Monday 30 May 2022

Vandag se internetgebed vir jou

'n Bedelaar met 'n ongewisselde tjek

'n Bedelaar het eendag 'n prokureur op straat voorgekeer en vir hom R5 gevra. Die prokureur het lank na die vuil en ongeskeerde bedelaar gekyk en toe vra hy: "Vanwaar ken ek jou?"
"Ons was klasmaats op die tweede vloer van die ou hoofgebou," antwoord die bedelaar.
"Sam, nou onthou ek jou!" sê die prokureur en sonder om enige verdere vrae te vra, skryf hy vir die bedelaar 'n tjek van R1000 uit en sê: "Ek gee nie om wat in jou verlede gebeur het nie. Dit is jou toekoms wat belangrik is," en met dié woorde stap die prokureur aan.
Met trane van blydskap stap die bedelaar bank toe, maar voor die bank steek hy vas - dit is so skoon daar binne en die tellers is so netjies! "Met my vuil toiings sal hulle oortuig wees ek oorhandig aan hulle 'n vervalste tjek," mompel Sam en draai net daar om.

Die volgende dag loop die prokureur weer vir Sam raaken hy sien dat dié nog steeds so gehawend daar uitsien.
"Wat het jy met my tjek gedoen? Het jy dit uitgedobbel of uitgesuip?"
Terwyl die bedelaar die tjek uit sy vuil hempsak te voorskyn haal, vertel hy die prokureur waarom hy dit nie kon gaan wissel nie.
"Luister, my vriend, wat die tjek wettig maak, is nie jou klere of jou voorkoms nie, maar my handtekening daarop."
"Gaan wissel onmiddellik die tjek!"

Die verhaal spreek vir homself.
Dit is nie wie of wat ons is wat saak maak nie, maar die feit dat ons in die Naam van die Here Jesus na God toe gaan.
JESUS - nie ek of jy nie - is ons waarborg.
Hy gee vir ons sondaars daardie vrymoedigheid!

Dankie, Here, vir waartoe ons vandag in U Naam in staat kan wees. Gee dat ons vandag behoorlik daarvan gebruik sal maak om met die Vader te praat.
AMEN!!.

[Oorgeneem]

Sunday 29 May 2022

ELKE MA SE SEER ...

Ek sit vandag en my gedagtes dwaal terug na 7 maande gelede. Die telefoon lui: "Môre my skat, ek wou net hoor of dit goed gaan met jou?" 
"Ja dankie, maar Mammie moet my verskoon ek is baie besig" 
"Jammer, ek wil ... Reg so my kind, ek verstaan, ons praat dan weer later, wil net gou-gou byvoeg, ek is lief vir jou en verlang na jou." 
"Ja dankie, ek ook," hoor ek myself sê net om so gou moontlik van haar ontslae te raak. 

Die assistente in kantoor lig 'n wenkbrou en kyk na my: "Is alles reg met jou moeder?" 
"Ja wat, sy is maar net verveeld, soos elke ander keer, dit is waarom sy skakel." 
En met 'n haastige: "Ek gaan gou uit om vir my iets te ete te koop!" was sy vergete. 

Moeder het nooit weer geskakel nie! Met pyn en verlange in my hart, hunker ek om net een keer weer haar stem hoor wat my tot 7 maande gelede so geïrriteer het, of om net een keer weer 'n drukkie wat ek so afstootlik gevind het, van haar te kry.

Trane rol oor my wange as ek kyk na die Checkers-strokie waarvan die ink al plek-plek verdwyn het, met R17.00 daarop geplaas. 

Ek onthou, ek moes vir haar brood en melk bring van die dorp en was uiters verontwaardig dat ek my kosbare tyd moes inspan vir haar. Kon sy dit dan nie self doen nie, besef sy dan nie ek het my eie lewe nie? Nee wat haar vermetelheid staan my nie aan nie, het ek onvergenoegd gedink. 

