Showing posts with label Spoorwegman. Show all posts
Showing posts with label Spoorwegman. Show all posts
Thursday, 31 October 2024
Gebed van 'n ou spoorwegman ...
'n Ou spoorwegman het op 'n byeenkoms tot bekering gekom en is gevra om te bid. Hy het 'n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met 'n bewende maar helder stem gesê:
O Here, noudat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde. En ... Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai en veral dié wat lei na 'n doodloopstraat.
O Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyn die witlig van hoop vertoon, sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En Here, laat die tien gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis afgelê het en in die groot donker stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die Heelal sê: "Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou loon van ewige geluksaligheid."
(Uit: Senior Bulletin - "Oom" van Vryheid)
Monday, 22 April 2019
Gebed van 'n ou spoorwegman ...
'n Ou
spoorwegman het op 'n byeenkoms tot bekering gekom en is gevra om te bid. Hy
het 'n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met 'n bewende maar helder stem gesê:
O Here, nou
dat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af
en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp
wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel
van liefde. En - Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai
en veral dié wat lei na 'n doodloopstraat.
O Here, as
dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyn die witlig van hoop vertoon,
sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En Here, laat die tien
gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis afgelê het en in die groot
donker stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die Heelal
sê: Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou
loon van ewige geluksaligheid."
Subscribe to:
Posts (Atom)