Showing posts with label Bekommerd. Show all posts
Showing posts with label Bekommerd. Show all posts

Friday, 31 October 2025

Vrydag-flits: Vertrou op Jesus

'n Swaar las - trane.
'n Seer hart - en 'n bekommerde siel.
Is dit hoe jy voel?

Daar is Iemand wat kan help.
Skakel die HEER.
Telefoonnommer - Gebed.
Praat met HOM!
Vertel Hom alles.
As jy die foon neersit -
Vertrou op HOM
Hy het duidelik gehoor en
sal jou gebed beantwoord!

Wednesday, 24 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Die engel van die Here trek 'n laer rondom dié wat Hom vrees: Psalm 34:8

Wanneer jy ...
* vertroosting soek, bel Joh. 14 
* gesondig het, bel Psalm 51
* bekommerd is, bel Mat 6: 19 – 34
* in gevaar is, bel Psalm 91
* ons geloofs oë bietjie blind is, bel Heb. 11
* alleen en beangs is, bel Psalm 23
* verbitterd en sinies is, bel 1 Kor. 13
* voel dat almal teen jou is bel Rom 8: 31
* rus en vrede soek, bel Mat 11: 25 - 30
* voel dat die vlees oor jou heers, bel Rom 8: 1 - 30
* die huis verlaat om te gaan werk of te reis, bel Psalm 121
* voel dat jou gebede beperk en selfsugtig is, bel Psalm 6
* bemoediging soek vir ’n taak, bel Josh 1
* dink aan beleggings en opbrengs, bel Mark 10
* depressief is, bel Psalm 27
* vind dat die wêreld klein word en jy groot, bel Psalm 19
Alle lyne is oop: 24 uur, 7 dae van die week 

Wednesday, 3 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Onthou die ses geheime van geluk

1. Maak jou hart skoon van haat.
2. Werp al jou bekommernis op Hom, want Hy sorg vir jou.
3. Leef eenvoudig.
4. Gee meer.
5. Verwag minder
6. Geniet elke dag ten volle - in Jesus-liefde.

Gebed: O Here, U is so getrou. Van die dag van my geboorte af, kyk U na my.  Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar! Ek sien, hoor, kan dink en redeneer, gesels en lag. En as daar 'n traan is, is U daar om te troos. U is groot en magtig. Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader, elke dag is vol van U genade; en dit is alles onverdiend. Bly by my, o Heer - nou en altyd. Amen.

Sunday, 28 April 2024

Moet nooit ophou glo nie ...

Daar gebeur elke dag snaakse dinge met 'n mens omdat jy swak is, bekommerd is, haastig is en omdat jy verkeerde besluite maak.

Dikwels doen 'n mens dinge voordat jy goed oor die saak gedink het en voordat jy probeer het om die  probleme op te los. Dikwels luister jy na verkeerde raad, of soek jy 'n maklike uitweg. Daar is altyd uitweë wat lyk of dit mooier, makliker en beter is.

Moenie verkeerde advies vir iemand gee nie. Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. 

God sê: "Kom na My toe ek sal vir jou 'n uitweg en 'n antwoord gee." 

[Anoniem]

Tuesday, 5 March 2024

Dinsdag-denke: Twee kommervrye dae

Daar is twee dae in elke week waaroor ons, ons nie moet bekommer nie, twee dae wat vry gehou moet word van vrees en besorgdheid.

Die een dag is gister met al sy foute en bekommernisse, sy pyne en skete, sy wroeginge en tekortkominge.

Gister is verby en is glad nie meer binne ons beheer nie. Al die geld in die wêreld kan gister nie weer terugbring nie.

Ons kan nie een enkele aksie wat ons gister gedoen het, ongedaan maak nie; ons kan nie ’n enkele woord uitvee wat ons geuiter het nie.

Gister is vir ewige verlore.

Die ander dag waaroor ons ons nie moet bekommer nie is môre, met al sy moontlike probleme en laste, sy belofte van grootheid wat hy mag inhou of sy swak prestasie wat dit mag oplewer. Môre is buite ons onmiddellike beheer.

Môre se son sal opkom, hetsy in volle glorie of agter ’n wolkemasker, maar dit sal opkom. Totdat dit opkom, het ons nog geen aandeel in môre nie, want dit moet nog gebore word.

Dit los ons net met een dag ... vandag.

Enige persoon kan die geveg net voer vir een dag en dit is vandag. Dit is wanneer ons die laste van die twee ander entiteite, gister en môre, byvoeg, wat maak dat ons gebroke en moedeloos raak.

Dit is nie die ondervinding van vandag wat ’n persoon tot raserny dryf nie, dit is die spyt en jammerte van iets wat gister gebeur het en die vrees van wat môre mag bring.

Daarom moet ons leef vir vandag en so leef asof elke dag ons laaste dag is, sodat ons met blydskap verantwoording kan doen oor ons aksies vandag. 

[Dankie, Anoniem]

Thursday, 30 March 2017