Ek het haar geskakel met die bedrag en nors versoek dat sy buite in die straat moes wag. Ek het slegs die pakkie deur die motorvenster voor die deur in haar hand gestop en die R17.00 wat sy na my uitgehou het, by die venster laat uitval in my haas om weg te kom voor sy my dalk iets wou aanbied om te eet of te drink. 

In die truspieëltjie het dit my opgeval hoe pateties sy gelyk het toe sy die geld in die pad opgetel het en my agterna gestaar het. Ek het my sommer opnuut weer vir haar vererg. 

Nee wat, regtig my ma is darem baie selfsugtig om te verwag ek my vrye tyd so vir haar moet opoffer. Sy moet besef ek werk ses dae van die week en ek is ook moeg. Terwyl ek nou terugdink ...

Ek moet erken, sy het nogal daardie dag baie bleek gelyk. Toe haar buurvrou my skakel en vra ek moet dadelik na Mammie se huis kom, want sy voel nie lekker nie, moes sy eers die simptome aan my verduidelik en ek sou besluit of dit ernstig genoeg klink. 

Nee regtig, was ek dan nie net 8 maande of is dit nou 9 maande gelede daar nie!

Dink sy ek het niks beter om te doen met my tyd nie? Hulle kan wag tot die naweek en as ek lus voel sal ek daar om ry. 

Maar helaas, die naweek was te laat. Die 10 minute se ry na Mammie se huis het vir my soos 'n leeftyd gevoel. Op haar kombuiskas langs die Checkers-strokie met die R17.00 was 'n bruin koevert aan my gerig. 

Ek het dit oopgemaak en die volgende gelees: 

"My liefste kind, hiermee 'n faktuur vir jou:
 
 1. Vir tye wat ek dit kon regkry om jou om te koop met petrolgeld, sodat ek jou kan sien vir miskien 15 minute - NO CHARGE
 
 2. Vir tye wat ek verneder was voor ander personeel by my werk, wanneer ek foute begaan het as gevolg van moegheid, omrede ek wakker gebly het deur die nag wanneer jy siek was - NO CHARGE 

 3. Vir nagte wat ek wakker gelê met jou op my bors, omrede dit al was waar jy wou slaap as jy siek was - NO CHARGE 

 4. Vir tye wat ek deur die nag aan jou skoolprojek gewerk het dat jy goeie punte kon behaal - NO CHARGE 

 5. Vir 18 jaar plus wat ek jou moes rondry na skoolaktiwiteite of net om jou giere te bevredig, terwyl ek soms siek was - NO CHARGE 

 6. Vir al die kere wat ek my kosgeldjie vir die werk gebruik het om jou gelukkig te maak met 'n geskenkie - NO CHARGE 

 7. Vir tye wat ek in my kamer gehuil het as ek na jou snikke moes luister na jou pakslae en ek mag jou nie getroos het nie - NO CHARGE 

 8. Vir tye wat jy my beskuldig het dat ek die oorsaak van rusie in ons huis was, terwyl ek slegs tussenbeide getree het om jou te beskerm as jy stout was - NO CHARGE 

 9. Die kere wat ek saam met jou gehuil het as jou hartjie gebreek was - NO CHARGE 

 10. Al die jare wat ek jou hare uitgeborsel het en jou net die beste gegee het en net die mooiste aangetrek het - NO CHARGE
 
 11. Al die nagte wat ek op jou klein bedjie by jou geslaap het, koud gekry het en vir jou deur die nag gesing het as jy bang was - NO CHARGE 

 12. Al die jare wat ek jou buie moes verduur het as iemand in die huis jou ongelukkig gemaak het - NO CHARGE 

 13. En wanneer jy terugdink aan nog ander insidente wanneer jy jou eie kindjie het - NO CHARGE 

Jammer ek het nie genoeg papier om verder te skrywe, dus ... die finale bedrag: Die voorreg om jou in my lewe te kon hê, dit was my betaling! 

Al my liefde
Mamma xxx

NB. My ontelbare, onmeetbare liefde vir jou wat jy nie meer van my wil hê nie - NO CHARGE !!!

