👉 Blousel - 'n mens kry dit in meeste supermarkte. Week die klere daarin - wees net versigtig want as dit nie mooi opgelos het nie, maak dit blou kolletjies op jou klere.
👉 Kry vir jou 'n koekie Sunlight seep. Maak die klere nat en smeer hulle behoorlik met Sunlight seep. Jy moet smeer en smeer totdat die wit skuimbolle verskyn. Laat lê dit so nat vir 2 of drie dae. (Moenie weer water bytap nie - die seep kan maar so droog word in die klere). Was dit dan normaalweg.
👉 Week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was – dit verwyder alle vlekke.
👉 Maak 'n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kledingstuk se kraag.
Idioom: Die klere maak nie die man nie!

No comments:
Post a Comment