Wednesday 26 October 2022

Saturday 22 October 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

A man buys a parrot and brings him home. But the parrot starts insulting him and gets really nasty, so the man picks up the parrot and tosses him into the freezer to teach him a lesson. He hears the bird squawking for a few minutes, but all of a sudden the parrot is quiet. The man opens the freezer door, the parrot walks out, looks up at him and says, "I apologize for offending you, and I humbly ask your forgiveness."
The man says, "Well, thank you. I forgive you."

The parrot then says, "If you don't mind my asking, what did the chicken do?"

Thursday 20 October 2022

Jy besef skielik hoe broos die lewe is

As jou gesondheid, finansies of gesin in die weegskaal is, besef jy skielik hoe broos die lewe is.
Vandag kan jy aan die sonnige kant van die straat lewe,
maar as jy lank genoeg lewe,
sal teëspoed jou pad kruis.
As dit gebeur,
sal jy agterkom dat dinge soos mag, besittings en gewildheid jou nie kan dra nie.As mag dit kon doen,
sou Joseph Stalin nie so paranoïes gewees het
om 'n soldaat aan te stel om sy teesakkies op te pas nie.
As besittings dit kon doen,
sou vrees nie veroorsaak het dat die biljoenêr Howard Hughes
soos 'n kluisenaar geleef en alleen doodgegaan het nie.
As gewildheid dit kon doen, sou John Lennon se biograwe hom nie as 'n angstige man beskryf  het wat met die ligte aan geslaap het nie.
Aardse ondersteuning kan jou nie vir lank aan die gang hou nie.
Die moed om te lewe, kom van 'n vaste vertroue in God, wie se Woord sê: "Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof."
Maar geloof is ook net so waardevol soos dit waarin dit geplaas word.

Wednesday 19 October 2022

Woensdag-wysheid

"Alle beperkings word self opgelê." - Oliver Wendell Holmes
 

Tuesday 18 October 2022

Dinsdag-denke: Moedeloosheid

Daar is geadverteer dat die duiwel sy gereedskap op ‘n veiling gaan aanbied vir voornemende kopers.
Op die dag van die verkope was die gereedskap uitgestal vir algemene inspeksie deur voornemende kopers, elke gereedskapstuk was gemerk met die reserweprys wat die duiwel daarvoor soek.

Dis was ‘n verraderlike versameling gereedskapstukke – Haat, Jaloesie, Leuens, Hoogmoed, Verleiding en nog baie meer.

Maar eenkant op ‘n afsonderlike tafel het ‘n gereedskapstuk gelê wat op die oog af baie onskuldig gelyk het, maar mens kon sien die stuk is al baie gebruik en die reserweprys was uitsonderlik hoog vir die stuk gereedskap.

“Wat is die naam van die gereedskapstuk?” vra een van die voornemende kopers, terwyl hy na die stuk wys. “Dit is Moedeloosheid,” antwoord die duiwel.

“Hoekom is die reserweprys so hoog?”

“Want dit is een van my mees waardevolste gereedskapstukke, meer waardevol as al die ander saam. Ek kan mense se harte oopdwing en ingaan met die gereedskap wanneer al die ander glad nie wil werk nie. Wanneer ek eers in hul harte is kan ek maak net wat ek wil met hulle. Ek weet die slytasie op die stuk is al baie, maar ek gebruik die stuk die meeste van almal omdat die meeste mense nie besef dat dit aan my behoort nie.

(Luk 18:1) En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

[Geleen]

Wednesday 12 October 2022

Woensdag-wysheid

“Die lewe is baie eenvoudig, maar ons dring daarop aan om dit ingewikkeld te maak.” -Confucius
 

Monday 10 October 2022

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Lewenspoeding

Groete en Vrede!!! 

Dit is nou maar wors - die mense van Noenieput hou van ‘n afsluiting, want alles moet afgesluit word. Ons hou maklik afsluiting vir ons Woordgoed byeenkomste, vir die vroue projek, vir die Bybelskool en so ook vir die leesklub, die “Kids” klub en natuurlik moet daar ‘n afsluiting wees om die afsluitings mee af te sluit. 