Saturday 28 May 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

A grandfather was delivering his grandchildren to their home one day when a fire truck zoomed past. Sitting in the front seat of the fire truck was a Dalmatian dog. The children started discussing the dog's duties. "They use him to keep crowds back," said one child. "No," said another. "He's just for good luck." A third child brought the argument to a close. "They use the dogs," she said firmly, "to find the fire hydrants."

Wednesday 25 May 2022

Woensdag-wysheid

Kleure verbleik,
tempels verkrummel,
ryke kom tot ‘n val,
maar wyse woorde oorleef alles.

[Edward Thorndike]

Sunday 22 May 2022

R29.99 SPECIAL


If you are a senior you will understand this one; if you deal with seniors, this should help you understand them a little better, and if you are not a senior yet...God willing, someday you will be...

The R29.99 Special We went to breakfast at a restaurant where the 'seniors' special' was two eggs, bacon, hash browns and toast for R29.99. 

'Sounds good,' my wife said. 'But I don't want the eggs..'

'Then, I'll have to charge you R39.99 because you're ordering a la carte,' the waitress warned her. 

'You mean I'd have to pay for not taking the eggs?' my wife asked incredulously. 

'YES!' stated the waitress.. 

'I'll take the special then,' my wife said..

'How do you want your eggs?' the waitress asked. 

'Raw and in the shell,' my wife replied.

She took the two eggs home and baked a cake.

DON'T MESS WITH SENIORS!!! 

WE'VE been around the block more than once!

[Thank you, Valerie, for sharing this with us.]

Click HERE for a laugh a day.

Saturday 21 May 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

Children's Logic: "Give me a sentence about a public servant," said a teacher. The small boy wrote: "The fireman came down the ladder pregnant." The teacher took the lad aside to correct him. "Don't you know what pregnant means?" she asked. "Sure," said the young boy confidently. "It means carrying a child."

Wednesday 18 May 2022

Woensdag-wysheid

"Geluk is 'n kwessie van voorbereidingsgeleentheid." 
[Oprah Winfrey] 

Tuesday 17 May 2022

Kontak ons!

 


Dinsdag-denke: Ouderdom is 'n getal

Ouderdom is net ‘n getal vir die flukse 80-jarige

Om ‘n 80ste verjaarsdag te kan vier en steeds gesond en daagliks aan die gang te wees is ‘n voorreg wat nie baie mense beskore is nie. As jy boonop elke dag nog steeds kan werk en dit doen waarvoor jy lief is kan dit sekerlik as ‘n tipe boerpot gesien word.

Dit is presies hoe Johannes Oosthuizen, wat op 9 Julie 2021 sy 80ste verjaarsdag gevier het, se lewe daarna uitsien. Vir dié flukse man, wat daagliks na ‘n massiewe tuin omsien, is ouderdom net ‘n getal.

“Ek werk nog elke dag sewe dae ‘n week by ‘n vervoermaatskappy in Brakpan. Ek is dol oor my werk, en veral oor die mense saam met wie ek werk. Hulle hou my jonk,” het Johannes gesê. Hy vertel dat hy vir 10 jaar lank as ‘n stoorman by die onderneming gewerk het totdat hy as terreinbestuurder aangestel is.

“Ek is verantwoordelik vir die tuin, binne sowel as buite die perseel. Ek het nog altyd ‘n liefde vir tuinmaak gehad en onthou hoe ek as jong kind op die plaas met osse geploeg het.”

Johannes vertel dat hy sy inspirasie uit tydskrifte kry.

“Ek soek altyd vir nuwe tipe plante en idees. Om so ‘n groot tuin (die grond beslaan ‘n hektaar) te beplan moet ek sekere stappe volg,” het Oosthuizen verduidelik.

“Ek besluit altyd eers waar ek ‘n bedding wil maak. Dan sorg ek dat ek die grond goed voorberei. Dis belangrik om te kyk of die bedding in die son of in die skaduwee is.

“Op daardie manier weet jy watter plante om te kry. Plante moet in die regte habitat gehou word. Nadat dat ek my navorsing gedoen het, besluit ek wat ek wil plant.

