'n Ou
spoorwegman het op 'n byeenkoms tot bekering gekom en is gevra om te bid. Hy
het 'n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met 'n bewende maar helder stem gesê:
O Here, nou
dat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af
en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp
wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel
van liefde. En - Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai
en veral dié wat lei na 'n doodloopstraat.
O Here, as
dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyn die witlig van hoop vertoon,
sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En Here, laat die tien
gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis afgelê het en in die groot
donker stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die Heelal
sê: Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou
loon van ewige geluksaligheid."
No comments:
Post a Comment