Showing posts with label Onthou jy nog?. Show all posts
Showing posts with label Onthou jy nog?. Show all posts
Thursday, 13 June 2024
Wednesday, 6 September 2023
Ons Huis: Onthou jy nog?
Kyk na hierdie vleispryse van 1973 - 50 jaar maak 'n reuse verskil - aan die ouderdom, die geskiedenis en ook die ekonomie.
Dankie, Valerie, dat jy die stukkies onthou met ons deel. Klik HIER om meer foto's te sien.
Saturday, 6 May 2023
Afrikaanse idiome en uitdrukkings
![]() |
| Klik HIER vir nog idiome. |
"Voor jy dalk hond se gedagtes kry dat ek muisneste het en kattekwaad aanvang deur 'n kat in die donker te knyp, kan ek die aap uit die mou laat dat jy nie hond haaraf gaan maak nie. Die kool is eenvoudig nie die sous werd nie, jy wil verniet die bobbejaan agter die bult gaan haal, ek is nie 'n vroetelvarkie nie.
Omdat ek twee linkervoete en rooi haakskene het, dans ek soos 'n kat op 'n warm plaat. Terwyl ek oor die onderdeur loer, stem my aand- en môrepraatjies nie ooreen nie en sing ek 'n ander deuntjie. Ek sing dan soos 'n kanarie. Ek weet dat die voëltjie wat saans die laaste fluit, soggens eerste deur die kat gevang word, daarom gaan ek saam met die hoenders slaap en lank voor hanekraai klim ek met die verkeerde voet uit die bed om my eiertjie te lê.
Dit het die naweek katte en honde gereën, maar ons hou darem nog kop bo water. Dit staan egter soos 'n paal bo water dat dit nie nodig is om water met 'n mandjie aan te dra nie. Voor die son water getrek het en die perde horings gekry het, moet ek nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie, ek moet die ou koeie uit die sloot grawe, die bul by die horings pak sodat die agteros in die kraal kan kom. Ek moet ook al my varkies op hok sit en daar by oom Daantjie se kalwerhok die kalf uit die put gaan haal.
As jy wors in die hondehok soek, onthou dat blaffende honde nie byt nie. Ek wou nog katte skiet, maar toe is die koeël deur die kerk en ek kry wingerdgriep. Dit was 'n bitter pil om te sluk. Ek was hoog in die takke, want ek het gehoor dat die hoogste bome die meeste wind vang. As die appel nie ver van die boom val nie, kan 'n mens die boom aan sy vrugte ken.
Ek kon nie die kar voor die perde span nie, en het toe maar twee rye spore geloop.
In die dorp het hulle gesê ek speel op Avbob se stoep en dat ek een van die dae 'n houtpak gaan aantrek. Ek het gesê dat ek met 'n goue lepel in die mond gebore is en dat ek nog nie die lepel in die dak gaan steek en boedel oorgee nie. Ek moet rondborstig erken dat die spyker in my doodskis, is dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie.
As jy brood in die sweet van jou aangesig eet, moet jy nie met 'n mond vol tande staan nie, jy moet hare op jou tande hê, jy moet jou hand aan die ploeg slaan en die strydbyl begrawe. Weet jy hoe die vurk in die hef steek? As jy wolf skaapwagter maak, moet jy almal oor dieselfde kam skeer."
[Dankie, Rozetta Venter, dat jy hierdie taaljuweeltjies met die lesers deel. Klik HIER vir nog herinneringe.]
Labels:
Herinneringe,
Idiome,
Onthou,
Onthou jy nog?,
Rosetta Venter
Thursday, 31 October 2019
Ons Huis: Onthou jy nog?
Wie het met hierdie in die medisynekas groot geword?
Mens, het ek daai goed gehaat. Wie kan 'olino olie' onthou? Ek was 'n asmaleier as kind. Oumense, het caster olie en
olino olie gemeng en dan vir jou ingegee om die slym op die bors 'los te
maak'. Belowe jou, jy kook 'n kat uit 'n sak uit oor en dis nie al nie ... Jou maag is
niks lekker vir 'n paar dae nie. Jy was behoorlik gestraf omdat jy siek is." Marietjie Bonthuys
"Isn't it too funny that it was manufactured
by 'Jolly Drugs Ltd'... nothing jolly about this little bottle!" Adél de la Rosa
"Ek het al klaar beter gevoel as ek net die
bottel gesien het ..." Nico du Plessis
"The start of school holidays, this was a
tradition, mixed with orange juice. Later years my mom gave us California syrup of figs. Mom
knew we liked cough syrup so she would tell us we coughed a lot the previous
night and had to have some cough mixture, one we had taken the medicine she'd
tell not to cough unless we were sitting on the toilet." Stan Venish
"Kon dit nooit inhou nie, altyd gebraak na my ma dit vir my gegee het, dan kry ek nog pakslae - ek het dit nooit vir my kinders gegee nie, maar slegs gebruik op lappe en op hul polse en op hul voete en polse vasgemaak - gehelp om hul koors te breek as hul siek was." Penny Bothma
Kyk ook hier vir nog foto's.