“’n Mens leer baie uit ‘n tydskrif uit. Ek plant elke seisoen en werk elke dag in die tuin. Om so aktief te wees hou my jonk en gesond.

“Om so ‘n lang lewenspad te stap leer ‘n mens baie dinge in die lewe. My advies aan enige persoon is: wees altyd positief en wees altyd respekvol teenoor almal.”

Oosthuisen se dogter, Shani Strauss (51) sê: “Die grootste voorbeeld wat my pa gestel het was om onvoorwaardelik lief te hê en dat liefde nie met voorwaardes kom nie.

“My pa bly die afgelope 17 jaar by my sedert my ma se dood, en ek is dankbaar dat ons die voorreg het om hom so lank by ons te hê.”

[Geleen - lees die berig met foto's HIER]

Saturday 14 May 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

A second grader came home from school and said to her grandmother, "Grandma, guess what? We learned how to make babies today." The grandmother, more than a little surprised, tried to keep her cool. "That's interesting." she said. "How do you make babies?" "It's simple," replied the girl. "You just change 'y' to 'i' and add 'es'."

Wednesday 11 May 2022

Woensdag-wysheid

“Die lewe is so maklik of moeilik as wat u dink dit is.” - Jonathan Lockwood Huie
 

Tuesday 10 May 2022

Dinsdag-denke: DIE BELANGRIKSTE WOORDE

Die ses belangrikste woorde:
'Ek waardeer wat jy gedoen het.'
Die vyf belangrikste woorde:
'Ek het 'n fout gemaak.'
Die vier belangrikste woorde:
'Hoe voel jy daaroor?'
Die drie belangrikste woorde:
'Sal jy asseblief?'
Die twee belangrikste woorde:
'Baie dankie.'
Die belangrikste woord:
'Ons'
Die onbelangrikste woord:
'EK.'

Anoniem

Monday 9 May 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Vader dankie vir nog n wonderlike dag wat U vir ons gee. 
Vader gaan saam met elke kind van U vandag.
Dankie vir die rukwinde-dae wat U in ons lewe sit. 
Dankie, Vader, dat U ook in daardie dae met ons is. 
Vader, baie dankie dat ek saam met U, 
hand aan hand kan stap, 
sodat al die vrese en twyfel wat dalk in my gemoed sal heers, 
tot niet sal gaan en dat ek dit saam met U te bowe sal kom. 
Dankie, Here, dat U my vriend 
en my trooster sal wees in hierdie tyd. 
Sò, my God, sal ek U, naam verhoog, 
want aan U kom al die lof en die eer, 
en die heerlikheid toe. 
Ek loof U, my God. 
Amen

Saturday 7 May 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

When my grandson asked me how old I was, I teasingly replied, "I'm not sure." "Look in your underwear, Grandpa," he advised. "Mine says I'm 4 to 6." 

Thursday 5 May 2022

'n Jakkie vir 'n bibber lyf

Op ‘n onlangse snikhete dag spring ek vinnig in die swembad en raak daarna sommer so in my nat swemklere besig. Nie lank nie, toe sak die sonnetjie en ek begin koud kry. Dit was amper bad- en bedtyd, so ek pluk vinnig my kamerjas bo-oor die swemgewaad aan …

Toe die droë, warm jassie snoesig om my klam-koue lyf vou, hol my gedagtes eensklaps terug, terug, terug na my kinderdae: eers as die jongste van vyf, en later as een van die “kleintjies” in ‘n ry van sewe sussies.

Geld was nie volop nie, maar ‘n see-vakansie was elke jaar op ons kalender. En, hier is nou die herinnering wat deur die kamerjas wakkergemaak is: my ma het jaarliks gesorg dat elke meisiekind ‘n snoesige “strandjakkie” gehad het. Sy het dié snoesige, kleurvolle skeppings uit groot handoeke op die geel Bernina opgetower.