Ek en die Mooiste Mooi het gistermiddag net voor sonsak by die Kuierplek-op-die-vlak gesit. Die plan was om idees kry rond te gooi vir hierdie jaar se afsluitings wat aan die kom is. Oor ‘n paar weke en ‘n handvol dae moet hierdie jaar toegemaak en gebêre word. My gedagtes bly dwaal en van planne maak kom daar net mooi niks en ek onthou weer ‘n handvol jare gelede se afsluiting. 

Proppie en Vytjie was die spesifieke dag heel eerste by die Sentrum se deur. Sommer met die inloop het beide soos steeks donkies vasgesteek en na hulle asems gesnak. Die Sentrum het voor daardie dag nog nooit so vrolik gelyk nie. Oopmond staar hulle na 'n see van sagte flikkerende liggies wat vrolik dans op maat van die agtergrond musiek.  

Nie een van die twintigtal mensegoed het met die inloop veel gesê nie. Hoofsaaklik omrede die afgelope jaar moeilik was. ‘n Jaar wat vir die meeste van hierdie mensegoed omskryf word deur leë beursies, hongerige mae, dorstige monde en lywe vol skete en pyne. Die meeste van hulle se woorde is agter hulle lippe vasgevang, want vandag loop hulle op onbekende paaie. Vandag word hierdie moeilike jaar behoorlik toegemaak. 

“Voor julle is ‘n voorgereg. As ons daarmee klaar is, sal pastoorgoed vir ons die hoofgereg bring” sê die Mooiste Mooi sodat almal kan hoor. Vreugde en vrolikheid straal opeens uit elkeen uit en al die sweet en sukkel van die afgelope jaar is heel vergete. “Maar dis nie al nie” brei die Mooiste Mooi verder uit, “daar is ook poeding. Roomys. Meer as een soort roomys en jy kan inskep soveel soos jy wil.” Spontaan begin Betta haar hande klap terwyl Koba en Annie mekaar om die lyf gryp vir ‘n danspassie of twee. Almal praat en lag gelyk want vir hierdie Kalahari mensegoed, is sulke bederf voorwaar ‘n luukse. 

Met die voorgereg se bordjies veilig in die Sentrum se kombuis, het ek die hoofgereg aangedra. “Onthou ... as jou bord nie blink nie, kan jy nie van daai roomys kry nie” sê Daantjie met 'n sterk stem nadat ek die eerste afsluiters se hoofgereg neergesit het.  

Daantjie se "as jy .... kan jy" woorde eggo in my binneste binne en oombliklik sit ek weer as jong seun in Oskuil se kombuis langs die groot houttafel. Ek sit presies weer op dieselfde plek waar die "as jy .... kan jy" woorde in my menswees gegraveer is. Sien, alvorens ek kon smul aan die poeding, moes ek eers al my kos – en met kos bedoel ek groente – opeet. Maar ek is seker dit is nie net ek wat so groot gemaak is nie. Dit geld vir die Mooiste Mooi ook en ons het ons kinders so groot gemaak. Hulle sal ook op hulle beurt sekerlik hulle kinders so grootmaak. En wie weet, dalk geld hierdie realiteit vir jou en jou hartsmense ook. 

Omrede die beginsel van vergoeding of beloning vir gehoorsaamheid baie vroeg in ons menswees vasgelê is, los dit ‘n baie duidelike spoor in alle areas van ons bestaan. Ongelukkig ook in ons daaglikse geloofslewe. Dit is deesdae tog so maklik om ons Skepper en Sy Woord slegs vanuit 'n "as jy ... kan jy" perspektief te sien, te verstaan en te beleef. Diegene wat dit doen, is oortuig hulle is geregtig op poeding as beloning vir hul gehoorsame doendinge. En om alles te kroon moet hierdie poeding vervat wees in finansies, bevordering, guns en gesondheid. 

