Showing posts with label Vergifnis. Show all posts
Showing posts with label Vergifnis. Show all posts

Monday, 20 July 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Ek kan vandag jubel

Ons Vader wat in die hemel is, opnuut besef ek vandag hoeveel U vir ons gegee het toe Jesus Christus aan die kruis gesterf het. Om te dink, Hy het met bloed en trane, asook sy sterwe en opstanding vir my verlossing teweeg gebring. Ek jubel vandag in daardie wete en ek dank U daarvoor. 

Gee dat by al die eise van elke dagtaak, ons steeds U handewerk sal raaksien. Elke klein blommetjie, elke klein goggatjie, asook die grootsheid van die maan en sterre, ja, alles is bewyse van U majesteit en heerlikheid. Die stilte van die nag en die vrolike gewoel in die oggend, dit alles spreek van U grootheid.

Met blydskap wil ek weer hierdie dag tegemoetgaan. Ek weet, al is my krag min, al is ek nie opgewasse teen die aanslae nie, wil ek tog met moed en vertroue voortgaan. U het beloof om die ootmoedige genade te skenk en om die eenvoudige te lei, daarom is my hoop en vertroue op U, die Almagtige, gevestig.

Bewaar ons van die versoekings van die wêreld. Reinig ons gemoedere, dan sal ook ons uiterlike handelinge rein wees. Maak ons oog, ons tong, ons hand, ja ons alles, werktuie vir U koninkryk en laat dit tot U geregtigheid en tot U verheerliking strek. Amen.

[Mariet Hobbs]  

Wednesday, 1 October 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: As jy ...

As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.

Friday, 20 June 2025

Klakouse word nie gebore nie, maar gemaak

ʼn Ou regte knorpot het altyd fout gevind met alles. Niks was ooit reg nie. Sy vrou besluit toe om te kyk of sy darem iets reg kan doen. Sy besluit om vir hom twee eiers vir ontbyt te maak - die een gebak en die een geroer, net om seker te maak hy het nie iets om oor te kla nie. Maar so maklik uitoorlê jy nie ʼn klakous nie. Toe die bord voor hom land, sê hy: "Ja-nee, nes ek gedink het, jy’t al weer die verkeerde eier gebak en die verkeerde een geroer." 

Foutvinders en klakouse sal ʼn mens nooit regtig tevrede kan stel nie.

Klakouse word nie gebore nie, maar gemaak! 

Dit gaan oor die manier waarop jy na die lewe kyk en wat jy graag wil raaksien. Iemand wat op ʼn pad ry, kan die hele tyd na die gate, hobbels of knikke in die pad staar. As jy hom vra wat hy gesien het, sal jy jou gou vertel: gate, hobbels en knikke! Dit is waaruit sy hele reis bestaan het. Die ander persoon wat dieselfde pad gery het, maar na die klowe en berge en blou lug en wolke en bome gekyk het, sal vir jou iets anders vertel ... van klowe, blou berge, pragtige bome. Dit hang dus af hoe jy kyk ... en dit is dan hoe die lewe vir jou is.

Die manier van kyk na die lewe leer ʼn mens vir jouself aan. Dit word ʼn soort gewoonte. 

As jy die hele tyd net fout wil soek, sal jy eintlik net foute kry. Dit sal al word waarna jy in die lewe kyk en al waaruit die lewe vir jou bestaan. Jy sal later niks meer kan doen sonder om te kerm en te kla nie. Jy sal selfs fout vind waar daar niks is om mee fout te vind nie, soos met ʼn gebakte en 'n roereier. As jy so word, het jy as knorpot en kritikaster gegradeer. Jy moes immers hard oefen om so te word.

Dit is so anders as wat die Here wil hê Christene moet wees. Daar is soveel meer in die lewe om raak te sien en te geniet. Daarom moet ons ons bes doen om sulke negatiewe lewenspatrone met alles wat ons het, te vermy. Kyk by ander se foute verby. Ons almal maak mos maar foute. Moenie te skerp kyk of te kwaai oordeel nie.

Maar ewe belangrik: Moenie te kwaai met jouself wees oor jóú eie foute nie. As jy nie in vrede met jouself leef nie, sal jy ook nie in vrede met ander kan leef nie. Aanvaar wie en wat jy is en vergewe ook jouself. Probeer net volgende keer om nie dieselfde foute te maak nie.

Kweek ʼn positiewe lewenshouding aan: een wat die eier met dankbaarheid eet soos dit kom.

[Geleen]

Sunday, 3 September 2023

Jy kwalifiseer ...

Maak nie saak wie jy is nie.
Maak nie saak wat jou agtergrond en verlede is nie.
Maak nie saak in watter omstandighede jy jouself bevind nie.
Jy moet die volgende duidelik weet en verstaan:

JY KWALIFISEER VIR DIE MOOI IN DIE LEWE.
JY KWALIFISEER VIR DIE BESTE IN DIE LEWE.
JY KWALIFISEER VIR GELUK EN VOORSPOED.
JY KWALIFISEER VIR GESONDHEID.
JY KWALIFISEER VIR GOD SE SEËN OOR JOU.
JY KWALIFISEER VIR REDDING IN JOU LEWE.
JY KWALIFISEER OM BEDERF TE WORD.
JY KWALIFISEER OM DEUR GOD GEBRUIK TE WORD.
JY KWALIFISEER VIR VERGIFNIS EN VRYMAKING.
JY KWALIFISEER VIR 'n VARS AANRAAKING DEUR JESUS.
JY KWALIFISEER VIR 'n NUWE BEGIN IN EN DEUR JESUS.
JY KWALIFISEER OM IN VERHIUDING TE WEES MET GOD.
JY KWALIFISEER VIR DIE EWIGE LEWE.

