met afgryse af staar in die skynbare bodemlose kloof, kon die jong man homself nie sover kry om uit te stap op die boomstomp nie, wat nog te sê van ’n pyl skiet.

“Jy is baie bedrewe met jou boog,” sê die ou man, terwyl hy die jong man wat hom uitgedaag het se verleentheid agterkom, “maar jy het min ervaring om te midde van groot gevaar dieselfde talent te openbaar.”

“Ware talent is die vermoë om jou vaardighede aan te wend selfs in die mees ongunstige omstandighede: sonder angs, twyfel of versuim.”

Monday 16 October 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Tyd vlieg verby

Jesus, hoe ouer ek word, hoe vinniger vlieg die tyd verby.
Hoe duideliker besef ek hóé verganklik ek is en hoe meer hinder dit my dat ek dalk nie altyd Ú doel vir my lewe nagestreef óf die dinge gedoen het waarvoor U my spesiaal gemaak het nie.
Ek weet dat U ‘n besóndere taak aan my opgedra het en dat die tyd wat ek nog oorhet, kosbaar is en optimaal benut behoort te word.
Ek wil dit van nou af graag aan die goeie dade wy waarvoor U my bestem het.
Baie dankie vir gawes en talente wat ek van U ontvang het.
Help my om daardie gawes te gebruik om ‘n positiewe inset
te lewer in die lewe van mense wat swaar kry.
Wys my asseblief wat ek kan doen om die lewe van ander mense te verryk en maak my vol geesdrif en gewillig om dié dinge te doen wat U van my vra.
Gee my ook asseblief genoeg liefde sodat al my gawes daardeur in ‘n sinvolle eenheid bymekaargehou sal word.
Amen

[Nina Smit : ‘n Vonk van God]

Sunday 15 October 2023

Wil jy 'n welwillendheidsbydrae maak?


Dikwels het 'n mens 'n behoefte om uit te reik, veral oor die kersseisoen, maar jy weet nie waar, hoe en wat nie.

Jy kan nooit verkeerd gaan om 'n pakkie by enige ouetehuis af te gee nie. Daar is soveel gaatjies om toe te stop en soveel benodigdhede, dat niks wat daar afgelaai word, verlore sal gaan nie.

By die siekeboeg is daar altyd 'n behoefte aan Savlon, tandepaste, tandeborsels, babapoeier, seep, sjampoo, doeke, toiletpapier en waslappe.

In die algemeen is skoonmaakmiddels 'n welkome bydrae. Van skottelgoedwasseep tot seeppoeier vir wasgoed.

Gaan maak gerus 'n draai by ons wenslysie op die tuisblad en kyk waar lê ons groot behoeftes.

Hou asseblief ons seniors en die personeel gereeld in julle gebede. 

Our trip is very short

A woman climbed up the bus and sat down beside a man, hitting him with her numerous bags.

When the man remained silent, the woman asked him why he did not complain when she hit him with her bags?

The man replied with a mile: "There is no need to be upset about something so insignificant, as our journey together is so short, because I'm getting off at the next stop "

This answer disturbed the woman so much, she asked the man to excuse her and thought the words need to be written in gold.

Each of us must understand that our time in this world is so short, that darkening it with useless arguments, jealousy, not forgiving others, discontentment and bad attitudes are a ridiculous waste of time and energy.

Did someone break your heart?
Stay calm.
The trip is too short.

Did someone betray you, intimidate, cheat or humiliate you?
Relax - Don't be stressed.
The trip is too short.

Did someone insult you without reason?
Stay calm. Ignore it.
The trip is too short.

Did someone make a comment that you didn't like?
Stay calm. Ignore. Forgive, keep them in your prayers & love them still for no reason.
The trip is too short.

Whatever the problems some bring to us, it is a problem only if we think of it, remember
that our journey together is too short.

No one knows the length of our trip.
No one has seen tomorrow.
Nobody knows when it will arrive at its stop.
Our trip together is too short.

Let us appreciate friends and family.
Keep them in good humor.
Respect them.
Let us be respectful, kind, loving & forgiving.

