Showing posts with label Algemeen. Show all posts
Showing posts with label Algemeen. Show all posts

Thursday, 27 March 2025

Ouma se wenke: Algemeen

* Groente: Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.

* Voorkom miet: Sit 'n kers in die meel of poeiermelk om miet te voorkom.

* Eiers: Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n teelepel in die kastrol.

*  Room: Voeg ‘n halwe teelepel suurlemoensap by room wanneer jy dit klop; dit raak baie gouer mooi styf.

*  Spek: Maak spek nat voordat jy dit in die pan braai, dit verhoed dat dit so maklik omkrul.

Thursday, 6 March 2025

Ouma se wenke: Algemeen

* Kaas: Voordat jy kaas rasper, smeer eers botter oor die rasper om die skoonmaak agterna makliker te maak.

* Groente: Draai groente in waspapier toe, voordat jy dit in die yskas sit, dan bly dit langer vars.

* Miet: ‘n Lourierblaar of twee in ‘n houer met pasta sal miet daaruit hou.

* Eiers: As jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.

* Braaivleis: Moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraai nie, gebruik eerder ‘n braaitang vir sappigheid.

Thursday, 27 February 2025

Ouma se wenke: Algemeen

* Blomkool: Om blomkool mooi wit te kook, voeg 1 koppie melk by die water of kook blomkool in melk in plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan agterna vir witsous gebruik word

* Bredie: Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat jy dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak en lekker tekstuur.

* Groente: Om te verhoed dat jou hande vlek wanneer aartappels en pampoen geskil word, smeer jou hande vooraf met 'n bietjie botter of olie. 

* Hoender: Gooi ‘n koppie suurlemoensap oor jou hoender voordat jy dit gaarmaak. Hoendervleis sal sag en sappig wees.

* Kaas: Kaas sal nie muf as jy ‘n klontjie suiker in die kaasbak sit nie.