Dis te DANKE aan GOD DIE VADER EN SY SEUN JESUS CHRISTUS, dat ek en jy KWALIFISEER hiervoor. Dis genade op genade, op genade. Dankie JESUS.

Amen.

Thursday, 4 May 2023

Asembenewend ...

Hierdie boodskap is aanvanklik as in 'n WA-boodskap na hierdie groep/FB gestuur. Wonderbaarlik het dit ook sy weg na hierdie blog gevind. Baie dankie, Anoniem.

FB-boodskap: Ek weet nie wie Martie Esterhuizen is nie, maar dit wat hieronder staan, is 'n boodskap en les vir ons almal.

Lees dit asseblief!!

... die nag lê nog donker en diep rondom my.
... die wind waai al vir meer as 12-ure stormsterkte en ruk en pluk aan alles wat nie geanker is nie.
... die reuk van rook van die vernietigende vuur net buite Jeffreysbaai hang swaar in die lug selfs in die huis.
... vir baie ure nou al verteer die vuur se vlamme en hitte alles wat in sy pad kom - aangedryf deur die wind.
... die straatligte is dood ... die donkerte verdiep.
... die see bruis en die branders slaan uitgeput neer op die windverwaaide strand..
... die rooi gloed van die vuur helder die horison op en die vlamme loop soos lawa teen die hange af ...
... die nag is koud.
... die vuur is gloeiend.
... die wind is woedend
... die see is ontstuimig
... daar waar die natuur lowergroen en vol lewe was nog 24-uur gelede, lê die die dood en verwoesting nou pikswart ...
... die dag sukkel om deur te breek deur die digte rook wat soos donderwolke in die lug hang en alles smag na asem ...
... asem ... sonder asem is die lewe wèg ... ( asem het vir die afgelope twee jaar nuwe betekenis vir my)
... soos die dag stadig breek - lê baie harte en lewens flenters in die roet ...

"Wie se SKULD IS DIT NÓÚ WEER?"

Woorde en woede vlieg soos gloeiende vuurkole deur die lug !
Vingers word rondgeswaai en aannames word luidkeels uitgespoeg!

Want ...

ALLE VURE IN ONS LEWE IS MOS ÁLTYD IEMAND ÁNDERS SE SKULD! ... of is dit?

Liefdevolle Hemelvader ...

... stil sit ek op my bed - grootoog en my ore ingestel op al die geluide rondom my ... èn op U stem ...

VADER VERGEWE MÝ VIR ELKE KEER WAT EK MÝ KOSBARE ASEM MORS OP WOEDE EN WOORDE!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK VURE AANGESTEEK HET IN IEMAND SE LEWE EN SELFS MY ÈIE LEWE!!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK SELFVOLDAAN WEGGESTAP HET VAN 'N STUK AFGEBRANDE LEWE WAT SOOS ROET DEUR 'N STORMWIND WEGGEWAAI WORD!!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK SELFGEREGVERDIG MY EIE OPINIE OOR ALLES EN ALMAL AS "GOSPEL" VERKONDIG HET!!
  • Die tong is n vuur wat uit die HEL uit aangesteek word.
  • Hierdie dag breek aan na 'n nag van verwoesting ... maar ek beséf dat niks, maar niks kan die dagbreek STOP nie.
  • Geen vuur
  • Geen verwoesting
  • Geen verlies
  • Geen pyn
  • Geen storm
  • Geen Woorde
  • Geen Woede
  • Geen Verwyte
  • NIKS
Ek hoor die Haddidas vlieg see se kant toe
... hulle roep
... hulle is gefokus
... hulle vlieg met verwagting en hoop (selfs deur die rookwolke)
... hulle is op pad iewers heen
... hulle kén hulle Skepper

HemelVader ...

Kortstondig verskuif my fokus na hoop wat soos roepende Haddidas deur die rook vlieg

Hier waar ek sit, BESÉF ek dat ELKE DAG is GENADE uit U Hart.

Die BESEF dat LEWE in U HANDE lê.

GENADE vind ons net by U.

HOOP is IN U ALLEEN ...
 NIKS op hierdie aarde is vir ewig nie.
 NIKS wat DOOD spreek is dit waardig om MY ASEM OP TE MORS NIE
 NIKS wat ek NIE kan saamneem Hemel toe - is die moeite werd om my tyd, aandag, krag, liefde , my siel, my vrede en mý woorde voor te gee nie
 NIKS gaan ek kan saamneem BEHALWE mý LIEFDESVERHOUDING met U nie.
 NIKS het meer waarde BO my kosbare SIEL waarvoor Jesus aan daardie KRUIS gesterf het nie
 NIKS het groter KRAG as
  • SY OORWINNING
  • SY BLOED
  • SY OPSTANDING
  • SY PLEK aan die regterhand van U Hemelse Vader!
 is ek (èn jy) ... 'n BRANDSTIGTER?
 brand ons EIE lewens en ons land oor DIE KRAG VAN ONS EIE WOORDE?
 spreek ons VUUR in plaas van VREDE?
 Hemel Vader ... VERGEWE ONS ... ASSEBLIEF ... en laat MY ASEM IN GEBED TOT U DEUR DIE HEMEL WEERKLINK!!

[Marthie Esterhuizen]

Sunday, 14 June 2020

Jesus: Gesag en vergifnis

Dankie, Jan Harm de Kock wat hierdie
boodskap van vergifnis met Ons Huis se leser deel.
Klik HIER vir die boodskap.
Datum: 31 Mei 2020
Christus-gemeente Vaalharts