Ek hoor by my susse of hulle dit ook onthou. Een van die “groot sussies” onthou dat hulle ook bypassende toetrek-sakkies gekry het. Seker vir strandgoeters wat ons kleintjies nie nodig gehad het nie. Ek onthou plastiek-visnetjies, emmertjies en grafies, ‘n strepies-sambreel, ‘n groot opblaas-bal en houtspane en ‘n rubberbal waarmee my pa altyd graag wou “bollejol” … 

Ek onthou ook Sylvasun pilletjies in ‘n bruin glasbotteltjie, wat ons vooraf begin drink het – ek is seker dit was nogal ‘n duur item, maar Pappa Tom was ernstig oor sy dogters se velle en sonskade, selfs nog voordat sonskade regtig ‘n ding was! Ek onthou veral die opgewondenheid wat ek saam met die eerste pilletjie kon proe – ons gaan amper see toe!

My ousus onthou ook ‘n Hartenbos-vakansie, en dat die naam van ons huisie Jannewarie was. Ek onthou dit skielik ook, selfs dat dit ‘n rooi houthuisie met wit trappies was, maar voordat sy dit genoem het, het ek niks daarvan onthou nie, en nooit daaraan gedink nie.

Dis opvallend hoe ons verskillende aspekte van dieselfde ding onthou. Hoe iets na baie jare van totale vergeet, skielik weer in volkleur in mens se geestesoog kan afspeel. En hoe die een herinnering ‘n ander een kan wakker maak. Dit laat my dink dat ons onderbewussyn inderdaad ‘n groot skatkis is, een wat ons grootliks onbenut laat lê.

Sou lekker snoesige herinneringe ons nie kon help om bietjie makliker deur moeilike tye kom nie? Dalk moet ons meer gereeld bewustelik probéér om goeie dinge te onthou. Moet ons nie meer dikwels ons eie onthou aanvul met dié van ander nie? En ook … kan ons nie meer gereeld ‘n bibberlyf, en veral ‘n bibber-hart (ons eie én veral ook iemand anders s’n) in ‘n lekker knus jakkie toewikkel nie? 

[Gaan kuier gerus HIER]

Wednesday 4 May 2022

Woensdag-wysheid

"Niemand het ooit arm geword deur te gee nie." - Anne Frank
 

Tuesday 3 May 2022

Dinsdag-denke: Die Heining

 Daar was ‘n klein seuntjie met ‘n hewige humeur. Sy pa het hom ‘n sak spykers gegee en verduidelik aan hom dat elke keer wat hy sy humeur verloor moet hy ‘n spyker in die agterste hout heining inkap.

Die eerste dag het die seuntjie 37 spykers in die heining ingekap. Gelydelik het dit al minder geword. Hy het ontdek dit is makliker om sy humeur te beteuel as om die hamer te vat en ‘n spyker in die heining te gaan kap. 

Uiteindelik het die dag aangebreek dat die seuntjie glad nie meer sy humeur verloor het nie.
Hy vertel sy vader daarvan en dié stel toe voor dat hy ‘n spyker uittrek vir elke dag wat hy sy humeur in bedwang hou. Die dae het verbygegaan en eindelik breek die dag aan dat hy aan sy pa kon vertel dat al die spykers uit is.

Die vader neem sy seuntjie aan die hand en vat hom na die hout heining en sê vir hom: “Jy het baie goed gedoen my seun, maar kyk na al die gate in die houtplanke. Die heining sal nooit meer dieselfde wees nie. Wanneer jy iets in woede sê, los dit wonde net soos die gate in die heining. As jy iemand met ‘n mes steek, maak dit nie saak hoeveel keer jy jammer sê nie, die wond sal steeds daar wees. Om met woorde te verwond is net so erg as om fisies iemand te verwond.

Vriende is werklik soos ‘n kosbare skat, hulle laat jou glimlag en moedig jou aan om sukses te behaal. Hulle luister wanneer ons nodig het om te praat, is ‘n skouer wanneer ons nodig het om te huil, gee ons ‘n woordjie van bemoediging wanneer nodig en hulle wil altyd hul hart oopmaak vir ons. So dink baie mooi voor jy spykers inkap in enige iemand, want die wonde kan gesond word maar die letsels gaan nooit weg nie.”

Sunday 1 May 2022