Showing posts with label Selfoon. Show all posts
Showing posts with label Selfoon. Show all posts

Friday, 8 November 2024

Woorde tussen vriende

As God ‘n yskas gehad het,
was jou foto daarteen.
As Hy ‘n beursie gehad het,
was jou foto daarin.
As Hy ‘n selfoon gehad het,
was jy sy “wallpaper”.
Hy gee elke somer vir jou blomme.
Hy gee elke oggend vir jou ‘n pragtige sonsopkoms.
Hy gee elke aand vir jou ‘n pragtige sonsondergang.
Glo dit!
Hy is mal oor jou!
God beloof nie dae sonder pyn,
lag sonder seer en son sonder reën nie.
Hy belowe wel sterkte vir elke dag,
uitkomste vir trane en
lig aan die einde van elke donker tonnel.
As God vir jou ‘n klip op jou pad plaas,
sal Hy dit ook vir jou wegrol.
Glo dit!
Hy is mal oor jou.
Jy is die appel van Sy Oog!!

[Geleen]

Saturday, 6 June 2020

Korter is soms meer effektief


Het jy geweet 91% van alle selfooneienaars se selfone is 24/7 binne een meter van hulle hande af? 20% van alle tieners se liefdesverhoudings word deur middel van SMS-boodskappe gesmee en 16% van alle tieners beëindig liefdesverhoudings deur middel van SMS-boodskappe. Nou wil jy sommer dadelik vra: watter tipe verhouding kan jy bou in 160 karakters op ‘n selfoonskerm? Maar aan die ander kant is dit die nuwe haastige kommunikasiewêreld waarbinne ons leef.

Maar wag, voordat ons dink dis net vandag se wêreld wat dit regkry om by wyse van korter boodskappe effektief te kommunikeer - gaan kyk bietjie na die meeste gebede in die Bybel.

Hulle kan almal binne ‘n paar minute gebid word. Die Ons Vader (Matteus 6), asook Paulus se gebede vir sy gemeentes is altyd kort en kragtig. Geen wonder dat Jesus in die Bergrede sê God word nie deur ‘n stortvloed van woorde beïndruk nie. Daar’s nooit hemelse stophorlosies ter sprake wat ons gebede se waarde of diepte meet aan die tydsduur daaraan verbonde nie. Bid opreg, eerlik en uit die hart in Jesus se Naam. Sê dan amen. Dis lank genoeg.

Stephan Joubert (www.ekerk.co.za)