Monday 2 April 2018

Hoekom moet senior persone oefen?

Gedink jy's te oud vir oefening?
Gedink jy kan nou rustig sit en ontspan?
Dink weer!
Navorsing wys dat oefening baie voordele inhou, selfs tot op 'n baie hoë ouderdom. (Maar as jy besluit om te begin oefen, raadpleeg eers die dokter - dit is baie baie belangrik.)
Deesdae is 70 jaar die nuwe 60.
Tot 70% van senior persone bo die ouderdom van 60 is deesdae nog fisies aktief en doen nog 'n voltydse werk.
(Hier in Ons Huis is mev. Meeta Reid 'n dankbare 105 jaar oud en nog aan die gang. Gaan loer ook na hierdie PAGE vir nog foto's)   
Senior persone met 'n passie, werk nog tot die jonge ouderdom van 80 jaar. (Gaan maak gerus 'n draai hier om te sien wat senior persone nog doen)
Die ou idee dat 'n mens te oud of te swak word om te oefen, word deesdae nie meer gehuldig nie.
Daar is baie gesondheidsvoordele in fisiese oefening soos:
* Werk die risiko van hartsiektes teë
* Help om depressie te beheer
* Verbeter die gemoedstoestand
* Gee energie
* Help om spierkrag te behou
* Werk beenverlies teë
* Verminder die uitwerking van ouderdomsverwante veranderings in die liggaam
* Verminder die risiko van val
* Verminder die risiko van verswakking
* Help om balans te herstel en te handhaaf
* Verbeter soepelheid
* Verbeter koördinasie
* Dra by tot die verlaging van cholesterol, bloeddruk en liggaamsgewig.

In kort, jy is 'n beter mens, fisies en emosioneel, as jy jou oefening getrou elke dag doen.

No comments:

Post a Comment