Because we will be filled with gratitude and joy, after all, our trip together is very short.

[Thank you, Rosetta, it's so true and beautifully written.]

Saturday 14 October 2023

‘n Flentertjie in die wind

'n Papiertjie lê in die pad. 
Hy is geskeur, gefrommel, jy sien dit, maar stap verby. 
Die windjie waai en hy word saamgevoer. 
Iewers sal hy sy eindbestemming kry. 
Dalk op 'n ashoop, dalk in water. 
Voel jy vandag so nutteloos, of die wind jou maar moet meesleur? 
Is jou kragte klaar? 
Hoeveel keer sê ons: "Laat die winde maar waai, hul sal weer gaan lê!" 
Dis die storm voor die stilte. 
Vandag praat ons oor jou. 
Dalk is jy vandag die 'papier'. 
Daardie stukkie opgefrommelde papier kan jy optel, maar nooit weer sal hy dieselfde wees. 
Jy kan hom stryk, jy kan las, jy kan plak. 
Jy weet dit wat hy was, sal nooit weer wees. 
Maar vandag wil ek vir jou sê: "Jy kan daardie 'papier' wees. 
Jesus kan en sal jou weer perfek maak soos wat Hy alleen kan. 
Die krisisse wat jy deurgaan, die pyn, die seer, vertrou op God. 
'n Papier sal waai en eendag sal hy tot keer kom. 
Waar ookal. 
So kan jy voel ... jy het geen plek. 
Nee, jy het! Weet dit! 
God sal jou bereik. 
Jy val, jy staan op en reeds is jy 'n entjie vorentoe. 
Waar ookal, jy is 'n Koningskind. 
Hy red weer! 
Sy liefde is joune, neem dit. 
Gryp dit vas! 
Dis daar vir my en jou. 
Moenie dat omstandighede jou neerdruk. 
Lig op jou kop en weet jy is SY KIND." 

GEBED: 
Heer, dankie vir U genade. 
Dankie dat U die winde om my stil.
Dankie dat U herstelwerk perfek is. 
Amen

Jesus het jou so vreeslik baie lief.
Hy is daar vir jou. 
Hy wil jou met Sy liefde omvou.
Skrywer onbekend.

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie met die lesers deel.]

Friday 13 October 2023

So mooi en waar

Wonderwerke gebeur daagliks rondom ons. Ons moet net ingestel wees om dit raak te sien.

"As jy net sou terugkyk op die pad wat jy al gestap het tot hier, sal jy elke wonderwerk sien wat Ek in jou midde gedoen het. Hou vas aan My, al vat die wonderwerk lank, onthou dit: Ek werk nog aan jou, My kind. Het jy agtergekom dat die aanslae en storms wat jou getref het, jou nader en nader aan My laat beweeg het? Die Here sê omdat jy My genader het, sal Ek na jou nader.

Dalk voel jy asof jy teen 'n muur vasbid, vra jy vir hulp, maar jy kry nie antwoord nie ... God sê: My skatkamers in die hemele is oop vir jou, Ek hou niks van jou terug nie. Hou op om te twyfel, en vat wat Ek vir jou wil gee. Ek stort oor jou uit: My salwing, My heerlikheid en My goedheid. Ek oorlaai jou met oorvloed, guns, voorspoed en beskerming ... vat wat jy nodig het, my kind.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]

Thursday 12 October 2023

Liz' thoughts

Dink hieroor: Snoei die wingerd

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. 

Klik HIER as jy wil weet hoekom jy moet weet hoe jy die wingerd moet snoei.

Tuesday 10 October 2023

Dinsdag-denke: Die arm man se skoene

Die jong man, ’n student by die universiteit stap saam met sy professor. Die professor was bekend daarvoor dat hy net goed gedoen het waar hy kom.

Terwyl hulle twee in die paadjie afstap, sien hulle ’n paar ou skoene wat effens versteek langs die paadjie onder 'n struik gebêre is. Die skoene was moontlik dié van ’n arm man wat in die naby geleë veld gewerk het. Die veld was baie modderig en die arm man het seker nie kans gesien om sy ou skoene te ruïneer deur daarmee in die modder te werk nie. Dit was haas uitvaltyd en hulle het verwag dat die arm man binnekort sou aankom om sy skoene te kry.

