Showing posts with label Die Kruis. Show all posts
Showing posts with label Die Kruis. Show all posts

Wednesday, 6 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Goddelike Rykdom

• Jesus het aan die kruis vir ons arm geword, sodat ons deur sy armoede ryk kan word. Hy is verneder, op Hom is gespoeg, die Romeinse soldate het selfs gedobbel vir sy klere.
• Jesus, die Een wat meer as 5000 mense gevoed het, vissers se nette amper laat skeur het van die groot vrag vis.
• Die Een wat goud, diamante en robyne in die aarde geskep het, het jou plek van armoede aan die kruis geneem, sodat jy Sy plek van oorvloed kan neem.
• 'n Goddelike ruil het plaasgevind op Golgota - jou sonde vir Sy geregtigheid en jou armoede vir Sy voorsiening.

Gebed: Ek is geseën met die volheid van die seëninge van die evangelie van Christus. Ek is geseënd in die stad en in die veld; geseënd in my uitgaan en binnekom. Op my pad is lewe en vrede; heerlikheid, oorvloed en ewigdurende vreugde; nou en vir altyd, in Jesus se Naam. Amen.

Tuesday, 12 March 2019

Dankie vir die geseënde sangdiens ...

Lidmate van AP Kerk, Die Kruis, het Sondag, 24 Februarie 2019 Ons Huis besoek. Deel van hulle welkome besoek het 'n sangdiens ingesluit. 

Die inwoners het dit baie geniet. Dit is altyd lekker om besoeke van ander instansies te kry. Ons Huis se inwoners besef dat tyd 'n baie skaars kommoditeit is, iets wat jy nie het as jy jonk is nie, maar volop is in jou senior jare ... party dae kan nogal lank raak en daarom is sulke besoekies baie kosbaar. Kom kuier gerus weer!

Gaan loer hier vir nog foto's.