Sunday 29 April 2018

Saturday 28 April 2018

Kleretrommelwinskopies!

Kom besoek Ons Huis se Kleretrommel en kom koop die winskopie van 'n leeftyd...
Moenie te lank draai nie... ons bly nie voor nie!

If God brings you to it...


Friday 27 April 2018

Pryse van verblyfopsies...















Die verswakte afdeling: R7200.00 per maand (etes ingesluit, sowel as die versorging deur opgeleide personeel.)
Daar is verskillende verblyfopsies beskikbaar. (Pryse sluit kamer, maaltye en skoonmaakdienste in.)
Kamers sonder badkamers R5400,00
Klein enkelkamer met 'n badkamer R6000.00
Groter enkelkamer met 'n badkamer R6500.00
Klein dubbelkamer met 'n badkamer: R10 400.00
Groot dubbelkamer met 'n badkamer: R10 800.00
2-slaapkamerwoonstel met badkamer en kombuisie: R7000.00 (maaltye uitgesluit)
Kontak Celma Pretorius by 053 831 5815 of Alet Pilcher by 053 842 1141 vir meer inligting.

Thursday 26 April 2018

Wednesday 25 April 2018

Tuesday 24 April 2018

Sunday 22 April 2018

Saturday 21 April 2018

Friday 20 April 2018

Wednesday 18 April 2018

Wat die ouderdom ons leer...

1. Om oud te word, is verpligtend, om groot te word, is opsioneel.

2. Vergeet die gesondheidskosse, ek het al die preserveermiddels nodig wat ek kan inkry!

3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog kan doen, terwyl jy daar onder lê.
4. Jy word baie oud wanneer jy dieselfde sensasie ervaar van ’n skommelstoel as wat jy vroeër ervaar het van ’n roller coaster.

5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde weet, maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.

6. Tyd mag miskien ’n wonderlike geneser wees, maar dis ’n patetiese skoonheidskundige.

7. Wysheid kom met die ouderdom, maar somtyds kom net die ouderdom.
8. Jou sig verbeter met die ouderdom, want jy moet die boek al verder van jou oë af weghou
.
9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien, is nou dokter.

10. Oumas en oupas behoort altyd ’n lekkertjie in hul sak te hê.

Worry does not empty tomorrow...


Tuesday 17 April 2018

Pensioen...

Om met pensioen te gaan,
is 'n eer.
Maar dink goed daaroor na...
Jy het geen vakansies meer!
(Anoniem)

Die Here sal jou antwoord...


Saturday 14 April 2018

Friday 13 April 2018

Matrone Serfontein se resepteboek!

Kopiereg: André H van Dyk
Dankie vir al die onverwagte reaksie wat ons op die vorige resep gekry het. Ons deel nog 'n resep met die lesers uit die vyftigerjare!!

Hierdie keer is dit vir die lesers met die soettand onder ons. Maak gerus dié eetdingetjie vir die naweek!
Geniet dit!










Matrone Joey Serfontein

1 Corinthians 13:4-7


Thursday 12 April 2018

Wednesday 11 April 2018

Tuesday 10 April 2018

Skryf: Stories van gister...

Terwyl daar so heerlik om 'n koppie tee gekuier word en baie  "gister-stories" vertel word, bestaan daar 'n behoefte om daardie stories op papier neer te pen. Dis stories en gebeure waarvan vandag se jongmense niks weet nie.
Neem asb. die pen op en skryf daardie stories neer. E-pos dit aan aldawelman@gmail.com of stuur dit na Schalk Pienaar, Posbus 10258, Beaconsfield, 8301

Monday 9 April 2018

Riglyne vir seniors wat oefening wil doen...

Ons deel die riglyne wat op die OTMT-webwerf is met u. Geniet die oefeninge!