Die realiteit is egter dat God Drie-enig van voor die grondlegging van die aarde, ‘n Verhoudingsgod is. Hy het alle mensegoed in Sy beeld en Sy gelykenis geskape. Vir Hom is ons verhouding met Hom en met ander mensegoed, al wat belangrik is. Derhalwe word die keuse aan my en jou en Daantjie oorgelaat om Hom en mekaar onvoorwaardelik lief te hê. Dit ... sonder om net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink. 

Iewers in die volheid van tyd sal alles vir ons glashelder wees. Dan sal ek en jy ten volle verstaan dat die poeding van die lewe slegs in onvoorwaardelike Goddelike liefde opgesluit is. Lewenspoeding wat bestaan uit ‘n verskeidenheid kleure en geure wat veel meer behels as wat Daantjie of ek of jy nou sal kan verstaan. Ons sal Hom en Sy liefde verstaan want God .... is liefde. 

1 Joh 4 vers 16 (Afr 2020) = "Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het. God is liefde. En wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom." 

Sandkorrel baie seëninge 

Los jou 👣 as jy wil by: 

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549 

[Dankie, Valerie, dat jy so gereeld hierdie waterdruppels met ons deel.]

Vandag se internetgebed vir jou

O Here, wat sal U tog doen 
om die verskriklike hardheid van ons harte te oorwin?
Here, gee ons tog nuwe harte, teer harte, sensitiewe harte 
om die harte van marmer en brons in ons te vervang.
Gee ons tog u hart, Jesus.
Plaas u hart diep in die middel van ons harte 
en laat ontvlam in elke hart ’n vlam van liefde so sterk, 
so groot soos die som van al die redes wat ek het 
om U lief te hê, my Here.
O heilige hart van Jesus, leef diep in my hart 
sodat ek alleen in U en vir U sal leef, 
sodat, uiteindelik, ek ewig saam met U 
in die hemel sal leef.
Claude de la Colombiere (1641-1682)
(Vertaal deur ds Etienne Fourie) 

Wednesday 5 October 2022

Don’t argue with the Donkey

The Donkey said to the Tiger: “The grass is blue.” 

The Tiger replies: “No, the grass is green.” 

Their discussion heated up. So they submitted it to arbitration before the Lion, the King of the Jungle.

Even before reaching the clearing where the Lion king was sitting on his throne, the Donkey shouted out loud: “Your Majesty, the grass is blue, right?” The Lion responded: “Yes, you’re correct, the grass is blue.”

The Donkey continues: “The Tiger contradicts and annoys me, please punish him.” The Lion punishes the Tiger with 5 years of silence. The Donkey cheerfully went on his way repeating: “The grass is blue.” The Tiger accepts his punishment, but asks the Lion: “Your Majesty, why have you punished me? Everyone knows the grass is green.” The Lion says: “Yes, you’re very true but you are being punished because a brave and intelligent creature like you wasted time arguing with a Donkey and, on top of that, bothered me with a silly question that doesn’t even deserve attention”

The worst way to waste your precious time is to argue with the fool and fanatic who is least bothered about truth or reality but believes only in his own beliefs and unrealistic illusions. 

Don’t involve yourselves in pointless arguments. There are people who, no matter how much evidence we present them, are not in the capacity to understand, and others are blinded by ego, hatred, as well as resentment. All they want is to be right even if they are not. 

When ignorance screams, intelligence is silent. Your peace and quiet are worth more.

Woensdag-wysheid

"Haat kan nie haat verdryf nie: net liefde kan dit doen." - Martin Luther King Jr
 

Tuesday 4 October 2022

Dinsdag-denke: Die lewe is 'n geskenk

Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het
... dink aan iemand wat stom is,

Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos
... dink aan diegene wat niks het om te eet nie,

Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie 
... dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat,

Voordat jy vandag kla oor die ou lewe 
... dink aan 'n kind wat op 'n sterfbed lê,

Voordat jy vandag oor jou kinders kla 
... dink aan die wat begeer om 'Mamma' of 'Pappa' te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie,

Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uitgevee het of waar 'n bed nie opgemaak is nie
... dink aan die mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek,

Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry
... dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop,

Voordat jy vandag kla oor jou werk en hoe moeg jy is
... dink aan die werkloses of gestremdes wat 'n werk begeer,

Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel
... onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie.

