Monday, 7 September 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Op U, Heer, wag ek ...

Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop
Klaagl. 3:25

Liefdevolle Vader, stil in gebed, 
wag ek op U, en 
U vul my hart met alles wat U is ...
Ek wag op U, 
U stralende lewenskrag vloei in en 
deur my en maak my gesond en sterk ...
Ek wag op U, 
U liefde vul my hart en vloei deur my, 
'n magtige stroom van liefde 
tot seën van alles en almal om my ...
Ek wag op U, 
U lig skyn helder op my lewenspad ...
Ek wag op U, 
en word geseën met idees wat voorspoed bring ...
Op U wag ek Heer, 
elke oomblik van elke dag. 
Rustig en kalm, sterk en geïnspireerd, 
deel ek die seën van U lig, 
U liefde en krag met andere. 
Waar ek ookal mag gaan, 
wag ek nie meer nie, 
want ek weet U is met my, 
en elkeen wat my pad mag kruis, 
word geseën in die heerlikheid 
wat ek oorvloediglik deel met my medemens ... 
Amen.

No comments:

Post a Comment