Eendag het ek God om instruksies gevra oor hoe ek op
aarde behoort te leef. Hierop het God sy stem naby aan my oor gebring en
gefluister.
Wees soos die son, kom vroeg op en moenie laat gaan
slaap nie.
Wees soos die maan, skyn in die donkerte, maar onderwerp jou aan die
groter lig.
Wees soos die voëls – eet, sing, drink en vlieg. Wees soos die
blomme – lief vir die son, maar trou aan jou wortels.
Wees soos die vrugte, mooi en sprankelend aan die
buitekant, maar gesond aan die binnekant.
Wees soos die dag wat aanbreek en
vertrek, sonder om af te wys of te spog.
Wees soos die oase – voorsien water
aan hulle wat dors het.
Wees soos die vuurvliegie wat, alhoewel klein, haar lig
vooruit werp.
Wees soos die water, goed en deursigtig.
Wees soos die rivier wat
altyd vorentoe beweeg.
En bo alles, wees soos die hemele: 'n woonplek vir
God!
No comments:
Post a Comment