Showing posts with label Borge. Show all posts
Showing posts with label Borge. Show all posts

Tuesday, 10 December 2024

Dankie, Kimberley Biker's


Kimberley se motorfietsryers het Saterdag in die gees van Kersfees kragte saamgesnoer om van die Pension Run-inisiatief 'n reuse sukses te maak. 

Hierdie Kimberliete se positiewe aansteeklikheid, saam met die broodnodige skenkings en geskenkies, het breë glimlagte op die gesigte van die inwoners van Resthaven, Belgrave Lodge en Ons Huis gesit.

Meer as 50 pakke doeke vir volwassenes is aan elkeen van die drie tehuise oorhandig, danksy die ondersteuning van donateurs en die borge. Doeke is 'n duur noodsaaklikheid vir baie bejaarde inwoners. Die organiseerders hoop om die Pension Run 'n jaarlikse tradisie te maak om te verseker dat senior burgers in Kimberley 'n stresvrye feesseisoen kan geniet.

Elke besoek Saterdag was gevul met glimlagte, liefde, omgee, dankbaarheid en 'n gevoel van gemeenskap. En is dit nie juis die belangrikste boodskap wat uitgedra moet word nie?

Inwoners: 'n Uit-ons-hart-dankie vir hierdie ongelooflike en heerlike verrassing. Julle sal nooit weet wat hierdie besoekie vir ons beteken het nie. Mag  julle nog diep spore in Kimberley trap!

[Klik HIER en HIER om na ongeveer 80 foto's te kyk.]

Dankie, Babsie, dat jy hierdie goeie nuus met ons lesers deel. Waardeer dit!

Monday, 30 December 2019

2019: Groeteboodskap

Met 2019 by ons agterdeur is dit vir ons 'n groot voorreg om elkeen van ons donateurs, borge en vriende uit ons harte te bedank vir hulle gebede, besoeke, donasies, eetgoed en ondersteuning in watter vorm ookal die afgelope jaar. Ons Huis het voor unieke uitdagings te staan gekom, maar ons staan weereens aan die einde van 'n geseënde jaar en kan ons met dankbaarheid terugkyk.

Dankie vir elkeen se bydrae.

Tuesday, 24 September 2019

Baie baie dankie ...



Malu Pork
Pick 'n Pay Rhodesdene
West End slaghuis
Qualicon Construction
Destiny House
Dail a Pack
ACVV Ons Huis
Newton Skool
Eureka Skool
Kleinkind Ontwikkeling
Dail a Bake