Tuesday 28 February 2023

Dinsdag-denke: Dankbaarheid

Daar is die storie oor die skoenfabriek wat twee bemarkingsagente na ʼn sekere gebied in Afrika gestuur het om besigheidsmoontlikhede daar te gaan ondersoek. Nadat hulle bietjie rondgekyk het, het een van hulle ewe mismoedig ʼn boodskap na die fabriek teruggestuur: “Situasie hopeloos. Niemand dra skoene nie”. Die ander een was weer baie opgewonde oor wat hy alles waargeneem het en sy boodskap het so gelui: “Wonderlike besigheidsgeleentheid. Niemand het skoene nie”.

Daar is nog ‘n wonderlike storie uit Amerika: ’n Indiaanse hoofman was besig om vir sy stamlede te vertel van twee honde in sy binneste: die een is ’n wit hond wat goed en dapper is en die ander een ’n swart hond wat wraaksugtig en kwaad is. Beide honde is besig om tot die dood toe met mekaar te veg. ’n Jong vegter van die stam wat nie vir die einde van die storie kon wag nie, vra: watter een gaan wen? Die hoofman antwoord: “Die een wat ek kos gee.”

[Lees die res HIER]

Bankbesonderhede



Monday 27 February 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Here maak my gewillig -
om te neem wat U my alles wil gee
om te bly sonder die dinge wat U terug hou
om prys te gee wat U van my wegneem
om te aanvaar wat U my oplê
om te wees wat U van my verlang
om te doen wat U my beveel.
Amen

(Gebed van oorgawe deur George Whitefield)

Thursday 23 February 2023

Fondsinsameling: Raak betrokke


Steek jou hand in jou sak vir 'n goeie doel. Kaartjies is reeds aanlyn beskikbaar en fisiese kaartjies sal van Maandag, 16 Januarie, beskikbaar wees by Barristers en MALU Pork.

Kimberley, kom ondersteun hierdie verdienstelike saak. Die fondsinsameling is vir Ons Huis Versorgingsoord. 

Kom geniet 75 minute van heerlike komedie.

Enige navrae: Kontak 083 276 4878

Sien julle daar!!

Tuesday 21 February 2023

Dinsdag-denke: My liefste kind

Wanneer jy dink jy is ‘n fout
of moes nooit gebore gewees het nie,
kom Jesus en sê vir jou:

Jy is nie ‘n fout nie,
want Ek maak nie foute nie ...
Ek weet daar was en is dae wat jy seerkry,
dae wat mense jou nie verstaan nie,
dae wat jy moedeloos was en is.
Dae wat pyn jou wil vernietig.
Ek huil saam met jou.
My hande vang jou kosbare trane op.
Ek ken seer.
Ek ken pyn.
Daar was self ‘n tyd wat mense my nie verstaan het nie,
My verneder het.
My verwerp het en aan ‘n kruis vasgespyker het,
daarom weet Ek hoe jy voel ...
Ek weet jy voel deurmekaar
en wonder wat, waar en hoekom?
Ek wil net vandag vir jou sê:
nie een van die foute wat jy maak, vang My ontkant nie.
Ek is nie verbaas nie.
Ek weet alles.
Ek verstaan alles en Ek sien alles ...
Ek kyk nie na jou met oë wat oordeel nie.
Ek kyk na jou met oë van liefde
en Ek luister na jou met My hart,
omdat Ek ‘n God is wat uit liefde bestaan ...
Ek wil jou nie straf nie.
Ek is nie ver van jou af nie ...
ek ken jou beter as enige iemand anders,
Ek weet wie jy werklik is!
Ek weet waartoe jy in staat is!
Ek ken die wenner binne-in jou!
Ek ken jou mooi hart!
Ek ken jou sagte geaardheid!
Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk ...
glo in jouself, want jy is kosbaar en baie spesiaal 

Monday 20 February 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Ek staan vanoggend op met God se krag wat my rig,
God se mag wat my vashou,
God se hand wat my bewaar,
en God se wysheid wat my lei.
Wees van vanoggend tot vanaand, o Here,
by my en in my.
Christus, wees agter my en voor my,
Christus, wees langs my en rondom my,
Christus, wees bo my en onder my.
Christus, wees by my in die uur van stilte én storm ...
praat met my deur die mond van ’n vriend
en deur die oë van ’n vreemdeling.
Amen.