Die student draai na die professor en sê: “Kom ons trek die man ’n streep, en ons steek sy skoene weg, dan kruip ons in die bosse hier naby weg en kyk na sy reaksie as hy nie sy skoene kan kry nie.”

“My jong vriend,” antwoord die professor, “ons moet onsself nooit vermaak ten koste van die armes nie. Maar jy is ryk, jy kan aan jouself ’n baie groter plesier verskaf deur die armes te help. Sit ’n muntstuk in elke skoen en dan versteek ons onsself in die bosse en kyk na sy reaksie as hy die geld ontdek.

Die student maak toe so en die twee gaan kruip in die naby geleë bosse weg en wag vir die arm man om te kom. Dit was ook nie lank voordat hulle die arm man deur die veld aangestap sien kom na die plek waar hy sy skoene gebêre het nie.

Hy gaan sit op die gras langs die paadjie en maak sy voete met ’n lappie bietjie skoon voordat hy sy skoene aantrek. Terwyl hy sy een voet in sy skoen steek voel hy iets hards binne die skoen. Hy steek sy hand binne sy skoen om te voel wat dit is en ontdek die muntstuk in die skoen.

Verbasing is op sy gesig geskryf terwyl hy die munt in die rondte draai en seker maak dat dit regte geld is. Hy kyk in alle rigtings om te sien of daar enige omstanders is wat hom dalk ’n poets wou bak, maar niemand was in sig nie. Hy druk die munt in sy sak en gaan voort om die ander skoen aan te trek. Groot was sy verbasing toe hy in die ander skoen ook ’n munt ontdek.

Blydskap oorval die man en hy val op sy knieë terwyl hy ’n dankbaarheidsgebed rig tot die Almagtige oor hoe dit hom sal help met sy siek en hulpelose vrou en sy kind wat swaar kry van die honger. Hy dank die Vader vir die onbekende hand wat die groot uitkoms aan hom besorg het.

Die student is diep geraak deur die gebeure wat hy sopas waargeneem het en daar is trane in sy oë. “Nou,” sê die professor, “is jy nie nou meer bly jy het die munte in die skoene gesit as die oorspronklike beplande poets van jou nie?

Die jong student antwoord:  "Prof. het vandag vir my ’n les geleer wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie. Ek verstaan en begryp nou eers wat die woorde beteken: “Dit is baie beter om te gee as om te neem.”

Monday 9 October 2023

Vandag se internetgebed vir jou: God buig af na jou toe

Here, ek loof U dat U so naby is,
en na my toe afbuig as ek in nood is.
Dankie dat U my so getrou bewaar.
Amen

Sunday 8 October 2023

The Angels se besoek tydens die mooiste mooiste maand


Oktober is besing deur C Louis Leipoldt as die mooiste mooiste maand en daarmee kan ons saamstem. Saterdagoggend het vir ons blommooi begin - The Angels het vir ons gewys hoe om kaartjies te maak en skielik was al ons krukkelysprobleme vir 'n uur of twee vergete. Dit was heerlik om weer kreatief te verkeer in 'n ontspanne atmosfeer en daarna was daar sout- en soet-eetgoed om 'n genotlike tydjie saam met Ons Huis se engele af te sluit.  


Foto's verskaf: Millie Mouton

Blomme spesiaal vir Sondag


Ek pluk vir jou lenteblomme
uit Ons Huis se tuin
en sit dit op jou bedkassie neer:
'n rooi roos vir liefhê
'n aronskelk vir respek
'n malva vir vreugde
'n geel magrietjie vir plesier
'n katjiepiering vir onthou
en pers viooltjies vir vertrou
laat laventelbos se blou
heeldag geluk om jou vou
en die blomgeure jou kamer vul
met die natuur se eie unieke parfuum ...

[Dankie, Rosetta, vir hierdie Sondagruiker vir die inwoners.]

