Showing posts with label Christelle Hattingh. Show all posts
Showing posts with label Christelle Hattingh. Show all posts

Sunday, 17 December 2023

Idees wat om in 'n geskenksakkie vir 'n senior burger te sit

Mense vra dikwels wat hulle vir senior burgers kan gee, veral nou oor die kersseisoen. Die redaksie het 'n bietjie rondgevra en hier is 'n paar van die voorstelle.

Die opsies is eindeloos. Gebruik hierdie voorstelle om aan die gang te kom.

1. Aktiwiteitsboeke:

Hierdie boeke is oral beskikbaar en bied nie net uitstekende breinoefeninge nie, maar kan ook ure se genot verskaf. Voorbeelde is blokkiesraaisels, Sudoku, soek die verskille en selfs inkleurboeke vir volwassenes.

2. Handeroom:

Ons vel is geneig om droër te word soos 'n mens ouer raak. ’n Voedende handedroom is 'n heerlike bederf.

3. Eetgoed:

Almal hou daarvan om so af en toe aan 'n lekkernytjie te kou! Moontlikhede is legio - soet en sout. Diabete se eetgoed moet met sorg uitgekies word. 

4. Vrolike sokkies:

Warm vrolike sokkies is 'n perfekte toevoeging tot enige geskenksak. 'n Handige paar sokkies is diéwat nie kan gly nie.

5. Sleutelhouer:

'n Sleutelhouer is altyd welkom. Veral 'n lekker groot sleutelhouer wat 'n persoon nie maklik sal verlê nie. Deesdae kry 'n mens sleutelhouers met die mooiste boodskappe op.

6. Mini-potplante:

Die meeste senior burgers se lewensruimte het gekrimp tot 'n kamer. Bring 'n tikkie natuur in die ontvanger se lewe met 'n mini-potplant. Plante helder enige ruimte op, maar so ook die gemoed van die inwoner.

7. Digitale fotoraam:

Verras hulle met 'n digitale fotoraam wat vooraf gelaai is met hul gesins-, familie- en vakansiefoto's. Dit is 'n moderne manier om gekoesterde herinneringe te bewaar sonder dat dit te veel spasie op neem.







Kersfees is 'n tyd van gee. As jy van 'n mede-inwoner weet wat nie meer familie het nie, maak gerus 'n anonieme geskenksakkie op en vra iemand in die kantoor om dit te gaan aflewer.

Thursday, 15 June 2023

Nuwe inwoners


'n Nuwe paartjie het gister hulle intrek in Ons Huis geneem. Die keuse van 'n tehuis was nogal 'n gewigtige besluit en na vele oorweging het hulle besluit op Ons Huis Kimberley. Almal is hier welkom en die gevestigde inwoners reik graag uit, want hulle was ook op 'n stadium nuut en onseker.

Chris en Ems het dadelik tuis gevoel. Dis belangrik om op hierdie gevorderde ouderdom tog nog in 'n huislike omgewing te bly. Hierdie twee gebore Vrystaters het al baie in hulle lewe belewe: die konsentrasiekamp, WO1 en WO2, die groot griep en meer onlangs Covid-19, depressie en resessie, maar die landing op die maan was vir hulle 'n onwerklike hoogtepunt. Op hierdie twee mense se gesigte lê die spore van storms en swaarkry, maar die blink in hul oë vertel dat daar nog baie energie vir die laaste skof oor is. Hulle het vir baie jare in Oos-Londen gebly, waar Chris in die bank gewerk het. Ems se passie was laslappiewerk, sy het selfs haar peetkinders die kuns van laslappiewerk en beskuit bak geleer.

Baie welkom en die redaksie verneem dat Ems dadelik uitgenooi is om by die breigroep aan te sluit, terwyl Chris meer in bingo belangstel.

