Monday 31 May 2021

Sunday 30 May 2021

Om op water te loop (2)


Toe Petrus seker was dit is Jesus wat hom roep, het hy die veiligheid van die skuit verlaat en homself aan die krag van God toevertrou. 'Maar toe hy die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: "Here, red my!" (Matteus 14:30).

Fokus tydens jou storms eerder op die Here, en nie die storm nie.

Ons weet almal hoe dit voel om 'die hoë golwe te sien'.

Jy pak 'n nuwe uitdaging - 'n ander betrekking, verhouding, geestelike groeipad - vol moed aan, net om deur storms en terugslae gestuit te word. Jesus het gesê: 'In die wêreld sal julle swaarkry beleef ...' (Johannes 16:33). Wees bedag daarop; dis deel van die geloofsreis. Jy moet ten spyte van jou vrees voortgaan. Groei vereis dat jy nuwe uitdagings aanpak. Jy sal elke keer bang wees, want groei en vrees loop hand aan hand. Elke keer wat jy dit egter waag om uit die skuit te klim, sal jy 'n groter kans hê om dit weer te doen. Elke keer wat jy dit op die water waag sonder om te sink, sal jy besef dat vrees jou nie langer gevange hou nie.

Bowendien, om in die skuit te bly, kan ook nie jou veiligheid verseker nie. Die teenvoeter vir vrees is om elke dag bietjie meer uit die skuit te kom, totdat vrees uiteindelik geen houvas op jou meer het nie.

Bron: Radiokansel (Inhoud aangepas)

Sunday 23 May 2021

Om op water te loop (1)


Die dissipels was een nag besig om vis te vang toe 'n storm opsteek. Teen drie-uur het hulle 'n figuur op die water na hulle sien aankom. '...Jesus het dadelik...gesê: "Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek." Petrus sê toe..."Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom." "Kom dan," het Jesus gesê." Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop.' (verse 27-29). Hierdie verhaal leer ons eerstens dat as die opdrag nie van God kom nie, ons dit nie moet doen nie.

Daar is 'n verhaaltjie van 'n man by die poorte van die hemel. Petrus sê: 'Noem een groot daad van jou.' Die man antwoord, 'Wel, ek het 'n vrou gehelp wat deur 'n groep skobbejakke aangeval is.' Hoogs beïndruk vra Petrus: 'Wanneer het dit gebeur?' Die man antwoord: 'Ongeveer 30 sekondes gelede!' Ten einde op die water te kan loop, moet jy onderskei tussen God se stem en jou eie impulse.

Tweedens, dit leer dat om wonderwerke te belewe, dit nodig is om uit ons gemaksone te beweeg. Verbeel jou jy is Petrus. Die storm woed en jy is bang. Die skuit is veilig en gemaklik. Jy sou ook net daar wou bly. Jy mag egter nie, want God het jou geskape om meer te bereik; Hy roep jou om in vertroue te waag en wonders te laat gebeur. Wat is jou skuit?' Enigiets waarop jy vertrou wanneer die storm woed, enigiets wat jou in jou gemaksone hou. Die vreesaanjaendste, maar mees lonende stap wat jy ooit sal neem, is om uit te klim.

Saturday 15 May 2021

Mooiste gebed wat iemand op facebook deel ...

"... haar oë het in my hart gaan klim, Here. 
Stukkende, verwarde oë wat sukkel om verder
as die foon in haar hand te kyk. 
Sy wil vir haar hart se mens gaan kuier,
dalk vir oulaas groet daar in die staatshospitaal. 
Maar sy sukkel om 'n permit te kry. 
En sy weet nie of die virus haar by die hospitaal se deur gaan inlaat nie.
 
Dit is asof die wind hierdie jaar oornag stormsterkte deur ons harte begin waai het, Here. 
Ons verlang na onse hart se mense wat net anderkant ons dorpie se grens bly. 
Die oom oorkant die pad se hart is stukkend oor sy bejaarde, siek vrou wat nou al vir maande in die aftree-oord se frailcare lê. 
Hy mag haar nie sien nie ... want dit is die nuwe reëls, Here. 
En sy verstaan dit nie. 
En hy ook nie. 
Hy is bang sy gaan van hom vergeet.

