Showing posts with label Vrouedag. Show all posts
Showing posts with label Vrouedag. Show all posts

Saturday, 9 August 2025

Vrouedag en vrouemaand


Op Vrouedag hier by Ons Huis wil ons dankie sê vir elke vrou se onmisbare en noodsaaklike bydrae tydens haar aktiewe jare, tuis sowel as in die gemeenskap. Noudat hierdie vrouens hulle pas makeer het, wil ons graag elke vrou herinner aan die aktiewe en dinamies vrou wat sy was en steeds is, net in 'n ander rat.

Die lewe was en is vol moeilike uitdagings, sommige meer uitdagend as die ander. Onthou: Kyk die lewe vierkantig in die oë, terwyl jy jou oë opslaan na die berge waar ons hulp nog altyd vandaan kom. 

Mag jy deur jou vriendelikheid, bedagsaamheid en gebede 'n verskil maak in dié wêreld en dit 'n beter plek maak.

Gelukkige Vrouedag!

Friday, 9 August 2024

Vrouedag: Watter tipe lekkergoed-mens is jy?


('n Heerlike leesstukkie vir al die vroue op Vrouedag - besluit self watter lekkergoed by jou persoonlikheid pas.)  

Mense vergelyk ander mense soms met diere. Of met vrugte. So kry jy jou “buffels” of “trapsuutjies”. Jou “harde koejawels” of “suur pruime”. Persoonlik voel ek dat die mensdom met lekkergoed vergelyk kan word. Daar is ‘n oneidigheid in kleur, smaak, tekstuur en verpakking.

So kry jy jou malvalekker-mense. Sag van binne en buite. Jou jellie-lekkergoed-mense en paaseier-mense val ook in hierdie kategorie. Hulle is egter die tipe lekker wat jy met ekstra versigtigheid hanteer. Los jy hulle in die Noord-Kaap son, raak hulle hard van buite, maar dalk nog effens sag van binne. Stel jy hulle te lank aan negatiewe elemente bloot, raak hulle binnekante uiteindelik ook hard. Amper oneetbaar.

Dan kry jy jou nikkerbal- en gekookte lekkers-mense. So hard van binne soos van buite. Onwrikbaar. Jy hou van hulle. Of jy hou nie van hulle nie. En visa versa. Hulle verrig die onmoontlike in moeilike tye. Hulle is wie hulle is en maak gewoonlik geen geheim daarvan nie. Mens wonder soms hoe hulle voorbereidingsproses moes wees om so hard aan die ander kant uit te kom.

Ons kry ook die wit-eier-mense. Jy het amper ‘n mes nodig om die buitenste dop te breek, maar dit is waar die hardheid ophou. Binne wag ‘n soet sjokoladelaag wat smelt in jou mond. Die geheim is om nie op te gee op hierdie mense nie. Al lyk dit op die oog af nie so nie, smag hulle daarna dat jy deur die klipharde dop breek en uitvind wat werklik in hulle binneste aangaan. Jy kry ook die teenoorgestelde – die sagte sjokoladelaag buite en ‘n harde neut aan die binnekant. Op die oog af sag, maar jy vind baie vinnig uit dat dit is waar die sagtheid ophou.

Natuurlik is daar jou sjokolade-mense. Mense wie jy opsoek wanneer jy troos nodig het. Dit is gewoonlik iemand na aan jou. Wanneer jy hulle in die Noord-Kaap son los, verloor hulle hulle vorm, maar nie hulle smaak nie. Gee jy hulle ‘n tydjie om af te koel, is hulle weer eetbaar.

Dan is daar die legio ander lekkergoed-mense. Die toffies en die suigstokkies. Die kougom en die sherbet. Die suurwurms en die sout-drop. Soos alles in die lewe moet ons versigtig wees om nie ‘n lekkergoed bloot op sy verpakking te beoordeel nie. Soms is dit die aangenaamste lekker wat uit die onopvallendste verpakking te voorskyn kom. Soms is daar die teleurstelling van ‘n ongelooflike verpakking met ‘n nie so smaaklike lekker daar binne nie.

