Thursday 31 August 2023

Vrouemaand: Ek bid vir elke vrou vandag ...

Elke vrou wat deur 'n man verkleineer word
Elke vrou wat deur 'n man afgekraak word
Elke vrou wat deur 'n man vervloek word
Elke vrou wat deur 'n man fisies mishandel word
Elke vrou wat diep hartseer is en wie se trane amper alles opgehuil is
ALMAGTIGE HEMELSE VADER,
in die Naam van Jesus Christus,
bid ek vir hierdie vrouens ...
Die dief het in hulle lewens gekom,
net om te steel en te slag en te verwoes.
Gee aan elkeen van hulle hul gesonde selfbeeld terug.
Gee aan elkeen van hulle hul lag en vreugde terug.
Gee aan elkeen van hulle hulle vrede terug.
Verander elkeen van hulle se omstandighede en lewens,
ten goede ... tot U eer!
Elkeen van hulle glo saam my, dat niks by U onmoontlik sal wees nie!
IN JESUS NAAM! AMEN!

[Aangestuur - elke dag moet eintlik vrouedag wees en elke maand moet vrouemaand wees, sodat ons daagliks bewus kan raak van die belangrikheid van vroue. Meneer, stel vir jou seun 'n voorbeeld wat hy eendag kan navolg - dis belangrik dat vroue nie daagliks in vrees lewe nie.]

No comments:

Post a Comment