Friday 6 October 2023

Gebed van ’n Reisiger

[Coenie de Villiers]                            

Sny vir my, o Heer, 'n wandelstok of twee
uit die woud by Tsitsikamma en loop dan met my mee
oor die vlaktes van die Groot Karoo,
oor die berge van Natal
langs die kus af tot by Vleesbaai
tot by die groen van Riversdal

Brand die hemel van die Vrystaat
in my hart se dagboek in, 
laat my nooit die lug vergeet nie
wat aan die horison begin.

En Heer is dit dieselfde son 
wat by my reis se einde skyn?
Behou mens steeds die reuk van reën
as jou geheue dalk sou kwyn?

Want ek vrees mos nie die vreemde nie
selfs die afstand laat my koud
by U is daar geen leemte nie
U bly steeds my behoud.
Al reis ek oor die sewe seë
skuif kontinente stil verby,
sal ek my voetval op U rig 
my in die reis verbly.

Maar ek vrees tog wel die eensaamheid,
ek skrik die groot alleen …
dis dan wanneer U my moet dra
want U weet ek gaan daarheen.

Laat die sterre dus my kompas wees
en U steeds my Ware Noord
lei elke voetstap van my reis, o Heer,
want dit is soos dit hoort.

(Album: Coenie 2.2.2020 - klik HIER vir die video. Besoek sy webwerf HIER)

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie gebed met ons deel.]

Thursday 5 October 2023

Liz' thoughts


Click HERE for more. 

Dink hieroor: Weet wat jy snoei

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. 

Klik HIER as jy wil weet hoekom jy moet weet wat jy snoei.

Tuesday 3 October 2023

Dinsdag-denke: Die beskadigde skildery

Eendag was ’n baie bekende skilder besig om die laaste afrondings te doen aan sy skildery. Die skildery was voorwaar ’n pragstuk en sou uitgestal word by die koning se jaarlikse banket in die paleis.

Die skilder was so vasgevang in sy skilderwerk dat hy onbewustelik ’n paar treë agteruit getree het om die 2 x 4 meter grootte skildery te betrag. Hy het nie teruggekyk terwyl hy terugtree nie en elke nou en dan gee hy nog ’n paar ekstra tree terug om ’n geheelprentjie van die skildery te kry. Hy het so bly terugloop totdat sleg een treetjie weg was van die rand van die kant van die hoë gebou waarop hy geskilder het.

’n Man het gesien wat die skilder besig was om te doen en was op die punt om vir hom te skreeu dat hy moet pasop, maar besef baie gou dat die skilder dalk kan skrik en na benede stort. Die man hardloop na die skildery en gryp die skilder se verfpalet en kwas en begin wild strepe oor die skildery te verf. Die skildery was geruïneer.

Toe die skilder sien wat die man besig was om te doen, raak hy baie kwaad en storm op die man af om hom aan te rand en weg te kry van sy pragtige skildery. Die ander omstanders gryp die skilder vas en draai hom om sodat hy kan sien waar hy gestaan het en hoe naby hy daaraan was om van die gebou af te val.

Somtyds is ons beplanning so pragtig uitgewerk en ons het die toekomsdoek beskilder met die mooiste verwagtinge en uitgewerkte planne dat ons selfs kan glo dat daar niks mee verkeerd kan gaan nie. Dan skielik kom God en vernietig die pragtige skildery wat ons vir onsself uitgewerk het en met veel moeite geskilder het.

Die rede ... Hy is die een wat kan sien watter gevaar lê daar vir ons voor.

Soms is ons woedend en verwyt die Almagtige vir dit wat Hy aan ons skildery gedoen het. Maar een ding moet ons in gedagte hou: Die Here voorsien slegs die beste vir ons, Sy kinders, en sal enigiets doen, selfs ons skildery bederf, om te keer dat ons oor die afgrond van verderf sal stort.

Monday 2 October 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Seën

HERE, ek het U lief en ek het U bitter nodig.
Ek weet dat U liefde oneindig groot is.
Ek weet ook dat U genade my insluit.
Seën my, asseblief,
Seën my omstandighede, my familie, my huis en my vriende.
Ek vra dit in JESUS se naam.
Amen.