My buurman het vir 'n paar maande nou al net 'n stukkie van sy salaris gekry ...
en hierdie maand is daar skielik niks. 
Hoe verduidelik mens vir 'n vierjarige dat daar nie meer geld is nie ... ook nie vir kos nie? 
Hoe doen 'n mens dit, Here?

Die een na die ander winkels sluit hulle deure teen die storm daar buite ...
en binne-in hulle huise, huil hulle oor hul drome wat sommer net weggewaai het.
Binne-in hulle huise, maak hulle beangs planne om brood te kry en 'n kospakkie vir die wat vir hulle gewerk het te kan gee.
Binne-in hulle huise word die laaste geld in hopies gemaak om te kyk vir hoeveel weke daar nog ietsie oor is. 
Die storm in ons land maak merke op ons hart ... Here.
Dit steek mense se gesels en lag en saamwees weg onder 'n masker. 
Dit gaan sit in mense se oë.
Hierdie storm is besig om tot diep in ons harte te gaan kruip, Here.
En baie dae voel U so ver weg. 
Terwyl ons weet dat U eintlik naby is.
Die aanlyn-kerk sê U Woord sê so, Here. 
Maar dit maak nie ons baklei om bo te bly, makliker nie. 
Dalk is dit hoe die dissipels ook destyds gevoel het, daar alleen in hulle skuitjie,
met net die wind en die blitse en die verskriklike groot golwe om hulle. 
En toe U naderkom, het hulle gedink U is 'n spook, Here.
En toe klim U in hulle skuitjie, en maak die storm stil ... Sommer net so.
En hulle raak rustig.

Die land se storm het in ons harte gaan lê, Here. 
Ons weet nie meer wat en hoe ons moet bid nie.
Partykeer bid ons nie meer nie, ons probeer net oorleef.
Wil U genadiglik bo-oor ons land se storm kom loop en in ons harte kom inklim ... Asseblief, Here. 
Ons het nie beheer oor die storm nie.
Het nog nooit gehad nie.
Maar U het. Here ...
Dankie!! ... dat U nie vir 'n oomblik wegkyk van ons nie. 
Nie vir 'n oomblik nie.
-   Dankie dat U weet presies hoe sterk die wind in elkeen van ons se harte waai.
-   Dankie dat U presies weet hoeveel elkeen van U kinders kan dra. 
-   Dankie dat U stil in ons hart se storm instap, U arms om ons vou en saggies vir ons U vrede gee. 
U vrede wat heers oor elke storm, elke siekte, elke grens, elke hospitaalkamer, elke Frailcare ...
U vrede wat saggies om ons vou en ons help om verby die wind te kyk, en die liefde en deernis en omgee in U oë raak te sien. 
Dankie Vader dat U steeds na my hart toe stap, al sien ek net die wind en die weer om my raak. 
Dankie dat ook my bootjie in hierdie storm vir U saak maak. 
Dankie dat ook ek U stem mag hoor wat saggies vir my sê: 
Moenie bang wees nie ... Dit is Ek.
En as die GROOT "EK IS" deur my hart se storm stap, buig die blitse en die wind en die reën eerbiedig voor U neer ... Elke keer en altyd.
Daarom sal ek nie bang wees nie, want ... 
In U hande is ek veilig".

Thursday 13 May 2021

Woorde

Jy mag my skiet met jou woorde
Jy mag my seermaak met jou sê
Jy mag my vermoor met jou haat,
maar ek sal steeds soos lig deurbreek
Neem my woord as die wapen
van jou lewe
(Onbekend)

Wednesday 12 May 2021

Sunday 9 May 2021

Happy Mother's Day

Everything Mom

How did you find the energy, Mom
To do all the things you did,
To be teacher, nurse and counselor
To me, when I was a kid.
How did you do it all, Mom,
Be a chauffeur, cook and friend,
Yet find time to be a playmate,
I just can’t comprehend.
I see now it was love, Mom
That made you come whenever I’d call,
Your inexhaustible love, Mom
And I thank you for it all.
[By Joanna Fuchs]