Monday, 5 June 2023

Rocco Knobel Kommando leef DIENSBAARHEID uit


'n Koue triestige gewone Junie-naweek het skielik verander in 'n onthou-naweek toe die Rocco Knobel Kommando by Ons Huis opgedaag het met heerlike warm pannekoeke. Bederfies soos hierdie kom sit sommer diep in ons harte as ons besef dat daar nog jong mense is wat uitreik. Mag julle 'n wonderlike dag en rustige naweek hê en sommer emmers vol sterkte met die Junie-eksamen. 











Foto's: Elza Erasmus
Inligting: Christelle Hattingh
Klik HIER vir 2018 se pannekoekfoto's.

Monday, 8 May 2023

A senior moment

An elderly Florida lady did her shopping and,upon returning to her car, found four males in the act of leaving with her vehicle.

She dropped her shopping bags and drew her handgun, proceeding to scream at the top of her lungs,
"I have a gun, and I know how to use it! Get out of the car - NOW!"

The four men didn't wait for a second threat. They got out and ran like mad. The lady, somewhat shaken, then proceeded to load her shopping bags into the back of the car and got into the driver's seat.

She was so shaken that she could not get her key into the ignition. She tried and tried, and then she realized why.

It was for the same reason she had wondered why there was a football, a Frisbee, and two 12-packs of beer in the front seat.

A few minutes later, she found her own car parked four or five spaces farther down.

She loaded her bags into her own car and drove to the police station to report her mistake.

The Sergeant to whom she told the story couldn't stop laughing. He pointed to the other end of the counter, where four pale men were reporting a carjacking by a mad, elderly woman described as white, less than five feet tall, glasses, curly white hair, and carrying a large handgun.

No charges were filed.

Moral of the story?

If you're going to have a senior moment ... make it memorable

[Dankie, Christelle vir die lagspieroefeninge.]

Sunday, 11 December 2022

Paraprosdokians

Paraprosdokians are figures of speech in which the latter part of a sentence or phrase is surprising or unexpected; frequently humorous. 

Winston Churchill loved them.

1. Where there's a will, I want to be in it.

2. The last thing I want to do is hurt you. But it's still on my list.

3. Since light travels faster than sound, some people appear bright until you hear them speak

4. If I agreed with you, we'd both be wrong.

5. We never really grow up; we only learn how to act in public.

6. War does not determine who is right - only who is left.

7. Knowledge is knowing a tomato is a fruit. Wisdom is not putting it in a fruit salad. 

8. To steal ideas from one person is plagiarism. To steal from many is research. 

9. I didn't say it was your fault, I said I was blaming you. 

10. In filling out an application, where it says, 'In case of emergency, notify:' I put 'DOCTOR'. 

11. Women will never be equal to men until they can walk down the street with a bald head and a beer gut, and still think they are sexy. 

12. You do not need a parachute to skydive. You only need a parachute to skydive twice. 

13. I used to be indecisive. Now I'm not so sure ... 

14. To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target. 

15. Going to church doesn't make you a Christian any more than standing in a garage makes you a car. 

16. You're never too old to learn something stupid. 

17. I'm supposed to respect my elders, but it’s getting harder and harder for me to find one now. 

[Thank you, Christelle]

Sunday, 23 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Klik HIER om na die diens uit die hartjie van
die Karoo te luister. Dankie, Christelle Hattingh,
wat hierdie boodskap met Ons Huis-lesers deel. 

Ds. André Theron is 'n brugpredikant hier. Hy is
'n omgee-uitreik-predikant wat uithelp waar sy
dienste benodig word. Victoria-Wes is sy vierde
bruggemeente, vandat hy afgetree het.  

Sunday, 12 April 2020

Paassondag: Covid-19-erediens: Afrikaans

Vandag plaas ons prop. Neels Loots van Dutoitspan-gemeente Beanconsfield se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore uit die graf ... Jesus leef

Skriflesing: Lukas 24:1-49

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van prop. Neels Loots  te aktiveer)