Showing posts with label Voorbeeld. Show all posts
Showing posts with label Voorbeeld. Show all posts

Thursday, 19 March 2026

Die 8-5-engel van kamer 57 het Dinsdag, 17 Maart 2026, gegroet ...

Marie Moses se pad het vir 'n wyle met dié van Ons Huis gekruis toe sy meer as die ekstra myl geloop het. Lees gerus die artikel HIER wat op 21 Maart 2019 geskryf is.   

Marie was 'n stabiele en gerekende pilaar in die gemeenskap. Sy was iemand wat gesag uitgestraal het. Haar ingebore statigheid het onwillekeurig respek van haar medemens afgedwing. Sy was 'n voorbeeld vir diegene wat haar pad gekruis het. Op haar stil manier kon sy jou aan die dink sit. Wysheid en logiese insig was deel van haar samestelling.

Sy het altyd gesê dat 'n mens nooit moet gaan stilsit nie ... dan gaan 'n mens gou dood. 'n Mens moet besig bly en op hierdie manier het sy ook gegroet.

Ons eer haar nagedagtenis - mag sy nog lank lewe in die harte van hulle met wie haar lewenspad gekruis het. 

Foto's: Linda Moses

Tuesday, 13 June 2023

Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!

'n Paar jaar gelede het 'n predikant van die platteland 'n beroep na die stad aanvaar.

Een spesifieke dag moes hy per bus na die middestad gaan. Nadat hy vir sy kaartjie betaal het, en 'n sitplek gekry het, het hy gesien dat die busbestuurder hom 50c te veel kleingeld gegee het.

Hy het gewik en geweeg. Sal hy dit nou terug gee of nie? Dis net 50c! Hy het 'n bietjie daaroor nagedink en besluit om die 50c terug te gee.
 
Toe die bus stop, het hy vorentoe geloop en voordat hy uitklim die 50c vir die bestuurder teruggegee. Die bestuurder het opgekyk en gevra: "Is u nie die nuwe dominee van die platteland nie?"
"Ja," antwoord die dominee verbaas dat iemand hom hier sou ken.
Die busbestuurder sê toe: "Ek het die laaste ruk baie gewonder oor waar ek kerk toe moet gaan om te aanbid. Ek wou net sien wat u sou doen as ek u te veel geld gee. Ek sien u Sondag"
 
Van die bus af, moes die predikant vir 'n oomblik aan die lamppaal vashou.
"O Here!" het hy uitgeroep.
"Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!"
 
Ons lewens is dikwels die enigste Bybel wat mense ooit sal lees. Dis skrikwekkend om te weet hoe baie mense ons as Christene dophou en sonder dat ons weet, ons toets.
 
Wees dus altyd versigtig oor wat jy sê en wat jy doen. Onthou: jy dra die Naam van Jesus Christus op jou skouers as jy jouself 'n Christen noem!

[Dankie, Ros]