Volgens my, wat al in vier provinsies gewoon het, is die mense van sentraal Suid-Afrika, maar veral die Noord-Kaap, my gunsteling lekkergoed-mense. Hulle gasvryheid en omgee in swaar tye oortref enige ander provinsie se lekkergoed-mense.

Almal van ons is uniek. Ons verskille maak die lewe interessant en ons vul mekaar aan, al voel dit nie altyd so nie.

Watter tipe lekkergoed-mens is jy?

[Karin Muller: Noordkaap 2014-04-22. Besoek gerus Netwerk24 (Noordkaap Bulletin) se gereelde rubrieke - daar is baie pitkos in hierdie rubrieke.]

Thursday, 31 August 2023

Vrouemaand: Ek bid vir elke vrou vandag ...

Elke vrou wat deur 'n man verkleineer word
Elke vrou wat deur 'n man afgekraak word
Elke vrou wat deur 'n man vervloek word
Elke vrou wat deur 'n man fisies mishandel word
Elke vrou wat diep hartseer is en wie se trane amper alles opgehuil is
ALMAGTIGE HEMELSE VADER,
in die Naam van Jesus Christus,
bid ek vir hierdie vrouens ...
Die dief het in hulle lewens gekom,
net om te steel en te slag en te verwoes.
Gee aan elkeen van hulle hul gesonde selfbeeld terug.
Gee aan elkeen van hulle hul lag en vreugde terug.
Gee aan elkeen van hulle hulle vrede terug.
Verander elkeen van hulle se omstandighede en lewens,
ten goede ... tot U eer!
Elkeen van hulle glo saam my, dat niks by U onmoontlik sal wees nie!
IN JESUS NAAM! AMEN!

[Aangestuur - elke dag moet eintlik vrouedag wees en elke maand moet vrouemaand wees, sodat ons daagliks bewus kan raak van die belangrikheid van vroue. Meneer, stel vir jou seun 'n voorbeeld wat hy eendag kan navolg - dis belangrik dat vroue nie daagliks in vrees lewe nie.]

Wednesday, 9 August 2023

Happy Woman's Day, Grandma

There’s nothing like the love of a grandmother. Not every grandma bakes cookies, but it's safe to say that all of them hold a level of wisdom that can guide us all through life. Our grandmas help to mold our parents into the people they are and do the same for us. Happy National Women's Day!

Sunday, 8 August 2021

Vrouedag

💗 'n Saluut aan elke wêreldmaker en wêreldvormer: laat niks ons stemme stilmaak oor ongelykheid en onreg nie, laat ons bly sorg en omgee vir mekaar.

 💗 A salute on Women's Day to every world maker and world shaper: let nothing silence our voices about inequality and injustice, let us cherish and protect each other.

 

Sunday, 9 August 2020

Blomme en voëlsang op Vrouedag


Dankie, Marguerite Pienaar, dat jy hierdie
besondere video met ons deel. Ons weet
almal dat die natuur die heel beste medisyne
vir die mens se gemoed is. Wanneer die 
kamermure druk, veral in hierdie Covid-tyd,
bring dit bring vrede in die kleine.

Geseënde Vrouedag


Thursday, 9 August 2018

Dankie!!!

Dankie aan al die lesers wat goeie wense gestuur het. Ek plaas 'n paar:

"Die oumas/vrouens in die aftree-oorde verdien om elke dag 'n Vrouedag te hê, net om dankie te sê vir hulle harde werk oor dekades heen." André

"Geniet Vrouedag!" Elias Samuel

"Ons dink met liefde aan al ons oumas wat altyd met koekies en drukkies ons slegte dae in beter dae verander het. Ons wens ons kan met koekies en drukkies die ouderdom vir ouma-hulle fnuik." Nerine

"Ouma is spesiaal. Geniet Vrouedag." Katelyn


Happy Women's Day!



Wednesday, 9 August 2017

Tuesday, 9 August 2016