Showing posts with label Voortrekkers. Show all posts
Showing posts with label Voortrekkers. Show all posts

Monday, 5 June 2023

Rocco Knobel Kommando leef DIENSBAARHEID uit


'n Koue triestige gewone Junie-naweek het skielik verander in 'n onthou-naweek toe die Rocco Knobel Kommando by Ons Huis opgedaag het met heerlike warm pannekoeke. Bederfies soos hierdie kom sit sommer diep in ons harte as ons besef dat daar nog jong mense is wat uitreik. Mag julle 'n wonderlike dag en rustige naweek hê en sommer emmers vol sterkte met die Junie-eksamen. 











Foto's: Elza Erasmus
Inligting: Christelle Hattingh
Klik HIER vir 2018 se pannekoekfoto's.

Sunday, 26 August 2018

Dankie, aan die Voortrekkers!

Die Voortrekkers het vandag so 'n ekstra huppel in ons stap gesit, toe hulle ons kom bederf het met pannekoek. Maar wat dit so spesiaal gemaak het, is dat hulle die pannekoek hier in die kombuis kom bak het. Vaardige kinders! En dit het ons sommer 'n klomps jare terug laat dink ... Meer as 60 jaar ... toe ons ook Voortrekkers was. Dankie, julle vir julle omgee, liefde en bederf!

Gaan maak 'n draai by die ACVV FB.

Pannekoekpret by Ons Huis!


Nog foto's!