Sunday 13 August 2023

DIE VYFVINGERTOETS

1. Die Duim:
Dit is die vinger naaste aan jouself. Bid dus eerste vir die persone naaste aan jou. Hulle is dié wat jy die maklikste kan onthou. Dit is my en jou plig om vir hulle te bid.

2. Die Wysvinger:
Bid vir hulle wat onderrig, bevele gee en genees. Onderwysers, dokters, predikante word ook hierby ingesluit. Hulle het wysheid en ondersteuning nodig om ander in die regte rigting te stuur.

3. Die Middelvinger:
Dit is die langste vinger. Dit herinner ons aan ons leiers. Bid dus hier vir die president en die regering, die besigheidsleiers en die plaaslike owerhede. Hierdie mense vorm die nasie en lei deur publieke opinie. Hulle het God se leiding nodig.

4. Die Ringvinger:
Hierdie is ons swakste vinger van die hand. Dit moet ons herinner aan ons huwelike en gesinne en hulle wat swak en siek is. Ons kan nooit genoeg bid vir hulle nie.

5. Die Pinkie:
Laastens kom die kleinste vinger. Dit is ook hoe ek myself in verhouding met God en andere moet plaas. Die Bybel sê: "Die minste sal die grootste onder julle wees." Jou pinkie moet jou herinner om vir jouself te bid. Wanneer jy eers vir die ander vier groepe gebid het, sal jou eie behoeftes in perspektief geplaas wees en daarom sal jy dan meer effektief vir jouself kan bid.

No comments:

Post a Comment