’n Gebed van St. Patrick (Uit boek ‘n lewe naby God deur Nina Smit)

Saturday 18 February 2023

Spesiaal vir pensionarisse - 'n bietjie humor vir julle...

Geskryf deur AG Visser

Wanneer jy iemand op straat raakloop, word daar mos gewoonlik gegroet. As jy graag tien-teen-een 'n liegstorie wil hoor, vra dan net vir die persoon hoe gaan dit.

Natuurlik is die antwoord: "Goed dankie",  al gaan dit ver van goed af.

Hier volg 'n paar komiese antwoorde op die vraag: Hoe gaan dit?

1. Baie goed ... ek het vanoggend darem mos bo die grond wakkergeskrik.

2. Wel, opgestaan en self aangetrek.

3. Ek het mooi opgestaan en my ou stokke dra my nog.

4. Nie te goed nie ... ek het soveel pyn dat ek nie eens plek het vir almal nie.

5. Ag, my Vriend, ek kla nie oor my pyne nie, want ek kry dit verniet.

6. Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.

7. Ek hou links en gaan regs verby.

8. Ek is darem nog padwaardig, maar moet net nie my "bonnet" oopmaak nie.

9. Wel, wel, wel, ek kners op my agtertande en glimlag met my voortande.

10. Ek drink uit die piering, want die beker loop oor van blydskap. 

11. Vandat ons laas gesien het, het ek nog nie nuwe, vars klagtes bygekry nie.

12. Ek voel vandag soos 'n kriek wat Doom ingekry het, ek beur al na die een kant toe.

13. Ek voel soos 'n appelkis wat met swak spykers aanmekaar geslaan is.

14. Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met 'n bak jellie wat onrustig is.

15. Dit gaan tussen sleg en verskriklik.

16. Ek druk maar deur al maak dit seer.

17. My punte lê maar laag.

18. Nee, vandag is ek nie Daan nie, ek is gedaan.

19. Ag, my Maat, my enkels is geswel, my knieë pyn verskriklik, my heupe gee probleme ... en deesdae is my nek en my rug ook nie so lekker nie, en dan is ek nog siek OOK.

20. Opdraand, maar darem vorentoe ... 

[Dankie, Elmari Guy, vir die glimlag op ons gesig.]

Friday 17 February 2023

Hulle het gesê - oor die ouderdom ...

Hoe ouer ons word, hoe korter word ons liggame en hoe langer word ons stories.
ROBERT QUILLEN

Tagtig is 'n wonderlike ouderdom ... as jy negentig is.
ABEL GREEN

Jy weet jy word oud as alles wat nie opdroog nie, begin lek.
WITCOFF SE WAARHEID

Ná 60 behoort almal van ons aan die swakker geslag.
WOODY ALLEN

Pret is soos lewensversekering – hoe ouer jy word, hoe meer kos dit.
FRANK KIN HUBBARD

Ek is nou op die ouderdom waar ek moet bewys dat ek net so goed is soos wat ek nooit was nie.
REX HARRISON

Ek is nou op daardie ouderdom waar ek niks meer met ’n knypie sout kan neem nie.
MATT WOHLFARTH

Die mense het drie ouderdomme – jeug, middeljare en: "Jy lyk wonderlik!"
FRANCIS SPELLMAN

HULLE HET GESÊ: "OUDERDOM IS NIE VIR SISSIES NIE."

Ouderdom is soos om ’n nuwe beroep te leer - en nie een wat jy self gekies het nie.
JACQUES BARZUN

Ek bly weg van natuurlike kos. Op my ouderdom het ek al die preserveermiddels nodig wat ek kan kry.
GEORGE BURNS

’n Volwasse is iemand wat nie meer vertikaal groei nie, net horisontaal.
KEVIN GOLDSTEIN-JACKSON

Ouderdom is iets wat nie saak maak nie, behalwe as jy ’n kaas is.
BILLIE BURKE

Die kuns is om groot te word sonder om oud te word.
CASEY STENGEL

Vesel is ’n eetbare stof wat goed is vir jou spysvertering en jou langer laat lewe, sodat jy nog ses of agt jaar lank vesels kan eet. 
RICK BAYAN

Jy weet jy word oud wanneer kinders begin aantrek soos wat jy jare gelede aangetrek het. 
DAVID BRENNER 

[Dankie, Valerie, vir hierdie tong-in-die-kies-waarhede.]