Ons moet almal verantwoording doen aan een Skepper,

Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel
... glimlag en dank God dat jy leef,

Die lewe is 'n geskenk
... leef voluit, wees vrolik en lag sonder ophou

Geniet elke oomblik daarvan
Gee baie liefde, want God het hierdie lewe aan jou geskenk!

Monday 3 October 2022

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Vasgeplakte woorde

Groete en Vrede!!!

"Ja ek weet ek is orig, maar my se oë moet eers vir julle twee sien. Dit voel kompleet al asof julle deesdae langer wegbly as gewoonlik. Kom ek help sommer koffers aandra,” beduie Vytjie skaars nadat Gabriël se stof lêplek gekry en sy ons groothek toegemaak het. Eers groet die Mooiste Mooi haar hartlik met 'n drukkie. Daarna sluit sy die huis oop en steek die gasstoof brand, want diep in haar hart weet sy dat Vytjie nie vandag die hek agter haar gaan toemaak alvorens sy nie ‘n beker koffie met baie suiker gedrink het nie.

"O ja, ek wil eintlik net kom nuus afgee. Daar het soveel dinge gebeur sedert pastoorgoed hier weg is" sê sy nadat sy haar eerste drasel in die kuierkombuis neergesit het. Kort voor lank sit ons om die kuiertafel en so begin die woorde onophoudelik oor Vytjie se lippe stroom. Stilweg hoop ek sy groet gou, want ek en die Mooiste Mooi is maar aan die moeë kant. Ons dag op die pad en in die dorp was maar lank en moeisaam. Daarmee saam lê daar ‘n voorwêreldtoer aan ons rugkant wat ook heelwat van ons gevra het.

Moord en doodslag was sommer heel eerste op haar lys gewees. Blykbaar het die vorige naweek ‘n lelike ding gebeur. ‘n Klompie jongmanne – wat onder die prop was - het iewers op die vlak langs ‘n klein vuurtjie stry gekry. Êrens in hierdie geroesemoes het 'n blink meslem met pofadder spoed lewensbloed uit 'n jongman se nek en long getrek. Noenieput se polisie het met blou ligte daar aangekom, maar almal op die vlak is en was doofstom en blind. Hulle woorde is vasgeplak agter hulle lippe en hulle oë het niks gesien nie.

Vytjie babbel verder maar my gedagtes dwaal rond by Petrus en Johannes se optrede daardie aand van die groot verraad. Ek dink die meeste van ons ken die verhaal van Petrus, die hoenderhaan se gekraai en die groot verraai. Sien, Johannes het vir Petrus daardie aand toegang verkry deurdat hy Petrus aan die diensmeisie voorgestel het. Sy daarenteen soek bloot net bevestiging en dit is net daar waar Petrus se verraad begin. Die eerste van drie ontkennings. Net soos Jesus gesê het.

En Johannes ... die lieflingsdissipel? Hy maak seker hy doen meer as net om sy woorde veilig agter sy lippe vas te plak. Johannes doen ook niks. Op hierdie manier verraai hy ook die Kêrelkind van God met stilte en laksheid. Verseker is hierdie man net so 'n verraaier, 'n lafaard en 'n bangbroek soos wat Petrus by drie geleenthede daardie selfde aand sou wees.
 
Maar hoe raak dit my en jou en ook vir Vytjie? Ons wat in ons skynbare heiligheid en vroomheid ‘n saak aanvoer dat ons nie so iets sou doen nie? Verraai, ontken, ignoreer, misken en veroordeel ons nie ook maar die Kêrelkind van God en dit waarvoor Hy staan met ‘n doelbewuste laksheid en woorde wat agter ons lippe vasgeplak is nie?

Ek wonder ... maak ons nie maar ook so nie? Maak ons nie maar net soos Johannes en Petrus asook diegene om die vroegaandvuurtjie in Vytjie se gebabbel nie? Stil-stil maak ek my oë toe en praat met Hom wat was en is en weer sal wees. Ek is skuldig ... diep skuldig want by te veel geleenthede swyg ek vanweë my vasgeplakte woorde.
 