Saturday, 31 August 2019
Ons Huis: Onthou jy nog?
Kan JY nog onthou? Weet nie van julle nie, maar ek het
hierdie meer met die vinger geëet as om dit aan te maak as koeldrank, dan sukkel
jy jou g@# af om jou vinger weer skoon te kry, maar oe, dit was soooo lekker suur.
"Just looking at the packet makes
my mouth water and my taste buds go silly." Kareen Ann Muller Potgieter
"Verlang nou na my koshuisdae ... altyd dit by
kafee gaan koop as dit dorp toe gaan tyd was." Johlene Spies
"Kry dit nog steeds in Amerika." El VB
Wednesday, 31 July 2019
Ons Huis: Onthou jy nog?
" Dit was my oorle pa se gunsteling leesstof Waaroor my ma so baie baklei het: 'Ruiter in swart, Skrik Ruiter, Kaptein Duiwel, Arend, Saal 10, Eerste Liefde. Het self 'gelike' om dit te lees." Johanna Strauss
"Dis hoe my ma leer Afrikaans praat het toe ons na SA gekom het, hierdie en Patrys - onthou jul nog?" Dana Kostalova Van Niekerk
"Sal ons dit ooit vergeet! Veral Tanya en Sjang. Die Suid Afrikaanse Chinees met sy swart eyeliner. Die Wit Tier. Grensvegter. Arend. Takoeza. Ben Brand. Saal 10. Beau, die ontembare. Die Saboteur en Mark Condor. 'Oh my word.' Die jongklomp gaan nie weet waarvan ons praat nie." Ester Barnard
"Ek was in die laerskool en het dit skelm gelees, want dit was mos duiwels. Ons het onder mekaar geleen. Dan het my Ma die KEUR en KYK ook gekoop. Sy't dit elke week weggesteek, selfs onder die mat, maar ek't al haar tydskrifte skelm uitgesnuffel en weer mooi gaan bêre. Keur, Kyk, Ster, Nou, Sarie, Brandwag. Alles, sy't net nie die Huisgenoot gekoop nie." Tissie Dumond Davel
"Kan iemand vir my sê? Hoekom het ons ouers dit so gehaat dat ons die boekies nie mag lees nie. Ons het dit altyd weggesteek as hul aankom." Magda Coetzee
"Ek het dit gelees binne-in 'n skoolboek - as my ma in my kamer gekom het, het ek kliphard geleer, as sy uit is by daai deur, verder gelees, hoe verlang ek nou na daai dae." Maggie Hirselman
Kyk ook hier vir nog foto's.
Bron: Nog heerlike onthou-jy-nogs!
"Dis hoe my ma leer Afrikaans praat het toe ons na SA gekom het, hierdie en Patrys - onthou jul nog?" Dana Kostalova Van Niekerk
"Sal ons dit ooit vergeet! Veral Tanya en Sjang. Die Suid Afrikaanse Chinees met sy swart eyeliner. Die Wit Tier. Grensvegter. Arend. Takoeza. Ben Brand. Saal 10. Beau, die ontembare. Die Saboteur en Mark Condor. 'Oh my word.' Die jongklomp gaan nie weet waarvan ons praat nie." Ester Barnard
"Ek was in die laerskool en het dit skelm gelees, want dit was mos duiwels. Ons het onder mekaar geleen. Dan het my Ma die KEUR en KYK ook gekoop. Sy't dit elke week weggesteek, selfs onder die mat, maar ek't al haar tydskrifte skelm uitgesnuffel en weer mooi gaan bêre. Keur, Kyk, Ster, Nou, Sarie, Brandwag. Alles, sy't net nie die Huisgenoot gekoop nie." Tissie Dumond Davel
"Kan iemand vir my sê? Hoekom het ons ouers dit so gehaat dat ons die boekies nie mag lees nie. Ons het dit altyd weggesteek as hul aankom." Magda Coetzee
"Ek het dit gelees binne-in 'n skoolboek - as my ma in my kamer gekom het, het ek kliphard geleer, as sy uit is by daai deur, verder gelees, hoe verlang ek nou na daai dae." Maggie Hirselman
Kyk ook hier vir nog foto's.
Bron: Nog heerlike onthou-jy-nogs!
Sunday, 30 June 2019
Ons Huis: Onthou jy nog?
Kan JY nog onthou? Man daar was geen lekkerder gevoel as jy daai trekkerige deuntjie doer in die verte hoor nie "'n Groot pienk en wit een met 'n flake, asseblief!"
"Walls ice cream was the best!" Ronwyn Geere
"There used to be one at Sedgefield Mouth parking lot" Margie Ball
"Over here in NZ 'Mr Whippy' is a
common sight on the beaches during summer." Kareen Ann Muller Potgieter
"Ons het nou nog een wat hier op en af ry
sommige sondae en roomys verkoop." Annatjie K Joubert
"Die een wat elke dag nog dieselfde deuntjie voor my deur verby dreun is net groen nie pienk nie." Flip Minnaar
Kyk ook hier vir nog foto's.
Bron: Nog heerlike onthou-jy-nogs!
Subscribe to:
Posts (Atom)








