Showing posts with label Winterhoop. Show all posts
Showing posts with label Winterhoop. Show all posts

Tuesday, 30 July 2024

Projek Winterhoop 2024

Die ACVV se projek in Leratopark se sukses is te danke aan elkeen se bydrae - sonder julle kon daar nie 'n Projek Winterhoop 2024 gewees het nie. Sommer 'n GROOT uit die hart DANKIE vir elkeen van julle. Julle bydrae maak die winter vir baie 'n bietjie draagliker. 

Wednesday, 3 July 2019

Winterhoop

Hierdie winter het in hoofletters op ons toegesak. Daarom wil ons aan die Winterhoopprojek so baie dankie sê vir die ongelooflike werk wat hulle doen. Aan elkeen wat bygedra het om Winterhoop se arms te versterk, dit gaan glad nie ongesiens verby nie. Nog foto's hier te sien.


Monday, 18 June 2018

Ons bydrae ...

Inwoners by ACVV Ons Huis residensiële fasiliteit vir ouer persone wil graag die winter serpies, truie en sokkies brei ten bate van kliënte van die maatskaplike dienste in Soul City en Leratopark. Indien u oortollige wol het, is u welkom dit af gee by Ons Huis in Ariadne Rylaan. Vir verdere navrae skakel gerus ACVV Kimberley-kantoor by (053) 831 5815.

Ons elkeen kan HOOP bring ...

Ons elkeen kan 'n verskil maak in iemand anders se lewe. Raak betrokke en word deel van WINTERHOOP 2018!