Joh 18 verse 16 & 17 (Afr 2020) = "Petrus het egter by die deur bly staan. Toe het die ander dissipel, die een wat aan die hoëpriester bekend was, uitgestap en met die deurwag gaan praat, en Petrus na binne gebring. Die diensmeisie wat die deurwag was, sê toe vir Petrus: “Is jy nie ook een van hierdie man se dissipels nie?” Hy antwoord: “Ek is nie!”

Sandkorrel baie seëninge

Los jou 👣 as jy wil by:

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549

[Vanoggend het daar weer 'n WATERDRUPPEL op die tafel beland. Dankie dat ons hierin kan deel. Baie seën vir die bediening daar tussen die duine sandkorrels.] 

Vandag se internetgebed vir jou

 

Saturday 1 October 2022

Die stoel voor die bed ...

‘n Man se dogter het die plaaslike predikant gevra om vir haar pa te kom bid. Toe die dominee opdaag, kry hy die man in die bed met twee kussings onder sy kop. Langs hom het 'n leë stoel gestaan. Die besoeker aanvaar toe dat die pasiënt hom reeds al verwag het.
"Ek sien u het my verwag," sê hy.
"Nee, wie is jy? - vra die bejaarde man.
Die dominee stel homself voor en merk op:
"Ek het die leë stoel gesien en toe aanvaar dat u dit vir my laat regsit het."
" O ja, daardie stoel,” sê die ouer man. "Sal jy asseblief die deur vir my toemaak?”
Die besoeker maak toe so.

Die ouerman begin toe praat :
“Ek het dit nog nooit vir enige iemand vertel nie, nie eens vir my dogter nie, maar in my hele lewe het ek nog nooit geleer om te bid nie. By die kerk het ons leraar oor gebed gepreek, maar dit was alles bo my vuurmaakplek, maar een dag, omtrent vier jaar gelede, het my beste vriend vir my gesê - Jannie, gebed is maar net eenvoudig 'n gesprek met Jesus, ek stel dus voor dat jy 'n stoel neem en dit voor jou bed sit, dan stel jy jouself voor dat Jesus op daardie stoel sit. Dis nie verkeerd nie, want Hy is tog orals, praat dan net met Hom soos wat jy nou met my praat. Ek het dit dus gedoen en ek hou so baie daarvan dat ek dit 'n paar uur lank elke dag doen, maar ek is versigtig, as my dogter sou sien hoe ek met 'n leë stoel gesels, stuur sy my sowaar na 'n gestig toe.”

Die leraar is diep geroer deur hierdie vertelling en het die pasiënt aangemoedig om so aan te gaan soos hy doen. Hy het toe saam met die ou man gebid en huis toe gegaan. Twee aande later bel die dogter om vir hom om te sê dat haar pappie daardie middag oorlede is.

"Het hy in vrede gesterf ?" vra hy.

"Ja, toe ek die middag twee-uur uit is, het hy my geroep, my vertel dat hy vir my lief is en my gesoen. Toe ek 'n uur later van die winkel af terugkom, het ek hom gekry, maar daar was iets snaaks, blykbaar het hy net voor hy gesterf het, oorgeleun na die stoel se kant toe en sy kop op die stoel neergelê, so as of hy sy kop op iemand se skoot sou neer lê, wat sou dit nou beteken? "

Die predikant vee 'n traan af en sê: "Ek weet nie, maar ek wens ons kon almal so heen gaan met ons kop op JESUS se skoot"

Ons behoort nie te bid sodat mense ons gebede kan hoor nie, ons gebede is bedoel vir God. Gebed is intieme geesteskommunikasie tussen jou gees en die Gees van God wat in jou woon. Dit is Jesus se begeerte om jou met Sy liefde te oorweldig, Hy is die volmaakte Vader en Hy wag vir jou gesprek met Hom.

[Oorgeneem]

A new month!