Tuesday 14 February 2023

Dinsdag-denke: Seniors moet sinvol bly lewe

Op 76 is dr. Petrus Moolman besig om te leer om die tjello te speel. Die lewe moet ’n lied bly. Maar hy glo ook dat die kerk baie kan doen om ouer lidmate te help om tot die einde sinvol te bly leef. NEELS JACKSON het met hom gesels.

Musiek, het dr. Petrus Mooman gelees, help om die brein te ontwikkel. En as ’n mens vroeër ’n instrument bespeel het, is dit beter om nou ’n tweede instument by te leer. Daarom leer hy nou tjello speel.

In sy jong dae het hy viool gespeel, maar die blad­lees is anders met die tjello. Dis vir hom ’n lekker uitdaging. Boonop het die gemeente se orrelis gesê hy moet mik daarna om by vanjaar se Kerssangdiens “Stille Nag” te speel. Sulke uitdagings help om die verstand jonk te hou. Dit help om die lewe sinvol te maak. Daardeur word die lewe ’n lied.

Tot onlangs toe was dit ds. Petrus Moolman, maar op 4 Mei het die Noordwes-Universiteit ’n doktorsgraad aan hom toegeken. Dit span die kroon op die navorsing wat hy die afgelope paar jaar gedoen het oor ’n omvattende seniorvolwassenebedie­ning. Ook dié navorsing en die bediening waaroor dit gaan, maak sy lewe op pad na 80 toe sinvol.

[Lees die res van die berig HIER - Kerkbode 15 Mei 2018]

Klik HIER om na die erediens te luister

Monday 13 February 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Gebruik my, dan, My Verlosser, vir enige doel
en op enige manier wat U nodig mag vind;
Hier is my arme hart - 'n leë kruik; vul dit met U genade.
Hier is my sondige en ontstelde siel -
Maak dit lewendig en verkwik dit met U Liefde.
Neem my hart tot U vir U tot woning,
My mond om die eer van U naam te versprei
My liefde en al my kragte vir die welsyn van U gelowige volk,
En laat die standvastigheid en vertroue van my geloof
nooit verminder nie sodat ek te alle tye sal kan sê
Jesus het my nodig
En ek vir Hom
Sy wil geskied.
Amen

(Gebed van Dwight Moody)

Teach me, O God ...

Teach me, O God, so to use all the circumstances of my life to-day
that they may bring forth in me the fruits of holiness rather than the fruits of sin.
Let me use disappointment as material for patience.
Let me use success as material for thankfulness.
Let me use suspense as material for perseverance.
Let me use danger as material for courage.
Let me use reproach as material for long suffering.
Let me use praise as material for humility.
Let me use pleasures as material for temperance.
Let me use pains as material for endurance.

[’n Gebed van John Baillie] 

Tuesday 7 February 2023

Dinsdag-denke: Die twee houtkappers

Daar is hierdie oulike en bekende verhaaltjie van twee houtkappers. Een was ‘n bejaarde en die ander een nog ‘n jong knapie. Op ‘n dag het hul besluit om ‘n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.

Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil!

Maar die bejaarde het so elke uur vir 15-minute gerus.

Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen, met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie.

Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15-minute gerus, het hy hul geantwoord: “Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak”

So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?

Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer! 

Monday 6 February 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Ek het vandag ‘n werk,
kos, klere, gesondheid,
‘n dak oor my kop, familie, vriende
en ek ervaar liefde.
Ja, ek LEWE in GENADE.
Ek DANK U, My Vader, vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.
Amen

Vandag se internetgebed vir jou

Here, niemand van ons weet wat hierdie jaar vir ons voorlê nie.
Wat ons wel weet, is dat die pas van die lewe binnekort gaan optel as ons weer moet terug keer werk toe en nog ’n jaar met nuwe planne en idees moet begin. Bring in my ’n perspektief vir dit wat wesenlik is. Dat my lewe die grootste verskil kan maak daar waar ek myself in U eie menswees raaksien. Ek bid dat dit my in hierdie dag sal inspireer waar die lewe op allerhande plekke besig is om my lig vir die wêreld te demp. 
Amen