Best Mom Award

For all the things I didn’t say,
About how I felt along the way–
For the love you gave and the work you’ve done,
Here’s appreciation from your admiring son.
You cared for me as a little tot,
When all I did was cry a lot,
And as I grew your work did too–
I ran and fell and got black and blue.
I grew some more and it didn’t stop;
Now you had to become a cop,
To worry about mistakes I’d make;
You kept me in line for my own sake.
I got older, and the story repeated;
You were always there whenever I needed.
You guided me and wished me the best,
I became wiser and knew I was blessed.
So, for all the times I didn’t say,
The love I felt for you each day,
Mom, read this so you can always see
Just how much you mean to me.
Mom, Thanks for everything!
[By Karl Fuchs]

Moedersdag: Ma aan kind

NND/Kitsnuus Vrydag 30 April 1999



Ma wonder op Moedersdag
Hoe op aarde het ek reggekom sonder jou?
Hoe het ek ritssluiters wat vashaak, losgekry?
Hoe het ek vet duvets in simpel slope gekry?
Hoe het ek die hond gebad,
blokkiesraaisels ingevul,
op materiaal vir 'n rok besluit,
proppe losgedraai,
motorbande omgeruil
en snags aan die slaap geraak
sonder jou?

[Maretha Maartens]

Saluut, ouma Sannie!

Jy was ongeneeslik fluks. Tot my ongeneeslike irritasie, veral toe ek ‘n tiener was wat net wou lees en droom. Ek sien jou weer in Sutherland se koue verbystoom met opgeskuifde moue. Ek kla ek kry koud. “Jy moet net werk, my kind!” Jou werksetiek was so onvernietigbaar dat ek in my lewe nooit, ooit vir ‘n oomblik sal kan lui wees sonder dat my gewete my bloots ry nie. Jy was ongeneeslik onselfsugtig. Ek wens ek kon net naastenby so wees. Ek werk al jare lank hard daaraan om hierdie erfenis opsy te skuif. Ek kan nou al selfs my persoonlike behoeftes voor dié van my gesin stel. Soms. Vir ‘n klein rukkie.

Jy was die nederigste mens wat ek ooit geken het. Toe jy oud en swak was en ek dit verskriklik gevind het om jou in die stort te moet help, het jy met daai twee diepbruin oë na my toe opgekyk en ek het geen vernedering of seergemaakte trots daarin gesien het. Net vertroue. En dit het ‘n vreugde geword om jou te help.

Saluut, ouma Sannie! Ek kan nie glo dis al ses jaar nie. En ja, ek dink nog steeds soms wat ek in daardie laaste tyd anders sou doen as weer die kans kon kry. En is steeds nederig dankbaar dat ek die een kon wees wat jou laaste nag met jou kon deel, wat jou hand tot die einde kon houvas en nou jou eenvoudige trouring met trots en liefde kan dra.

NS. En nee, ek het haar nooit, ooit gejy en gejou nie.

NS. En ja, ek sit met ‘n glas wyn en tjank dat dit klap. Ek hoop my lesers ook – dis goed vir die gees.

[Hierdie stukkie pos het anoniem op my tafel geland. Ek weet nie wie dit geskryf het nie en ook nie wie die besondere ouma Sannie was nie. Maar ek deel dit graag met almal wat al hierdie paadjie geloop het. Indien iemand weet, stuur asb. die besonderhede.]

Klik HIER vir nog Moedersdagwense.

Friday 7 May 2021

God het gefluister ...


Eendag het ek God om instruksies gevra oor hoe ek op aarde behoort te leef. Hierop het God sy stem naby aan my oor gebring en gefluister.

Wees soos die son, kom vroeg op en moenie laat gaan slaap nie. 

Wees soos die maan, skyn in die donkerte, maar onderwerp jou aan die groter lig. 

Wees soos die voëls – eet, sing, drink en vlieg. Wees soos die blomme – lief vir die son, maar trou aan jou wortels.

Wees soos die vrugte, mooi en sprankelend aan die buitekant, maar gesond aan die binnekant. 

Wees soos die dag wat aanbreek en vertrek, sonder om af te wys of te spog. 

Wees soos die oase – voorsien water aan hulle wat dors het. 

Wees soos die vuurvliegie wat, alhoewel klein, haar lig vooruit werp. 

Wees soos die water, goed en deursigtig. 

Wees soos die rivier wat altyd vorentoe beweeg.

En bo alles, wees soos die hemele: 'n woonplek vir God!

I always thought ...