* Kry eers goedkeuring by jou dokter indien jy wil begin oefen.
* Geskikte tipe oefening sluit byvoorbeeld in: Stap, swem, dans, tuinmaak, houtwerk doen en vloere vee.
* Dis belangrik om gereeld te oefen, minstens 3 keer per week - verkieslik meer indien moontlik.
* Lae-impak oefening is die veiligste, veral vir diegene wat aan rumatriek of ortopediese toestande ly.
* Lae-impak oefening sluit byvoorbeeld in: Ry op 'n oefenfiets, stap en swem.
* Hiperbelangrik: Begin oefensessies altyd met lang opwarmingsoefeninge.
* Na die opwarmingsoefeninge, doen oefeninge van 'n lae intensiteit, wat geleidelik meer intens raak.
* Wees veilig terwyl jy oefen: Hou vas aan 'n stoel of tafel
* Doen die oefeninge op die vloer as jy geneig is tot lighoofdigheid.
* Doen die oefeninge saam met 'n vriend/vriendin - dis veiliger en baie aangenamer.
* Eindig 'n oefensessie met strekoefeninge om die spiere soepel te hou.
* Weet wanneer om te stop.
* Indien jy in 'n aftreeoord bly, begin 'n oefengroepie wat op 'n gereelde basis bymekaarkom.
* Roep hier die hulp van 'n fisioterapeut, instruktrise of 'n biokinetikus in.
* Onthou, indien dit nie moontlik is vir fisiese oefening nie, is daar nog altyd breinoefening. Oor twee weke word daar gekyk na breinoefening. 
[Gaan loer gerus by die OTMT-webwerf vir verdere inligting]

Wednesday 4 April 2018

Tuesday 3 April 2018

Dankie!

'n Langnaweek hou ook heerlike voordele vir 'n senior burger in. Onverwagte kuiers van die kinders en kleinkinders is altyd 'n bonus!

Old age...


Monday 2 April 2018

Hoekom moet senior persone oefen?

Gedink jy's te oud vir oefening?
Gedink jy kan nou rustig sit en ontspan?
Dink weer!
Navorsing wys dat oefening baie voordele inhou, selfs tot op 'n baie hoë ouderdom. (Maar as jy besluit om te begin oefen, raadpleeg eers die dokter - dit is baie baie belangrik.)
Deesdae is 70 jaar die nuwe 60.
Tot 70% van senior persone bo die ouderdom van 60 is deesdae nog fisies aktief en doen nog 'n voltydse werk.
(Hier in Ons Huis is mev. Meeta Reid 'n dankbare 105 jaar oud en nog aan die gang. Gaan loer ook na hierdie PAGE vir nog foto's)   
Senior persone met 'n passie, werk nog tot die jonge ouderdom van 80 jaar. (Gaan maak gerus 'n draai hier om te sien wat senior persone nog doen)
Die ou idee dat 'n mens te oud of te swak word om te oefen, word deesdae nie meer gehuldig nie.
Daar is baie gesondheidsvoordele in fisiese oefening soos:
* Werk die risiko van hartsiektes teë
* Help om depressie te beheer
* Verbeter die gemoedstoestand
* Gee energie
* Help om spierkrag te behou
* Werk beenverlies teë
* Verminder die uitwerking van ouderdomsverwante veranderings in die liggaam
* Verminder die risiko van val
* Verminder die risiko van verswakking
* Help om balans te herstel en te handhaaf
* Verbeter soepelheid
* Verbeter koördinasie
* Dra by tot die verlaging van cholesterol, bloeddruk en liggaamsgewig.

In kort, jy is 'n beter mens, fisies en emosioneel, as jy jou oefening getrou elke dag doen.

Sunday 1 April 2018

Kykertal...

Gister het die nuuskoerant se kykertal op 'n interessante 4444 gestaan.

Dankie vir al die terugvoer wat van lesers gekry word. Geniet die bemoedigende gedagtes wat elke dag geplaas word, sowel as die artikels.

Stuur gerus stories, staaltjies en foto's in. Ons deel dit graag!

Herfs...